Ek plaas hierdie namens 'n goeie vriend van my, as dit onvanpas is, kan die mods maar verwyder.
Daar is 8 buffelkoeie te jag te Wesselsbron teen R25 000 stuk. Die jagter kan alles hou: vleis, vel, horings en pote. Die vleis kan ook deur die jagter verkoop word teen R15/kg aan 'n derde party. Reelings daaromtrent word self deur die jagter getref, maar die kontakbesonderhede van die vleiskoper sal verskaf word.
Bovermelde sluit alles in, PH-fooi, laai, slag en gebruik van voertuig, indien dit 'n dagjag is. Indien jy wil oorslaap, betaal elke jagter (en nie-jagter) die akkomodasie addisioneel, vanaf R200pppn.
Daar is verwysings beskikbaar van 2 jagters van onlangs daar gejag het en dit kan by Jacus self gekry word of PM my en ek sal die verwysings se kontakbesonderhede aanstuur.
Belangstellendes kan vir Jacus Visagie direk kontak by 08drie 3nul8 484sewe. Jacus sal fotos aanstuur per Whatapp, kontak hom daarvoor.
Buffelkoeie te jag te Wesselsbron
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Buffelkoeie te jag te Wesselsbron
Aim small, miss small