30-06 of .300 win mag
- james 303
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am
30-06 of .300 win mag
Hi van julle ouens wat meer weet ek wil graag weet watse een van die twee gewere sal julle aanbeveel vir lang afstand
dit sal ook gebruik word vir die skiet van groot bokke kudu eland,wildebees...verkieslik soek ek iets met n bietjie skop en
weet dat n 30-06 oor die algemeen meer gewild is maar vir daai bietjie meer oemph en krag sal ek gaan vir die .300 win mag
My hart se punt het sterk getrek na n 30-06 op n tyd ek sit met .303 en vir my laaste geweer wil ek regte keuse maak julle insette
sal wardeur

- Wiehan111
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Louis
Ek sal se gaan vir 30-06. As jy self herlaai kyk bietjie na 'n 130gr GS Custom. Hardloop teen 3100vt/s en klop so hard soos 'n 180gr Swift A-Frame. Ideale bos en vlakte kaliber. Het net al gesien dat 'n 300 win mag wat op die vlakte gebruik was net baie bond geskiet het en ongelooflik baie vleis gemors het.2 mis skote op ongeveer 250m en derde skoot het die springbokkie amper weg geskiet. Maar ek sal nog steeds my 25-06 remmington vat vir vlakte skiet.
Groete

25-06 Savage Tactical
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 30-06 of .300 win mag
Vat die .300WM en sit hom n terminator op!!!
Groetnis
Groetnis
-
rednat
Re: 30-06 of .300 win mag
Louis
Jy stel twee oorwegings: Langafstand en Groter wild ELAND.
Geen argument. 300 Win mag. Vergeet van die argument rondom fancy koe?ls ens. --- dan skiet jy die 300 met die fancy koe?ls en siedaar steeds net soveel beter. Nee man vir die langer afstande soek jy ballistiese koe?ffisi?nt wat die ligter 300 koe?ltjies tog mos nou werklik nie het nie. Vir jou behoefte dus 300 W M --- vir 'n ander behoefte met hoofsaaklik ligter wild begin ons wel na die 3006 kyk.
Kry net vir jou effens swaarder loop en jy weet nie van skop nie.

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Stem saam - die 300WM is die beter keuse, BEHALWE as jy skrikkerig is vir die skop.
Die 303 is genoeg vir die bos en die 300 gaan mooi loop op die vlaktes. Skiet elke jaar 'n klompie(30+) springbokke saammet 'n mater, net kop en nek skote en ek kan nie regtig sien dat sy bokke se nekke erger stukkend geskiet is as myne wat ek met 'n 243 skiet nie.
Koop/bou die 300, jy gaan nie 1 dag terugkyk nie.
Groete
Songdaug

Dont tell me, show me......
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
300 al die pad ...
-
Danie Lombard .243
Re: 30-06 of .300 win mag
Louis 303
Beslis nie .300 WM Jy sal gou gewoontraak aan die WM se recoil. Nie te erg nie, net so 'n lekker knyp stampie, baie goeie kaliber.
Beslis nie .300 WM Jy sal gou gewoontraak aan die WM se recoil. Nie te erg nie, net so 'n lekker knyp stampie, baie goeie kaliber.
- james 303
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am
Re: 30-06 of .300 win mag
Dankie vir die terugvoer
dit lyk my dit is die .300 
-
300Winmag
Re: 30-06 of .300 win mag
Goeie keuselouis 303 wrote: Dankie vir die terugvoerdit lyk my dit is die .300
![]()
-
Rfourie
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Wat kan n 300 doen wat n 30-06 nie kan doen nie,
behalwe:
meer kruit
meer recoil
meer geraas
duurder doppe
moeilike om akkuraat te kry
ens.............?
antwoorde asb?
behalwe:
meer kruit
meer recoil
meer geraas
duurder doppe
moeilike om akkuraat te kry
ens.............?
antwoorde asb?
-
rednat
Re: 30-06 of .300 win mag
Verwys na my kommentaar van bo ter ondersteuning van die 300 WM.
Dit was nou ten opsigte van die keuse tussen die 300 WM en die 3006 vir die keuse en behoefte gestel.
Ek persoonlik hou nie van die belted magnum dop met die kort nekkie nie en sal dus nie sommer self een aanskaf nie -- maar sy vermo? vir die behoefte soos vermeld klop die 3006 baie beslis sommer maklik.
SMK, bestudeer die ballistiese feite rakende die twee kalibers en jy sal dit nie te moeilik vind om die positiewe verskille te erken nie.
As jou bekommernis recoil, kruit en akkuraatheid is moet jy beslis tog konsekwent wees en nie na die 3006 kyk nie maar wel na die 308 wat ten opsigte van hierdie eienskappe die 3006 gemaklik ore aansit.
Let Wel ek is nie 'n 300 WM fan nie ( kort nek en belted ) maar is nie blind vir werklikhede nie.

Last edited by rednat on Sun May 08, 2011 8:11 am, edited 1 time in total.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 30-06 of .300 win mag
Is die 3006 nie maar 'n bos geweer en die 300 eintlik maar 'n langafstand geweer nie?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
rednat
Re: 30-06 of .300 win mag
Pieta nou praat jy.
Die WM klop hom wel so met kortkop as jy die vergrootglas uithaal maar die HH is 'n klassieke vuurwapen in sy eie klas -- net jammer vir die belted -- dit was onnodig.

Last edited by rednat on Sun May 08, 2011 10:16 pm, edited 1 time in total.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Pietskiet - sal darem self eerder die H&H bou viir ek 'n WM vat - praat bietjie met Gerrie Coetzee, hy skiet self 'n H&H.
DBW- jy is heeltemal reg, die 30-06 word geklasifiseer as 'n mediumafstand kaliber.
Louis 303 - ek weet dat daar baie manne is wat jou sal vertel dat 'n 30-06 alles kan doen wat 'n 300 kan doen, MAAR dit werk eintlik net andersom, die 300 kan alles doen wat die 30-06 doen , maar met heelwat swaarder projektiele.
Swaarder projektiele is langer, langer projektiele het ho?r BC's en ho?r BC beteken dat die projektiel oor langer afstande aangewend kan word.
As jy regtig in die langafstand ding inklim gaan jy baie van BC's hoor - in verstaanbare taal beteken dit die volgende: die BC(ballistiese Coefosi?nt(spelling!!!)) van 'n projektiel bepaal hoe groot die invloed van die wind asook die swaartekrag op hom is - hoe ho?r die BC hoe beter vlieg 'n projektiel.

Last edited by Guest on Sun May 08, 2011 8:13 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Ek sien die manne het nog glad nie die 300WSM hier aanbeveel nie.
Nie 'n belted magnum nie, kort aksie en kort dop vir inherente akkuraatheid. 
Indien jy self herlaai kos dit bietjie meer as die 30-06.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Naand Oom Hein.
Ek dink die rede daarvoor is dat die WSM se ammo nog nie algemeen oor die toonbank beskikbaar is nie. Die WSM is 'n fantastiese kaliber, een van ons Senior Bisley skuts hier op Kathu skiet 'n WSM en ek kan dit party dae nie glo hoe maklik hy die V-kolle op 600m inryg nie.
Maar my maat - kan daai ding nou vir jou trap!!!

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 30-06 of .300 win mag
ek kies die 300 en as jy werklik wil lekker skiet vat die 300H&H.
SMK:
Wat kan n 300 doen wat n 30-06 nie kan doen nie,
behalwe:
meer kruit
meer recoil
meer geraas
duurder doppe
moeilike om akkuraat te kry
ens.............?
antwoorde asb?
SMK, ek glo jy is reg, maar dit beteken natuurlik dieselfde as met n 308. wat kan n 30-06 doen wat n 308 nie kan doen nie, en waar voor die 308 minder kruit recoil geraas goedkoper doppe het. en moet natuurlik nie die 308 se natuurlikke akuraatheid vergeet nie. al antwoord wat ek vir jou het is maar persoonlike keuse oor jou voorkeure. ek kan my 300 laai dat hy skiet soos n 30-06, maar ek kannie my 30-06 laai dat hy skiet soos my 300 nie.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 30-06 of .300 win mag
Praat van die 300H&H, ek sit soos 'n aap met een op 'n bench nou die dag, sit my hand bo op die kolf om die geweer te stabiliseer, julle kan almal raai wat gebeur het toe ek die skoot aftrek.... my lip het so bietjie geswel... Hehe 
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
rednat
Re: 30-06 of .300 win mag
JB
Man
Ek hou nie van hierdie ligte kalibertjies nie -- is soos 'n meisie wat nie terugvry nie.
'n 300HH is soos 'n meisie wat jou met deernis en oorgawe terugdruk sonder om geniepsig te wees.
Man
Ek hou nie van hierdie ligte kalibertjies nie -- is soos 'n meisie wat nie terugvry nie.
'n 300HH is soos 'n meisie wat jou met deernis en oorgawe terugdruk sonder om geniepsig te wees.
- james 303
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am
Re: 30-06 of .300 win mag
Lmga! Rednat dit is n goeie stelling...ek stem saam
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Rednatrednat wrote: JB
Man
Ek hou nie van hierdie ligte kalibertjies nie -- is soos 'n meisie wat nie terugvry nie.
'n 300HH is soos 'n meisie wat jou met deernis en oorgawe terugdruk sonder om geniepsig te wees.
My 243-girl bespring my wanneer die geleetheid hom voordoen - en sy BYT nie, maar vry terug op haar manier
Hein M
Last edited by Hein M. on Mon May 09, 2011 7:25 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 30-06 of .300 win mag
ek ry sommer nou skietbaan toe met my meisie..... (300H&H) sy het die mooiste mates 26duim loop 6,5kg en so aan ;)rednat wrote: JB
Man
Ek hou nie van hierdie ligte kalibertjies nie -- is soos 'n meisie wat nie terugvry nie.
'n 300HH is soos 'n meisie wat jou met deernis en oorgawe terugdruk sonder om geniepsig te wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Jagbehep, jy kan mos nie sulke goed vir 'n man vertel op so 'n mooi oop dag nie! En dit nog op 'n nasionale forum ook nie!
Gedra vir jou - jy nou al reggekom met die lading ding vir die 300?
Gedra vir jou - jy nou al reggekom met die lading ding vir die 300?
Dont tell me, show me......
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: 30-06 of .300 win mag
Stem saam met die meeste manne hier, my vrou sal my net afslag as ek n meisie kry toe koop ek maar vir my n Hondsdol Hond, after all a dog are a mans best friend.
En glo my dit wat hy byt vrek vinnig
Blok
En glo my dit wat hy byt vrek vinnig
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 30-06 of .300 win mag
243Songdaug wrote: Jagbehep, jy kan mos nie sulke goed vir 'n man vertel op so 'n mooi oop dag nie! En dit nog op 'n nasionale forum ook nie!
Gedra vir jou - jy nou al reggekom met die lading ding vir die 300?
man, lyk vir my ek is reg me die 300 se lading. ek stel dalk net te hoe eise. Danie243 het in die week sy kolf van Boyds Amerika by my kom haal. ek het toe vir hom my groeppe gewys. hy se ek moet my stront los.