Jakkals se spysvertering stelsel.

Post Reply
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Jakkals se spysvertering stelsel.

Post by Rooies »

Almal

Kan iemand my dalk help of n kans vat en moontlik bepaal/bespiegel hoe lank sal dit vir jakkie se spysvertering
stelsel neem om kos of vleis wat hy geeet het , deur sy system te kry.

Ek het maandag aand n ou teef geskiet by n boer, die vyfde keer wat ek gaan soek, n wil nou probeer bepaal
hoe ver en vanwaar sy gekom het aangesien hy slegs dorpers het en toe ons haar pens
oopsny was dit vol steekhaar stukkies vel en vleis, wat nog nie verteer was nie.

rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Ambessa

Re: Jakkals se spysvertering stelsel.

Post by Ambessa »

Hallo Rooies
Rooies wrote:...n kans vat en moontlik bepaal/bespiegel hoe lank sal dit vir jakkie se spysvertering stelsel neem om kos of vleis wat hy geeet het , deur sy system te kry... ...aangesien hy slegs dorpers het en toe ons haar pens
oopsny was dit vol steekhaar stukkies vel en vleis, wat nog nie verteer was nie.
Werk maar dieselfde soos ons honde. Vleis word volledig verteer en absorbeer. Bene en hare bly bietjie langer in die maag voordat dit deur die dunderm en dikderm en anus uitgestoot word.

Onthou hulle is uiterste opportuniste en sal langs die pad aas (ou karkasse, velle) optel wanneer die geleentheid hom voordoen.

Ambessa
Post Reply