Page 1 of 1
Jag Seisoen en Lisensies
Posted: Fri Mar 27, 2015 3:07 pm
by pietbak
Iets wat my bietjie omkrap is die jag van wild buite die voorgeskrewe Jag seisoen. Ek het ook 'n ongelooflike passie om Kudus te bewaar. So dat ek hartseer word as ek Kudus sien wat buite die seisoen gekiet is. Dit het geen betrekking op enige onlangse drade op die forum nie asseblief. Dit gaan oor mense wat 'n gewoonte daarvan maak om wild buite die seisoen te skiet. Mens kan maar sĂȘ die poachers. Hier by ons het dit al 'n status geword om te spog oor Kudus wat in die nag geskiet met 'n soeklig. Wat is julle gevoel hieroor?
Re: Jag Seisoen en Lisensies
Posted: Fri Mar 27, 2015 3:11 pm
by VdWalt
Dit asook die skiet van vroulike diere gedurende speen tyd.
Re: Jag Seisoen en Lisensies
Posted: Sat Mar 28, 2015 5:57 pm
by pietbak
Die meeste hou hulle voor as die groot jagters maar hulle aanvaar nie die verantwoordelikheid van jag nie.
Re: Jag Seisoen en Lisensies
Posted: Wed Apr 27, 2016 9:10 am
by pietbak
Dit is 'n jaar later en die ewel gaan steeds aan. Nou weer gehoor van 'n mooi Kudu bul wat gister geskiet is. Kan die jagter nie maar net 5 dae gewag het om binne die seisoen te jag nie.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Jag Seisoen en Lisensies
Posted: Wed Apr 27, 2016 9:28 am
by Gawie(13mm)
Daar is net twee dinge in die lewe wat 'n man alle rede laat versaak. Seks en jag.
Die ergste is dan dat hy loop en spog daarmee terwyl die engele ween.