Jong jakkalse

Post Reply
snowy
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sun Jan 04, 2015 10:38 am

Jong jakkalse

Post by snowy »

Het vlekkie 2 geroep toe antwoord grotes en kleintjies in buurman se veld. Reun en teef geskiet n week later 800 m van daar. Kleintjies reageer nie op Vlekkie D of elsneus nie. Het nader gery na waar kleintjies eerste keer geantwoord het, twee uitgelig en geskiet. My vraag is hoekom reageer die kleintjies nie nadat die grotes geskiet is nie.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jong jakkalse

Post by cassie_calvinia »

so ver ek weet, kan verkeerd wewes, tot op 'n sekere ouderdom skree die kleintjies net as die ma skree
HOU HOM DAAI DIKTE
snowy
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sun Jan 04, 2015 10:38 am

Re: Jong jakkalse

Post by snowy »

Dankie. Lyk my die ma leer hulle van kleins af goed.
Kaptein
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:43 pm

Re: Jong jakkalse

Post by Kaptein »

Het nou die aand met jak allen begin en 10min later het 5 kleintjies mooi ingekom en al 5 geskiet
Kaptein
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:43 pm

Re: Jong jakkalse

Post by Kaptein »

Jammer, jak alleen
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Jong jakkalse

Post by Pieter »

Snowy, die jonges kry daai neiging om nie te antwoord nie, al is jy by hulle, ek het 1 aand op 'n koppie geroep, redelik lank, geen reaksie nie, die boer kon dit nie glo nie, want die spore is ingetrap rondom die koppie, ek beweeg verder, so 400m, toe lig ek die jonge raak, laat hom bakkie klim, beweeg so 100m verder na nog 'n koppie, fyn kosklanke en tik, tik bring nog 4 nader, toe ek verder geen belangstelling kry nie, beweeg ek so 300m in 'n oopkol in, elsneus, toe reageer die grotes, die teef en helper kry 'n lift, reun en nog 2 jonges skree net tussen die bome, ek beweeg heeltemal weg, kom toe terug na so 3 ure, haal toe die ander 2 jonges uit, die reun het sy beurt so 2 weke later gekry, die jonges het in geen staduim reageer nie, net toe die reun begin raas, so dit gebeur, jy is by hulle, maar hulle sal jou nie antwoord nie, selfs ni eers die grotes nie.
Post Reply