Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by James Wilson »

Die van julle wat my persoonlik ken, sal weet, dat ek baie min dink van n Impala se doodmaakvermoë. Ek het het egter in die soekke na spoed, uit my 14.5 duim loop(223/5,56 AR15) , n paar toetse met 40grn Impalas gedoen. Ten spyte daarvan dat my twist 1:7 is, groepeer die ligte 40grn bitter goed, met n spoed van 2990fs. Uit die 55grn vmax kry ek self beter groeppe, maar swak spoed.

Ek is dus nuuskierig oor die resultate van Impalas op jakkalse. Iemand dus al n paar jakke omgedop met Impalas, van enige kaliber, en jul mening daaroor?

Baie dankie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by tripodmvr »

Cobus Cobb het een aand een geklop met sy 243. Dit het nogal 'n soektog afgegee, maar ons het hom gekry so 30 na 50 meter van waar hy die skoot gekry het. Daar was nogal redelik bloed en drek, maar hy het kans gehad om te tjank en afstand af te lê.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by HennieC »

Die impala punte werk maar soos army petrone. As dit nie 'n goeie skoot is nie kan hy ver gaan en die ander ding is hulle gaan maklik deur en dit wat agter is kan ook getref word.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by Cobus(Cobb) »

tripodmvr wrote:Cobus Cobb het een aand een geklop met sy 243. Dit het nogal 'n soektog afgegee, maar ons het hom gekry so 30 na 50 meter van waar hy die skoot gekry het. Daar was nogal redelik bloed en drek, maar hy het kans gehad om te tjank en afstand af te lê.

Net soos Tripod hier vertel, lang soektog alhoewel dit bladskoot was...vmax glo ek het die Jakkals net daar laat lê....
My grootste issue is egter dat daai koeël regdeur is teen 3300f/sek, grond geslaan het en wie waat waar loop stop het, alles in die rigting van die Estate waarop ons was, se Guardhouse, dit was darm so 15 - 20 grade eenkant toe maar toe ek daai koeël hoor ricochet, toe trek my keel sommer toe....nooit weer nie, en sal dit ook nooit aanbeveel nie, ek glo dit moet maar 'n papierbok koeël wees
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by Geno »

James. Gebruik eerder 40gr VMax
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by NicoSmit »

Ek sal die jakkals liewerste met n klip probeer doodgooi voor ek n impala sal gebruik het al teveel stories gehoor van hulle
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by Armand Steenkamp »

Ek het al baie bokke met impalas geskiet so ek weet hulle werk. Dink net man moet hulle maar van 30cal af op genruik. Ek sal ook maar nie jak se kind met impalas aan vat nie..
James, jy kan dalk die 35gr Vmax probeer, dink hulle is bedoel vir die Hornet.
Groetnis
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by Giepie »

Werk sal hulle werk, maar die probleem is die deur hardloop waaroor jy nie beheer het waar die koeël gaan na dit deur die jakkals is nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by tripodmvr »

Die Amerikaners het spesiaal "varmint" koeëls gemaak om opslag te voorkom in bewoonde gebiede. Hou dus by koele wat maklik opbreek om ongediertes mee om te dop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by G-force »

James na vele "runners" met my AR15 (.223) met 16" loop het ek maar besluit dis nie n jakkalsgun nie.Akkuraat genoeg ja maar die spoed is te min.Sal kyk of ek n 24" loop vir hom kan kry dan sal hy lekker werk.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by Boesman10 »

Het al baie bokke met 'n Impala punt geskiet en die spesies was van 'n Duiker tot twee weke gelede weer 'n Blouwildebees. Die goed werk en het min vleis skade maar was nog altyd net die 130 grein uit die .308 en uit die .300WM. As hy BWB kan dood sal die punt beslis 'n Jakkals dood maar op Jakkals is mens seker nie gepla oor vleis skade nie. As opslag patrone vir jou 'n probleem is gebruik dan iets anders.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by tripodmvr »

Vir ongedierte wil jy seker maak dat as jy die oor tref dit ook die kop saamvat. So veel skade as moontlik, al is dit 'n swak skoot.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Gaaf
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri Sep 07, 2012 10:50 am

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by Gaaf »

Boesman10 wrote:Het al baie bokke met 'n Impala punt geskiet en die spesies was van 'n Duiker tot twee weke gelede weer 'n Blouwildebees. Die goed werk en het min vleis skade maar was nog altyd net die 130 grein uit die .308 en uit die .300WM. As hy BWB kan dood sal die punt beslis 'n Jakkals dood maar op Jakkals is mens seker nie gepla oor vleis skade nie. As opslag patrone vir jou 'n probleem is gebruik dan iets anders.
Net soos Boesman daar se. Stem 100% saam.
Gawie Engelbrecht

7mm Rem Mag Sabati
.303 Lee Enfield
9mm Short Browning
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by James Wilson »

As ek die Ar gebruik, dan skiet ek 55vmax. Het sukses, maar dit vat so bietjie afmik vir spoed. Ek het maar die Impala gekoop omdat dit n ligter koeëltjie is wat nogtans lank is. Dis nou ingedagte dat ek met 1:7 twist skiet, wat eerder hier in die omgewing van 70grn wil hê.

Ek soek maar na maniere om die geweertjie te gebruik, aangesien die beloofde 3 gun klub, wat sou oopmaak in my omgewing, daarmee heen is. So nie moet ek maar die geweer verkoop
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by Geno »

James. Moet jou nie aan die 1:7" twist steur nie. Probeer die 40gr V-Max.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by James Wilson »

Gaan so maak
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Impala koeëls en jakkalse( 224 kaliber)

Post by Ratel »

Geno wrote:James. Gebruik eerder 40gr VMax
Ek stem saam. Of ook die Sierra Blitzkings. Soek nie ver na 'n jakkals nie.
Maak 'n verskil
Post Reply