Bekruip tips
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Bekruip tips
Manne,
Ek is mal oor die veld en om stil stil te beweeg op my tyd.
Die jaar gaan ek weer hard werk om binne 30 yards van n bok of 3 te kom met die boog in my hand.
Kom gee bietjie tips oor wat om te doen en nie te doen wanneer jy bekruip.
Onthou selfs met die geweer in die hand geniet ek dit om te bekruip.
As ons lekke tips nou net voor die winter kan uit ruil dink ek klomp manne gaan die jag seisoen geniet.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Bekruip tips
Ek sal begin by die bekendste een, nl. wind. Mens kan nie begryp hoe skerp diere se reuksintuig is nie. Ek het self al vlakvarke bekruip en gesien hoe steek die trop op 300m+ vas toe hulle my reuk optel. Jy kon sien hoe die hele trop met hulle neuse in my rigting staan en die lug snuif. Dit was ook nie lank nie, toe spat daardie trop uitmekaar uit.
Beweeg stadig en gebruik enige natuurlike dekking wat beskikbaar is.
Bly sov?r moontlik in die skaduwee.
Wees op die uitkyk vir ander diere en voe?ls tussen jou en jou prooi, as jy hulle versteur is jy jou prooi kwyt.
Ek hou hierdie post met belangstelling dop.
P

-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Bekruip tips
Wat maak jou sigbaar?
SHAPE
SHADOW
SOUND
SILOUETTTE
SHINE
MOVEMENT
en in die geval van diere
SMELL
SHAPE
SHADOW
SOUND
SILOUETTTE
SHINE
MOVEMENT
en in die geval van diere
SMELL
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Bekruip tips
Beweeging gaan vir jou 99% vd tyd weg gee as jy te vinnig of op die verkeerde tyd beweeg...
Wat vat julle manne saam veld toe?
Wat vat julle manne saam veld toe?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Bekruip tips
Ek gaan oor twee weke weer kop skoon maak in die veld. As die wind en son saamspeel het mens altyd 'n goeie kans. Kies jou roete so dat die son agter jou is en die wind van voor. Soggens help 'n Noord N-Wes wind en saans Oos Suid-Ooos wind. As die wind nie saamspeel nie loop teen die wind en gebruik 'n goeie sonbril. Beweeg stadig [staan loop staan loop] en onthou om te soek van regs na links.
Dit is wat ek jag noem, soms skiet jy niks maar jy wen altyd. Die vars water uit die bergstroom en skoon lug is jou beloning en jou prooi die bonus.

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Bekruip tips
Naand Gerhard.
Die manne gee almal goeie raad - ek is darem self stout oot bekruip en om enige prooi binne 30m te kan skiet is net altyd vir my 'n bewys van my vermo?ns.
Iets wat ek nie sien die manne oor praat nie is FIKSHEID - die jare wat ek nie fiks is nie skiet ek langer skote en is die bekruip nie so lekker nie.
Hou bietjie jou huiskat dop as hy 'n duif bekruip - iets wat ek geleer het is om stadig te beweeg en dan ook net as die prooi sy kop laat sak. Dis makliker om enkel diere eerder as troppe te bekruip.
GEDULD, geduld en nog geduld.
Wat dra ek veld toe? 'n 2L Hidro pack met 'n energie stafie of 4, Jelly-tots, 'n rangefinder(jag met 'n 308), 'n verkyker aan 'n harnas, 'n lighter, ligte poncho, boresnake(weet nie waarom nie, maar ek het al 'n paar keer my geweer se loop vol stof laat raak!!), 2 ligte stainless steel messe, leer handskoene(vingers oop), selfoon en natuurlik 'n mik en druk.
Sodra ek begin bekruip los ek die rugsak agter en bekruip slegs met die geweer, verkyker en handskoene.
Oor skoene hoef ek nie te praat nie - jy lyk soos 'n ou wat dit uitgesort sal h?.
Groete.
Jaco

Dont tell me, show me......
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Bekruip tips
Hallo Maters
Ek gebruik my verkyker baie. Ek is al so ingeoefen daarmee dat ek nie sommer 10 tree gee sonder om die verkyker te gebruik nie. Hoe ruier die bos hoe meer gebruik ek hom. Gee ook nie sommer meer as vyf tree en dan gaan staan ek. Kry ongelooflikke goeie resultate met hierdie benadering. Oor die algemeen jag die meeste mense te vinnig. Die verkyker help my om deur die bos te kyk en help my om diere vinniger op te tel as met gewone sig. Om n dier eerste te sien is maar ons beste kans op n susesvolle bekruipslag.
Dis tog ons sterkse sintuig.
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Bekruip tips
243, ek hoop daai selfoon is op silent of af, anders weet jy mos wanneer sal hy lui!
voor die eerste jag van die jaar gaan ek vir my een van daardie rugsakkies met die waterblaas in (ek dink jou Hydrapack is so?) aanskaf.
Water is die menslike masjien se olie, en daarsonder seize jy sommer gou op in die veld. Ek sal moeilik my sak agterlaat in die veld aangesien daardie 50m bekruip waarmee jy begin maklik 'n km of selfs verder kan eindig en as die jag eers aan is, is daar nie tyd vir omdraai en sak gaan haal nie.

Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Bekruip tips
Gerhard
Ek was baie min al op 'n jag waar ek die bok moes bekruip, dis gewoonlik maar 'n voorsitjag of selfs van die bakkie af as ons groot getalle wild moet afhaal. Die kere wat ek wel sommer net 'n draai op die plaas ry om te kyk of ek iets sien ry ek soggens van die Oostekant van die plaas af en laatmiddag van die westekant af. Julle sal nie glo hoe staan 'n bok uit as jy son-af kyk nie. En dan indien jy uitklim om iets te bekruip, WIND in jou gesig, onthou 'n knipmes, selfoon en lighter en 5 ekstra patrone!
Dink egter om op 'n wildplaas die bok te bekruip waarvoor jy betaal het is 'n heel ander ervaring! Het al 'n rooibok so saam 'n ou boesman bekruip en ek het my bok ook onder 'n 100m geskiet.
Hier kom baie goeie tips uit!

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Bekruip tips
BB
Baie waar ding wat jy s? van die 50m wat ver raak - hy het al partykeer kort by die 400m gaan draai, maar dit was nog elke keer 'n belewenis. Een van die manne sammet wie ek die lekkerste kan bekruip is Wynand de Klerk(168 Supremacy). Ons los maar die sakke ver, want as ons onsself kom kry is ons so naby aan die bokke dat ons nie onnodige bewegings kan maak nie.
Het die afgelope twee jaar saammet Wynand heelwat trofee's ver duskant 100m gejag. Moes in 'n paar gevalle regtigwaar terug kruip om bietjie afstand tussen ons en die dier te kry!!!
Tydens die bekruip pyn jou hele liggaam van die inspanning, jy kruip jou camo's vol gate die dorings steek jou v rot, maar as jy langs jou bok sit of as die jagter na die tyd jou hand kom vat en s?: "Flip! Ek het in my lewe nog nie so lekker gejag nie" is dit al die pyn werd.

Ja nee hier kom goeie tips uit.
Wat sal julle aan beveel wanneer dit by bekruip boots kom?
Veral as mens in die bosveld omgewing begin jag waar jy baie dorings soos sekelbos het en so nou en dan die poffie waarvan jy nie weet nie.
Baie manne al gehoor praat oor 3 pare kouse oor mekaar maar dit gaan nie lekke werk as jy so stil stil tussen die buffels in werk en hulle hier rondom jou opstaan nie....

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Bekruip tips
Julle het die bekruip in die bosveld nou al mooi opgesom, en Beyers se army 5 S'e en n M met reuk daar by is maar wat ek gebruik. Op die oop vlaktes is n ander storie, maar ook n vorm van bekruip.
Hier op die plat vlaktes van die ho?veld waar ek baie keer Blesbokke en Swartwildeebeeste jag met die voet, waar dekking in meeste gevalle glad nie bestaan, het ek al gesien dat n direkte benadering goed werk. Ek loop oop en bloot teen gewone loop spoed, en nie gehurk soos in jag mode, maar mik dat ek teen n hoek skuins verby die bokke loop, maar al hoe nader beweeg. Ek maak ook nie direkte oog kontak, maar loer net so onderlangs na hulle. Daar vind altyd n ge snorkery en n geblaas plaas, maar hulle hou jou dop en hardloop nie altyd weg nie. In meeste gevalle laat hulle jou toe om binne skiet afstand te kom, al is dit nou v?rder as bosveld afstande.
Hulle dink jy loop net deur die kamp. Maar as jy begin hurk en stadig loop, weet hulle jy jag, en hol weg. Ek hou ook my geweer teen my lyf dat hulle dit nie sien nie. Ek neem gewoonlik in so geval n klein 3 - pot wat ek van n 12mm hout dowl gemaak het, wat ek met haasrek aanmekaar hou saam om my net so bietjie hoogte te gee oor die gras. As ek sien ek is binne skiet afstand, en ek my bok ge identifiseer het, gaan ek vinnig af grond toe, en skiet vinnig. Ek skiet ook graag van my ongewone maar baie stabiele sit sonder rus posisie af met groot sukses.

- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Bekruip tips
hallo manne
ek het op n program van ESPN gesien hoe n ph met naam van johan calitz en daai ou wat under wild skies skryf bokke bekruip het agter n sambreel. dit het gewerk elke keer as hulle dit gedoen het en op die einde vd program besluit dit werk want johan het dit gehoor en wou dit nog altyd toets. dink julle dis moontlik en is daar dalk manne wat dit ook al gehoor of ervaar het.
ek luister aandagtig
pitsmit

Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Bekruip tips
Re?n sambreel of groot son sambreel??
As die wind na jou toe waai en bokke ruik jou nie, hoekom sal dit nie werk nie?? Hulle assosieer nie 'n sambreel met gevaar nie, hulle mag dalk selfs bietjie nuuskierig ook wees en dalk nader stap,,,,,
Of praat ek nou bolle??
Cobus

Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Bekruip tips
Shape en Sillouette
Nie 'n mens profiel nie
Nie 'n mens profiel nie
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Bekruip tips
cobb
dit was n groterige reen sambreel maar een wat van n tipe bruin canvas materiaal gemaak was hy was so bietjie groter as jou normale reen sambreel wat ons nou maar elke dag gebruik maar darem nou nie daai strandsambreel size nie. hulle kon agtermekaar gebukkend stap met die sambreel voor hulle en hulle het net stadig geloop en op so n manier onder 100m van die bok af gekom. ek weet nie wat dink die manne nie maar sal dit nie ook help om die klank wat jy maak agter toe te projekteer nie want die ding werk mos nou soos n skottel en sal jou klank agter toe "beam" as mens dit so kan stel. ek dink dit het daarmee ook dalk te make. dit het verseker vir hulle gewerk en hulle het lekker gelag na die bok geskiet was en gese hoe hulle gedink het dit dal nie werk nie. hulle het 3 verskillende bokspesies op daai jag so geskiet.
dalk moet ek dit probeer die jag en as iemand dalk wil kan hulle dit ook probeer en ons kan dan maar na die tyd weer praat.
laat weet maar wat dink julle manne.
pitsmit
dit was n groterige reen sambreel maar een wat van n tipe bruin canvas materiaal gemaak was hy was so bietjie groter as jou normale reen sambreel wat ons nou maar elke dag gebruik maar darem nou nie daai strandsambreel size nie. hulle kon agtermekaar gebukkend stap met die sambreel voor hulle en hulle het net stadig geloop en op so n manier onder 100m van die bok af gekom. ek weet nie wat dink die manne nie maar sal dit nie ook help om die klank wat jy maak agter toe te projekteer nie want die ding werk mos nou soos n skottel en sal jou klank agter toe "beam" as mens dit so kan stel. ek dink dit het daarmee ook dalk te make. dit het verseker vir hulle gewerk en hulle het lekker gelag na die bok geskiet was en gese hoe hulle gedink het dit dal nie werk nie. hulle het 3 verskillende bokspesies op daai jag so geskiet.
dalk moet ek dit probeer die jag en as iemand dalk wil kan hulle dit ook probeer en ons kan dan maar na die tyd weer praat.
laat weet maar wat dink julle manne.
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Bekruip tips
Gerhard
As jy wil baie naby kom aan n dier is denim of seilmateriaal n nee-nee. Ek vind maar kortbroek die beste en daar waar dit te koud is vir kortbroek dat camo materiaal werk vir my die beste.
Net so vir interessantheid. Hoekom probeer almal nie hierdie jaar om die gids tien tree agter jou te laat loop op die plase waar dit verpligtend is nie en n bietjie self te jag nie. As jy in die helfte van die trip nog onsuksesvol is laat hom dan weer voor loop. Is die meeste jagters nie maar net skieters as die gids die leiding vat nie en eintlik al die jagwerk doen nie?
Of vat die eerste dag met die gids voor jou om jou oe kans te gee om gewoond aan die bos te raak en dan vat jy die tweede dag oor en toets bietjie jou eie jagvernuf. Daar is darem niks wat jou n swelsel in die bors gee as jy self die bok eerste gesien het, hom bekruip het en dan uiteindelik met n mooi skoot dood geskiet het nie! Vir n slag kan jy selfs alleen op die foto verskyn sonder n skaduwee wat by sit!
Groetnis
Wouter
As jy wil baie naby kom aan n dier is denim of seilmateriaal n nee-nee. Ek vind maar kortbroek die beste en daar waar dit te koud is vir kortbroek dat camo materiaal werk vir my die beste.
Net so vir interessantheid. Hoekom probeer almal nie hierdie jaar om die gids tien tree agter jou te laat loop op die plase waar dit verpligtend is nie en n bietjie self te jag nie. As jy in die helfte van die trip nog onsuksesvol is laat hom dan weer voor loop. Is die meeste jagters nie maar net skieters as die gids die leiding vat nie en eintlik al die jagwerk doen nie?
Of vat die eerste dag met die gids voor jou om jou oe kans te gee om gewoond aan die bos te raak en dan vat jy die tweede dag oor en toets bietjie jou eie jagvernuf. Daar is darem niks wat jou n swelsel in die bors gee as jy self die bok eerste gesien het, hom bekruip het en dan uiteindelik met n mooi skoot dood geskiet het nie! Vir n slag kan jy selfs alleen op die foto verskyn sonder n skaduwee wat by sit!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Bekruip tips
Piet
Ek het al n hele paar keer die jagter of as ek met n gids jag die persoon gebukkend aan my middel laat vashou en skuins na die dier toe gestap. Ek het ons gewere of net my geweer na ondertoe laat wys en my arms teen my sy vasgedruk sodat m silhouet so min as moontlik na n mens lyk. Seker negentig persent van die tyd het dit gewerk. Probeer maar om nie te poep nie, gewoonlik hou die persoon agter jou nie daarvan nie!
Ek is seker daarvan daai sambreel sal werk as die petalje van my kan werk! As die gids of mede jagter n persoon van die skoner geslag is doen jy dieselfde maar net aan die voorkant van jou en laat dan vir Eva agteruit stap skuins na die bok toe. Werk net so goed behalwe vir die skiet gedeelte waar daar gewoonlik n onverklaarbare bewerasie deur die jagter ondervind word!
Groetnis en het julle daai koue in die oggend gevoel

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Bekruip tips
Wouter jou stouter!!!!Wouter Roets wrote: As die gids of mede jagter n persoon van die skoner geslag is doen jy dieselfde maar net aan die voorkant van jou en laat dan vir Eva agteruit stap skuins na die bok toe
Goed, beter, 6millimeter!
-
JvB
- Full Member

- Posts: 165
- Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am
Re: Bekruip tips
Wouter,Wouter Roets wrote:
Of vat die eerste dag met die gids voor jou om jou oe kans te gee om gewoond aan die bos te raak en dan vat jy die tweede dag oor en toets bietjie jou eie jagvernuf. Daar is darem niks wat jou n swelsel in die bors gee as jy self die bok eerste gesien het, hom bekruip het en dan uiteindelik met n mooi skoot dood geskiet het nie! Vir n slag kan jy selfs alleen op die foto verskyn sonder n skaduwee wat by sit!
Groetnis
Wouter
Ek het dit al ondervind waar ek gesukkel het om die bok te sien en eers na die tweede of derde dag kon ek die bok of vark sien in die veld en later het ek dit voor die gids gesien al het ek agter hom geloop.
JvB
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Bekruip tips
JvB
Dit vat gewoonlik so 3 dae om die ogies in te kry in die veld. As jy die loop storie saam met daai aanbeveling van my met die verkyker doen kan marmite gerus 20 meter agter jou stap, jy sal suksesvol wees.
Groetnis
Wouter
Dit vat gewoonlik so 3 dae om die ogies in te kry in die veld. As jy die loop storie saam met daai aanbeveling van my met die verkyker doen kan marmite gerus 20 meter agter jou stap, jy sal suksesvol wees.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Bekruip tips
Koop van die begin af 'nbaboonstalker wrote: 243, ek hoop daai selfoon is op silent of af, anders weet jy mos wanneer sal hy lui!
voor die eerste jag van die jaar gaan ek vir my een van daardie rugsakkies met die waterblaas in (ek dink jou Hydrapack is so?) aanskaf.
Water is die menslike masjien se olie, en daarsonder seize jy sommer gou op in die veld. Ek sal moeilik my sak agterlaat in die veld aangesien daardie 50m bekruip waarmee jy begin maklik 'n km of selfs verder kan eindig en as die jag eers aan is, is daar nie tyd vir omdraai en sak gaan haal nie.
camelback. Die ander is
rubbish.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Bekruip tips
Stem saam Wouter.
Ek loop voor, hy loop agter my so 20 tree en hy stop wanneer ek stop.
Het so al tussen rooibok trop in beweeg om uit eindelik die ram te kon pakslae gee met die 303.
Kort broek jag is ek baie lief voor...
Ek loop voor, hy loop agter my so 20 tree en hy stop wanneer ek stop.
Het so al tussen rooibok trop in beweeg om uit eindelik die ram te kon pakslae gee met die 303.
Kort broek jag is ek baie lief voor...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Bekruip tips
Ek het nou wel geen ondervinding in hierdie soort jag nie, maar het nog altyd geglo dat dit die beste manier is om te jag
en dit is waarvoor 222 sako vir grootwild gemaak is

Last edited by Christo Els on Mon Apr 11, 2011 4:45 pm, edited 1 time in total.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
- Andy
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm
Re: Bekruip tips
Ek moes die laaste jag van verlede jaar my gis eers 'n koekie sunlight gee voor ons kon jag. Ek het nooit geweet 'n mens kan kan so ruik nie.Ek loop voor, hy loop agter my so 20 tree en hy stop wanneer ek stop.
Toe ons by die jag bakkie staan wat ons moes veld toe vat kon niemand saam met hom opklim nie.
Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."