Lyman Crusher press alignment

Post Reply
User avatar
Jurie Vermaak
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm

Lyman Crusher press alignment

Post by Jurie Vermaak »

More almal,

Ek gebruik nou bogenoemde press vir seker al 10 jaar. Ek het onlangs bietjie my herlaaibank verander sodat ek kan sit wanneer ek herlaaiwerk doen.

Toe ek onlangs van my nuwe dies (Redding Competition seater) uitprobeer en kyk presies hoe dit werk toe vang my oog hoe die dop in die die ingaan en sien toe dat daar n alignment probleem is. Kyk na die fotos dan kan jy sien dat die dop skeef gedruk word voordat dit in die die ingaan. Ek het nog nooit so daarna opgelet nie, aangesien ek aanvaar het die press behoort goed op-gelign te wees. Ek gebruik n rcbs shellholder en alles is mooi skoon.

Ek verstaan nou hoekom my runout so groot is alhoewel die competition die dit baie verbeter na ongeveer 3 thou maksimum

My vraag is nou is dit algemeen dat dit so is of is daar fout met die press en hoe lyk dit met ander presses? Moet ek te veel daaroor bekommerd wees?

Julle kommentaar sal waardeer word
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Williel »

Ek wil my verstout om te se die press is nie reg nie. Wanneer die arm onder is en jy beweeg die arm regs en links is daar baie speeling op die rod bo wat die shell holder vashou. Dit veroorsaak dat die belyning bo uit is. Daai maksimum 3 thou runout is wel goed.
Ek sit met dieselfde press en my runout is 3thou tot sommer baie en is moedeloos. Ek gebruik die Lee seater, miskien is dit deel van my probleem. Ek nek size net met Lee collet die en moet se op die dopnekke kry ek so 3 thou maksimum runout.

Ek kyk hard na Redding Big Boss II en gebruik die Lyman net om primers uit te druk. Dalk kan ander mense ons iets vertel wat my net daai finalle hupstoot gee om n ander press te koop.
Groete, Willie
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by wlm »

Ek wil iets se^......en ek gaan dit se^, " FORSTER!"
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Capt. Yoda »

Redding big boss press en n forster fl die sonder expander.Kan nie eers runout meet nie!!
Press is gemaak om die dop "loserig" op te druk sodat die Die hom reg op line.As jou Die die werk reg doen sal ek my nie baie steur aan die press waar die dop off centre begin nie.Jou dop moet bq kan beweeg in die shelholder en dit help dan dat die Die die werk doen om die dop reguit te size.Kyk of jou doppe se runout reg is as jy hul size, as jou dop skeef behig kan jou seating die hom nie reguit maak nie.Jy moet met n reguit dop begin, andera vat jou dies na n pel met n ander press en kyk wat jou runout op n dop en klaar gelaaide koel is.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Jurie Vermaak
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Jurie Vermaak »

Ek het toe vanoggend gaan toets op n paar presse by n geweerwinkel.

Ek het op die volgende getoets:

RCBS Rockchucker
Redding Big Boss II
Lee Cast
Lyman Crusher

Almal het perfek opgelyn behalwe die Lyman. Hierdie Lyman was na die anderkant toe mis-align as wat my Lyman doen.

Dit lyk dus of ek maar n ander press gaan aanskaf.

Dankie vir julle insette

Groete
Jurie
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Williel »

Hoe het jy die toetse gedoen Jurie. Met n dop of net die arm laat sak. Hier kos die Boss II R 3300 wat te veel is na my sin. Die Koop Humansdorp se R 2100 is reg geprys maar ai, hoe kry ek dit in Windhoek. Die ander opsie is dan maar vastrap en Forster koop.
Groete, Willie
User avatar
Jurie Vermaak
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Jurie Vermaak »

Willie,

Ek het my seating die ingeskroef en n paar van my doppe en shellholder gebruik. Alles dieselfde as wat ek met my press gedoen het.

Dink ook Humansdorp ko-op het die beste pryse.op hierdie stadium. Ek is seker Riaan het al iets oor die grens gestuur. Mail hulle en vra hoe dit gedoen word
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by tripodmvr »

As ek so na jou probleem kyk kan jy die saak verbeter indien jy die skoentjie deur 180 grade draai. Nou kan die dop onder verskuif om beter in die matrys te belyn. Seg nie dit is die perfekte oplossing nie, maar kan jou aan die herlaai hou en miskien patrone met minder waggel produseer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jurie Vermaak
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Jurie Vermaak »

Oom Marius

Ek het dit ookal probeer - selfde storie maar wel minder. Ek dink ek moet dalk eers n ander shellholder kry en kyk wat dit doen. Indien dit slegs die shellholder was sou die toets met die ander presse dan ook skeef moes wees?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by tripodmvr »

Soos ek skoentjies kyk is hulle sirkelvormig en nie af van senter nie. Twyfel dus of ander skoentjie die saak sal beredder.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Williel »

Ek het die probleem met Lyman direk aan gespreek en hul terugvoering was as volg:

One thing that you can check is to ensure that the clip springs on the end of the linkage pins are installed correctly. They are slightly cupped. The cupped end should face the linkage. If they are turned around, they will not take up play in the linkage like they should.

Nou ja, ek het op n kol myne uitmekaar gehaal om mooi skoon te maak. Die clips het ek verkeerd terug gesit wat die speling veroorsaak het. Om gedraai en is nou 1000x beter.

Hoop dit help vir die wat ook die probleem het.
Groete, Willie
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Gawie(13mm) »

Dankie vir die terugvoer.
Bly dit het jou nie geld gekos nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Williel »

Ek gaan nog steeds daai Big Boss II laat kom. Hoop nie ek gaan spyt wees nie. :-X
Groete, Willie
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Piet Pille »

Williel wrote:Ek gaan nog steeds daai Big Boss II laat kom. Hoop nie ek gaan spyt wees nie. :-X
Laat weet my hoe jy gaan maak.. dalk bestel ek ook een wat moontlik kostes kan afbring as ons dit saam laat opkom. Ek het 'n lift Julie uit die suid Kaap.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Williel »

Riaan van Humansdorp kom jag in Koes se wereld dan bring hy vir my een. Laat weet of hy 2 moet bring?
Groete, Willie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Piet Breedt »

RCBS Rockchucker = Problem solved
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Williel »

Ek lees die Amerikaners is bietjie skepties (kwaliteit) vir die Rockchucker vandat dit in China vervaardig word. ::)
Weet nie wat se waarheid ek hierin moet glo nie, maar nou ja.
Groete, Willie
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Danie01 »

Die belyning soos oorspronklike fotos lyk nogal erg, maar moet die skoentjie nie reeds speling hê nie? Indien dit baie stuif is sal dit mos juis die dop in forseer indien belyning die minste uit is. Ek het n rcbs press, die kleiner soort, maar belyning is ook nie 100% nie. My redenasie is ook dat die matrys die werk moet doen of is ek verkeerd? Indien ek verkeerd is is die rcbs ook nie reguit nie en sal ek dit ook moet ondersoek.

Groete
Danie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by Capt. Yoda »

Williel wrote:Ek lees die Amerikaners is bietjie skepties (kwaliteit) vir die Rockchucker vandat dit in China vervaardig word. ::)
Weet nie wat se waarheid ek hierin moet glo nie, maar nou ja.

Is maar net omdat hulle kwaad is die goed word nou in China gemaak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: Lyman Crusher press alignment

Post by 1250bandit »

Ek vermoed my Lyman is ook so bietjie uit........Het dit vermoed, maar toe ek hier lees toe maak die probleem sin.
Post Reply