Herlaai data vir 175gr SMK in 300 WM

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Herlaai data vir 175gr SMK in 300 WM

Post by Beer (Christo) »

Hi Ludwig

Dus 'n baie goie groep. Gaan binnekort vir die 300wm begin laai.

Ek ken nie SMK nie. Wie maak die punte of waar kan ek bietjie op dit na lees.?

Dankie

Christo
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai data vir 175gr SMK in 300 WM

Post by Geno »

SMK -> Sierra Matchking
Goed, beter, 6millimeter!
kolskoot

Re: Herlaai data vir 175gr SMK in 300 WM

Post by kolskoot »

So bly daar is nog manne wat die 175gr skiet ten spyte van al die negatiewe kommentaar paar jaar gelede in die magnum oor match bullets.

Ek gebruik die 175gr al 5-6jaar sonder moeilikheid op wild soos kudu eland wildebees zebra ens. Penetrasie was nog altyd goed en doodmaak vermoe nog nooit 'n probleem nie. Zebra hings het al geval voor 175gr op 341m op die blad.


Sien jy het verander na S385 . Ek het goeie resultate gekry met S365.

64gr S365
Tpl  89mm.
Spoed 2800vps

Die spoed kan opgejaag word na 3000vps , maar dan is die groepering maar uiters swak en wild die roertjie maar vasgehou word.

Ek het al geskiet vanaf rhino tot hornady , maar die match king bly koning!
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Herlaai data vir 175gr SMK in 300 WM

Post by Beer (Christo) »

Dankie Geno en Ludwig :-[

Ludwig, ek sal nogal belangstel in jou jag lading. Ek sal my 300wm maar meestal hou vir lang afstand jag. Tot nou toe was dit maar my enigste roer, die ander lisensies het eers einde verlede jaar gekom. Ek het 20jaar terug my eerste bok (springbok in die karoo) met die geweer geskiet, so hy het nogal sentimentele waarde. Hy het 'n lekker swaar Musgrave loop (met RSA Lyttleton aksie) en is ongemaklik om in die bosvel rond te dra. Ek het nog altyd 180gr PMP Pro-amm geskiet, goedgenoeg vir jag, maar ek sal graag beter groepe wil kry. Die loop is gemerk 7,62mm (nie 300 wm nie) en ek weet dus nie of dit dalk vir kleiner koeels in .308 bedoel was nie. Ek weet nie hoe om die twist te bepaal nie? Ek het vir 'n begin die 180gr Sierra Gamekings gekoop.

Ek wil vleisskade ook probeer beperk. Hoor graag van jou.

Dankie
Last edited by Beer (Christo) on Tue Jan 31, 2012 12:44 pm, edited 1 time in total.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Herlaai data vir 175gr SMK in 300 WM

Post by Beer (Christo) »

Dankie Ludwig

Ek het juis gister aand op Barnes se webstite nat die Tippped TSX gekyk. Hulle het 'n hoer BC.
Post Reply