More manne,
Ek is nuut op die forum so verwys my gerus na ander posts as daar dalk klaar hieroor geskryf was.
Watter tipe geluide roep die Jakkalse gedurende hierdie tyd (Desember tot Februarie), en watter geluide gebruik julle of kan julle voorstel om hulle te benader? Spesifieke verwys ek na jakkals geluide maar enige advies word gulsig aanvaar.
Ek skiet hulle op die stadium met kos en distress klanke wat uitstekend vir my werk, maar die "resep" kan oud raak. Ek weet daar is ook heelwat jonges nou wat maklik val, maar ek hoor die ouer jakkalse roep en ek is nie seker watter tipe roepe dit is nie en wat ek moet antwoord nie. Enige ekstra hulp en tips hier kan dalk help om die wat nie inkom op die kos, maar wat ek hoor dalk nader laat kom.
Groete
Geluide vir die tyd van die jaar
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Geluide vir die tyd van die jaar
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Geluide vir die tyd van die jaar
Deur jakkalse se siklusse te ken en te weet wanneer om watter roepgeluide te gebruik, sal ’n mens groter welslae behaal – ook met die slimmer jakkalse. Die volgende riglyne kan gebruik word om te bepaal watter geluide wanneer in die jaar gebruik moet word:• Van Januarie tot middel April is dit jakkalse se sosiale tyd. In dié tyd sal ’n mens geluide moet maak wat klink soos jakkalse se “geselsery”, of dié wat hul prooi maak, byvoorbeeld haas-, bok- of varkgeluide.• Van middel April af tot einde Augustus is dit jakkalse se teeltyd. In dié tyd moet uitdagende geluide gebruik word. Van Julie af kan die tjankgeluide van ’n wife jakkals saam met die uitdagende geluide gebruik word. As die kleintjies in Augustus gebore is, kan geluide wat jakkalse se prooi maak, ook gebruik word.• In September (die kleintjies is dan gebore, maar steeds in die nes) en Oktober (die kleintjies kom net ’n paar minute per dag na buite) sal die grootste welslae behaal word met die geluide van jakkalse se prooi.• In November en Desember is die klein-tjies buite die nes en sal die geluide van klein jakkalsies die meeste sukses verseker.Jagters moet dié riglyne aanpas vir die streek waarin hulle jag. Die teelsiklus wanneer die jakkalse begin rondloop, begin in die meeste streke in die tweede helfte van April, maar daar is streke waar die siklus eers laat in Mei begin.Dit is baie belangrik dat ’n mens aantekeninge maak van watter geluide jy waar gespeel het sodat jy volgende keer nie dieselfde klanke weer daar gebruik nie. Op ’n plaas met baie probleemdiere moet ’n mens byvoorbeeld eers ’n regte jakkals-“geselsery” gebruik en daarna die geluide van ’n varkie.Jagters moet ook onthou dat jakkalse deesdae aggressiewer is omdat hulle nie meer sulke groot gebiede as tevore het nie. ’n Mens sal gou uitvind dat daar nie net een mannetjie in ’n gebied met ’n radius van 10 km is nie, maar wel twee of drie.In Mei is jakkalse op hul aggressiefste. Die gevestigde mannetjie sal enige indringer wil bestorm. Hierdie aggressie kan maklik tot sy dood lei. As ’n mens dan ’n uitdagende roep of geluid gebruik, sal die dominante jakkals reken dit is ’n indringer in sy gebied. Dit sal hom kwaad maak en hy sal vinnig kom kyk. Hierdie info kom uit n Berig Deur Gary Laubsher. Dis maar wat ek gebruik en dit werk heel goed.
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Geluide vir die tyd van die jaar
gebruik eerder die standard roepmetode.
verder bly ek maar stil
verder bly ek maar stil
HOU HOM DAAI DIKTE
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Re: Geluide vir die tyd van die jaar
Baie dankie. Dit is uitstekende inligting.
Die roepe wat ek hoor so deur die veld klink na 'n enkel jakkals want daar antwoord nie veel terug nie. Ek weet nie of hy iets soek of wat nie. Het al geklink of hy dalk waarsku of bang is want van die roepe was naby en het verder beweeg. Van hulle het op dieselfde plek gebly maar dit is steeds net een wat praat. Klink ook na reun jakkalse want die stem is redelik dik...maar dit is my leuke aflyding.
Thanks weereens.
Groete
Die roepe wat ek hoor so deur die veld klink na 'n enkel jakkals want daar antwoord nie veel terug nie. Ek weet nie of hy iets soek of wat nie. Het al geklink of hy dalk waarsku of bang is want van die roepe was naby en het verder beweeg. Van hulle het op dieselfde plek gebly maar dit is steeds net een wat praat. Klink ook na reun jakkalse want die stem is redelik dik...maar dit is my leuke aflyding.
Thanks weereens.
Groete
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Geluide vir die tyd van die jaar
Cassie_Calvinia. ....wat is die "standaard" metode
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- Katefbessie
- Hero Member

- Posts: 778
- Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm
Re: Geluide vir die tyd van die jaar
'n kursus behandel die "standaard" metode nogals deeglik.SakoTrippel2 wrote:Cassie_Calvinia. ....wat is die "standaard" metode
Natuur die enigste rusplek vir die siel
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Geluide vir die tyd van die jaar
Dankie KSV nogal goeie info daai hoor

Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
