Page 1 of 1
Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Wed May 04, 2011 7:42 pm
by frinam
Naand almal, namiddag die jong bulletjie ingeroep met Javelina op my eie plaas. Gewig: 7,8 kg, pens leeg, ouderdom: 1-2 jr.
[img width=560 height=420]
http://i922.photobucket.com/albums/ad64 ... M_0920.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i922.photobucket.com/albums/ad64 ... M_0921.jpg[/img]
Duitswes groete-Frinam
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Wed May 04, 2011 8:18 pm
by Kalahari
Naand oom Frikkie
Baie mooi, ek sal moet plan maak om iewers uit te kom om vlekkies te gaan jag, aangesien hier nie by my is nie, my lus om hulle skiet is hemelhoog!!
Ek het darem laasweek 'n gemsbok en 6 springbokke geskiet wat die opening vir die jag was vir die winter, so bietjie die bokkoors onder beheer probeer kry voor die groot jagte begin. Oom moet maar die vlekkies looi, hou baie van die kopskoot
Groete
Kalahari
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Thu May 05, 2011 6:59 am
by frinam
More Kalahari, hier in ons omgewing het die jagseisoen ook op hoe noot afgeskop. Baie manne sal jou beny om te hoor dat jy nie jakke op jou plaas het om te roer nie, ek dink daar sal baie van die manne wees(plaaslik en in die RSA), wie met groot graagte 'n paar stelle sal afstaan om jou 'n kans te gee om in oefening te kom

Mooi naweek-Frinam
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Thu May 05, 2011 7:16 am
by tafjak
Frinam
ek dink daar sal baie van die manne wees(plaaslik en in die RSA), wie met groot graagte 'n paar stelle sal afstaan om jou 'n kans te gee om in oefening te kom
...........Ja nee, jy is weer kookwater vanoggend! Mooiman!
Mooiloop
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Thu May 05, 2011 7:35 am
by Biker
Ou FRik
Pragtige skooitjie daai. Wys jou hoe sinkers gooi n man se oog regkry.
Biker
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Thu May 05, 2011 7:37 am
by BLOK
Mooi man en lyk my hyt n lekker kopseer gekry
Blok
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Thu May 05, 2011 9:11 am
by frinam
Manne, dagroep jakke se skietafstand is darem nie naastenby so ver(normaalweg) soos die nagskietery nie, so die rakkertjie het darem so op 170m vasgesteek en toe koets geklim. Kon nie help om hom met waardigheid te probeer "cancel" nie, staan dan so mooi vir die "oubaas en kyk

, die ene onskuld!!!

. Mooi naweek aan almal, Duitswes groete-frinam
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Thu May 05, 2011 1:33 pm
by Kalahari
Middag manne
Ja nee, oom Frikkie, dit is nou seker maar die geluk by die ongeluk om nie vlekkies te he nie.

. Ek sal maar my tanne slyp op die groukatte en vlekkie se kleinboetie. Het vanoggend uierooie uitgehaal en daar was vyf ooie se uieres wat styf was. maw, lammers is weg, opgevreet ens. Gaan vanaand daar loop jag en kyk wie kry ek. Baie klein lammertjies wat ma's roep.
Mooi dag
Kalahari
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Thu May 05, 2011 3:34 pm
by PITSMIT
frinam
hoe het hy gehoor jy roep hom sy ore werk dan nie

;
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Thu May 05, 2011 3:39 pm
by Freddie101
Mooi Frikkie . Kap hulle.
Re: Nog 'n dagroep gelukkie
Posted: Mon May 09, 2011 2:59 am
by britsman
Well done Frikkie,
cheers,
ou brits