Page 1 of 1

Pa skiet inbreker

Posted: Wed Feb 25, 2015 11:15 am
by Viking
Ons bespiegel kort-kort oor soortgelyke situasies - hier is nou 'n werklike geval.

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-02-2 ... reker-dood

Dinsdag 24 Februarie 2015 15:05
’n Pa het ’n inbreker in sy huis in Kaapstad doodgeskiet toe hy sy dogter probeer beskerm het.
Volgens lt.kol Andrè Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die inbreker en sy
medepligtige Saterdag omstreeks 18:00 by die huis in Van Jaarsveldstraat in die woonbuurt
Welgemoed ingebreek.
’n Man, wie se identiteit steeds onbekend is, is in die huisbraak na bewering deur die
huiseienaar geskiet.
“Die man se medepligtige het daarin geslaag om met gesteelde goedere van die toneel te vlug,”
het Traut by navraag gesê.
Die gemeenskapskoerant TygerBurger het intussen berig dat die huiseienaar ’n pa is wat sy
dogter wou beskerm.
Luidens die berig was die man, sy vrou en hul dogter alleen by die huis toe die mans by die huis
ingebreek het.
Die man het die inbreker na bewering deur sy dogter se slaapkamerdeur doodgeskiet. Hy het op
die toneel gesterf.
“Die man se dogter het haar slaapkamerdeur gesluit, waarna een van die inbrekers dit
oopgebreek en ’n geweer teen haar kop gedruk het,” het kapt. Fienie Nimb, woordvoerder van
die Bellvillepolisiekantoor,
aan TygerBurger gesê.
Volgens Nimb het die oopgebreekte kamerdeur effens oopgestaan. Die man kon sien hoe sy
dogter na links beweeg, waarna hy ’n skoot deur die kamerdeur afgevuur het, het die berig
verder gelui.
Volgens Traut ondersoek die polisie ’n klag van huisroof.
’n Dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek is ook geopen.

Nou wonder ek net wat gaan Gerrie Nel se reaksie wees...aangesien die polisie 'n geregtelike doodsondersoek moet doen.

Die Pa het ook deur die kamerdeur geskiet!!....alla Oscar.

Kom ons speel verder "duiwelsadvokaat" en dink wat sou die situasie gewees het as Pa sleg gemik het en die dogter geskiet het deur die deur ipv die inbreker?

Re: Pa skiet inbreker

Posted: Wed Feb 25, 2015 11:30 am
by sako 30-06
Kan alweer nie Netwerk 24 se blad oopmaak nie.Kan jy dalk die storie hier plaas.

Re: Pa skiet inbreker

Posted: Wed Feb 25, 2015 12:15 pm
by sako 30-06
Goed gedoen,maar die familie sal vir die dag vir altyd onthou.

Re: Pa skiet inbreker

Posted: Thu Feb 26, 2015 7:46 am
by Wattlegrove
Netwerk24 en veral hulle Beeld redakteurs is maar sensasie gedrewe en ek neem hulle artikels maar ligtelik op. Die inbreker was wel op 'n plek waar hy nie moes gewees het nie en as hy nog 'n vuurwapen by hom gehad het, wel dan het hy gekry wat hy verdien.

Re: Pa skiet inbreker

Posted: Thu Feb 26, 2015 8:41 am
by Jean Marais
Viking wrote:Ons bespiegel kort-kort oor soortgelyke situasies - hier is nou 'n werklike geval.

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-02-2 ... reker-dood

Dinsdag 24 Februarie 2015 15:05
Volgens Nimb het die oopgebreekte kamerdeur effens oopgestaan. Die man kon sien hoe sy
dogter na links beweeg, waarna hy ’n skoot deur die kamerdeur afgevuur het, het die berig
verder gelui.

Volgens Traut ondersoek die polisie ’n klag van huisroof.
’n Dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek is ook geopen.

Nou wonder ek net wat gaan Gerrie Nel se reaksie wees...aangesien die polisie 'n geregtelike doodsondersoek moet doen.

Die Pa het ook deur die kamerdeur geskiet!!....alla Oscar.

Kom ons speel verder "duiwelsadvokaat" en dink wat sou die situasie gewees het as Pa sleg gemik het en die dogter geskiet het deur die deur ipv die inbreker?
Lyk my darem die kamerdeur was effe oop. Hy kon die booswig sien, en het 'n goedgemikte skoot afgevuur. My 2c

Re: Pa skiet inbreker

Posted: Thu Feb 26, 2015 9:02 am
by alecjohnson
Jean Marais wrote:

ja stem saam, oskar kon nie sy teiken identifiseer nie, die man kon wel dit doen. Appels en pere, Wildsvleis en hoender.