Voordele van spoed -

Post Reply
Biltongjagter

Voordele van spoed -

Post by Biltongjagter »

Gerhard, soos jy geskryf het hier:
Vertel bietjie meer oor die 116gr punte wat jy nou skiet.

Wie maak hulle, wat se ladings gebruik jy ens???

Ek dink hier gaan beslus manne wees wat belangstel om meer uit te vind.
Dit is vir my logies om nie dieselfde gewigsklas koe?l in twee van my jaggewere te gebruik nie. Veral omdat een kaliber juis die potensiaal het om ho? spoed te kan bereik.
T?g is dit ook steeds vir my belangrik dat die ho? spoed kaliber ook oor kort, medium en dan langer afstande die meer algemene tipes vlaktewild (medium tot groot) suksesvol moet kan jag.

Vandaar dan die eksperimentering met die 116gr koe?ls.

GSCHV 116gr wat ek in my Sako 7mm Rem Mag met 1:9.5" spiraal, 23.6" loop begin skiet het baie onlangs - nog net spoed getoets en hoop om sodra tyd dit toelaat behoorlik groeperings te toets - en dan in die jagveld te beproef.
Spoed tans behaal was 3600vps met 72gr S365 - heel tevrede daarmee.

Het geen twyfel dat hierdie kombinasie baie suksevol sal wees in die jag van Koedoe, BWbees, Gemsbok en selfs Eland nie.
Die feit dat die koe?l uiters stabiel is tydens vlug en so ook sal wees met impak en penetrasie, puik terminale werking het, nie opbreek nie, ens., glo ek sal dit werklik 'n plesier wees om met die geweer en koe?l te jag.

7mm Rem Mag met loodkern koe?ls is mos maar 'n vleismaler op sy beste, maar reeds met die 130gr GSCHV's is bewys dat teen 3400vps selfs kleinwild met hom geskiet kan word (en ook so gedoen is), sonder dat mens pap geskiete stukke vleis hoef te kry as eindresultaat.

Gerhard, ek hoop jy verstaan nou hoekom ek sukkel met laer snelhede as die potensiaal soveel meer en beter kan wees.

Groete,
Koos.
Biltongjagter

Re: Voordele van spoed -

Post by Biltongjagter »

Wat is nou die voordele aan hierdie ho? spoed koe?ls verbonde?

1.  Afstandskatting in die jagveld is nie meer so krities belangrik nie, want
    a)  met die platter trajek verminder dit die op of af mik oor verskillende afstande geweldig baie; en
    b)  die invloed van windskuif op die vinnige projektiel is heelwat minder tydens vlug - korter vlugtyd;
          (Voeg hierby dat die GSCHV 116gr 7mm RM koe?l se BK is .468 teen 3600vps wat 'n groot
            bydraende faktor is.)

2.  Al hierdie feite maak meer akkurate skootplasing en die vinnige dood van die teiken dier, soveel
    makliker. Die terminale vermo? van die koe?l word juis verhoog deur verbeterde, reguit lyn penetrasie
    wat die ho?r spoed meebring.

3.  Met die baie beter konstruksie koe?l wat in hierdie kombinasie gebruik word, word vleisskade geensins
    verhoog agv die ho?r spoed nie - dit word in teendeel definitief baie minder gemaak.

My praktiese ervaring in die jagveld met ho? spoed koe?ls van puik ontwerp en konstruksie het reeds telkemale hierdie voordele hierbo vermeld, bewys in die jagveld.

Groete,
Koos.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Voordele van spoed -

Post by James Wilson »

met wat jy hier se, is ek ook die laaste tyd besig. ek skiet 125grn en 130grn in stede van 150 grn in my 308. my probleem is as ek oor 300m skieT(op staduim nog net op papier) dan is dit beter as ek met die swaerder punte skiet. hulle impak is dan dieslfde as die ligter greine, en hulle energie sal dan meer wees. ek sien dieslfde met my 300mag.  met my 300 is ek veral versigtig om met te lin vir kaliber te skiet om oormaat vleiskade te vermei.

tog as ek laai dan verkies ek die ligter 130greine in my 308 
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Biltongjagter

Re: Voordele van spoed -

Post by Biltongjagter »

Vanoggend bietjie TPL verstellings gedoen met 7mm Rem Mag en 116gr GSCHV koe?l teen 3600vps.

Hier is twee drie skoot groeperings -

Boonste een so ? 2" hoog op 100m behoort zero te gee op ? 275m - koe?l val dan ? 6.35" op afstand 375m.

Dink dis voldoende vir jag doeleindes.

Image
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Voordele van spoed -

Post by Francois Marais »

Koos

Somme twee bakgat groepe daai man......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Voordele van spoed -

Post by James Wilson »

defnitief voldoende vir jag, en soveel te meer met daai tipe van groeppe.   jy gaan beslis baie bokke huis toe bring.     wat ek nou geleer het van min of meer dieselfde toetse is, daar waar hy slaan op 375m, het hy nog energie/penetrasiekrag/ doodmaakvermoe?(omdat hy van die staanspoor af lig was). die ou storie van "lig vir kaliber, kom nou ter sprake".

ek het dieslfde toetse gedoen met n 180grn uit n 300mag, en ek is seker jy sal met my saam stem dat die swaerder punt uit n dop, wat die potensiaal het van n 7mmrmag, vir jou baie meer terminale energie gaan gee, as bv n baie ligter maar vinniger punt.   dis die ou storie van: "you win some, you loose some".

ek was nog altyd n fan van die 7mm mag, en ek glo nog steeds dat sy goue midde weg koel gewig: die 150grn is. soos die ontwerper van die 7mm rem gese het:" dit tel nie eindelik met hoeveel jy wegspring nie, maar meer met hoeveel jy eindig!!!"  nou wie kan met sulke logika stry??
Last edited by James Wilson on Mon Apr 25, 2011 8:16 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Biltongjagter

Re: Voordele van spoed -

Post by Biltongjagter »

  Range      Height    Vel      Energy      TOF             
  -------  -------    -------  -------  -------         
        0    -1.50      3600.0  3337.8    0.000     
      25    -0.30    3572.9  3287.8    0.023     
      50    0.70      3545.9  3238.3    0.046     
      75    1.50      3518.9  3189.2    0.069     
      100    2.08    3492.0  3140.6    0.093     
      125    2.45    3465.2  3092.5    0.116   
      150    2.60    3438.4  3044.8    0.140     
      175    2.54    3411.6  2997.7    0.164   
      200    2.25    3385.0  2951.0    0.188     
      225    1.73    3358.3  2904.8    0.212 
      250    0.98    3331.8  2859.0    0.237     
      275    0.00    3305.3  2813.7    0.262     
      300    -1.22    3278.8  2768.9    0.286     
      325    -2.68    3252.5  2724.5    0.312     
      350    -4.39    3226.1  2680.6    0.337     
      375    -6.35    3199.9  2637.1    0.362     

Momentum is spoed x gewig (rofweg gesproke).

S?, met steeds 'n spoed van 3200vps (3199.9) op impak oor 375m, sal die penetrasie vermo? steeds uitstekend wees en enige van ons SA vlaktewild sal met goeie skootplasing, 'n eenskoot-doodskoot gegee kan word.
Die momentum van die projektiel, lig of te nie, is steeds meer as wat nodig is om puik terminale resultate te lewer.

Lyk my eerder na 'n 'wen-wen' situasie hier - bitter min om te verloor.

Maar ek sal gaan jag met hulle, weet net nie wanneer die tyd daar sal wees nie, en dan sal ons sonder twyfel weet. Alhoewel ek nou al weet wat die uitslag van die jag sal wees.

Dankie Francois, was self baie aangenaam verras!
Gerard

Re: Voordele van spoed -

Post by Gerard »

Die groot verskil tussen 'n 7mm Rem Mag met 'n 116gr HV en 'n 300 met 'n 180 grein koeel is die skietbaarheid van die geweer.  'n 300 met 180gr teen 3150vps is 'n woelige ding.  Die 7mm RM met die 116gr HV is baie rustig.  Afhangende van watter swaarder koeel mens hom mee vergelyk, is die terminale werkverrigting van die HV net so goed of beter.  Ons sien in die praktyk dat dieselfde en meer penetrasiediepte bereik word, terwyl die wondkanaal volume ook baie soorgelyk is.  Daar is vergelykende toetse gedoen met 7mm koeels van alle soorte en die twee wat gelykop gepresteer het in die opsig was 'n 175gr afskorting koeel en die GSC 120gr HV.

'n 7-08 met die 120gr HV het die terminale werkverrigting van 'n 7mm RM met 'n konvensionele 160gr koeel ge-ewenaar.  Daar is baie te se vir ontwerpte vervorming wat 'n doelgerigte patroon volg.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Voordele van spoed -

Post by James Wilson »

manne dis indrukwekkende syfers daai.  ek gaab juis vandag n toets doen met 13ogrn Impalas uit my 300mag. sal die crony natuurlik saamvat.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Voordele van spoed -

Post by JACQUES BOTHA »

[glow=red,2,300]
AANDAG ALLE JAGGEWEER  EN VELDSKIOET MANNE EN MANINNE[/glow]
HIER IS DIE ANTWOORD VIR DIE KOMPETISIE SKIET DING..
JY MIK VIR GEEN TEIKEN OF GHONG OP OF AF NIE,,,
HOE LYK DIE INVLOED VAN WIND OP DAAI 7MM PROJEKTIEL PUNT KOEL?
JAGTERS WAT NIE AFSTAN KAN SKAT NIE
JY MIS NIE N JAKKALS TOT OP 350 NIE...HOOP NIE SO NIE.
EK DINK DIE GS KOELE WORD NOG NIE REG AANGEWEND DEUR ONS PLAASLIKE MANNE EN MANINNE NIE? MAAR DIS MY MENING EN MY EIE
GROETNIS
JACQUES









Range      Height    Vel      Energy      TOF             
  -------  -------    -------  -------  -------         
        0    -1.50      3600.0  3337.8    0.000     
      25    -0.30    3572.9  3287.8    0.023     
      50    0.70      3545.9  3238.3    0.046     
      75    1.50      3518.9  3189.2    0.069     
      100    2.08    3492.0  3140.6    0.093     
      125    2.45    3465.2  3092.5    0.116   
      150    2.60    3438.4  3044.8    0.140     
      175    2.54    3411.6  2997.7    0.164   
      200    2.25    3385.0  2951.0    0.188     
      225    1.73    3358.3  2904.8    0.212 
      250    0.98    3331.8  2859.0    0.237     
      275    0.00    3305.3  2813.7    0.262     
      300    -1.22    3278.8  2768.9    0.286     
      325    -2.68    3252.5  2724.5    0.312     
      350    -4.39    3226.1  2680.6    0.337     
      375    -6.35    3199.9  2637.1    0.362
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply