Dis reg Johnnie, dit help nie jy probeer in die stroom versnellings met die gewone somer tegnieke nie.
Blesbok (ek het die naweek die vir jou gaan tik)
Ek hou van winter hengel. Die vis is almal in top kondisie, blink en spekvet. Die storie dat vis nie eet in die winter is 'n bog ou vrou storie. Jy moet net die vis soek. Gaan lees en verstaan wat die "thermocline" is. Kleinbekke skool in die winter, so as jy een kry gaan jy nog kry. Groot grootbekke is alleen en gebiedsgebonde, maar kleintjies hou in skole.
Hengel tyd is so van 10-3uur effens later vir grootbekke.
Kyk eers die poel deur vir oppervlak aktiwiteit-ek het al GB sien prooi jaag soos see vis. Kyk ook mooi vir skole geelvis wat naby die oppervlakte hang.
Gebruik intermediate lyn of dan stadige sinker. As jy net 'n dryf lyn het maak jou leader baie langer dubbel stok lengte. Tippet 8lb of swaarder as jy net GB hengel. Vir droog en net nymphs 7lb as water baie helder is tot 5lb.
Vir kleinbekke alleen teiken - jy kan net met klein nymphs hengel, so 2 bv swart mayfly + gold ribber hare's ear. Tandem rig. As jy goed is kan jy kort droppertjies maak met klein emergers teen die leader op. Soms werk 'n dragon nymph wat klein swart nymph "jaag" ook goed. Damsel nymphs werk lekker as daar water gras is.
* jy kan beide geles teiken vanaf die boot. Jy moet dieper water hengel, vanaf bors diepte tot selfs 2-3m. Anker net onder die stroom versnelling waar die water begin egalig vloei. Gooi skuins stroom-op, "mend" sodat jou vlieë kan sink. Nou moet jy heeltyd kontak hou deur 'n baie stadige retrieve. Die lyn moet effense boepens maak, met spanning in. Jy moet fyn voel vir byte.
* Laat die span vlieë swaai en natuurlik opstyg op die einde van die dryf. Baie vis vat nou!
* Indien jy geen byte kry, beweeg jy deur die poel, werk hom heeltyd so. Hou aan tot jy die einde van die poel - die stert of "tail" dek met die opswaai van die vlieë. Hierdie tail-out is een van die beste plekke veral laat middag.
Vir grootbekke en kleinbekke sit ek 'n groterige nymph #10 of selfs groter (dragon fly nymph) voor en dan agter 'n zonker of black woolly bugger. So die groot vlieg jaag die nymph

Dit hengel ek dan deur die poel en spits myself spesifiek toe op struktuur. Bv rots riwwe, diep kanale, tail-outs, bome, groot hiasint bed.
Laat middag, gaan ek na die einde van 'n goeie poel, kry 'n lekker rots om op te staan (as jy nie boot het nie is die 'n oplossing) en gooi dan stroom-op. Werk daardie deel goed. Die grootbekke en groot kleinbekke beweeg vanuit die diep dele en jag die deel van die poel soos wat die lig verminder. Dit is ook hier waar jy lekker kan dry en dropper hengel.
As jy net grootbekke teiken, sit 2 vlieë aan 'n effe kleinerige zonker of minnow agter op dunner tippet. Ek het al bul kleinbekke so gevang.
Wissel af tot jy sukses kry
*diepte vir die sink. van die oppervlak tot diep. Sit selfs split shot aan.
* spoed van die retrieve
* kleure - swar, donker groen, ligte helder kleure.
Indien jy aktiwiteit op die oppervlakte sien - dis die porpoise rise of head & tail - lyk soos 'n dolfyn wat net oppervlakte breek en insek eet. Kop-rugvin-stert. Kyk of jy sien wat is op die water. Boots dit na met 'n droë vlieg en dropper klein nymph so 10-40cm onder dit. Die baie spatterige rise beteken nie veel nie - gewoonlik caddis.
Ek het ook al kleinbekke gekry wat in 'n stil poel so 1m onder die oppervlak lê. Die skool bestaan uit so 100 visse. Ons het 'n klein poppertjie of dan baie groot droë vlieg soos 'n springkaan aangesit. Gooi so meter van die vis en kyk hoe kom hulle op en vat die vlieg. 'n Klein plukkie help soms. Laat die vis die vlieg vat tot jy hom voel op die lyn (hou die lyn onder spanning) Moenie kap as die vis lyk of hy die vlieg vat nie.
Ek het al baie fantastiese dae op die Vaal gehad - veral as die temp warm is -22C wintersdag. Vermy die dag net voor groot koue fronte deur kom, en so dag daarna.