Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Enigiemand op die Forum dalk 'n Vektor 25-06 roer? Ek het het Vektor 30-06 klaar en het nou geleentheid gekry om kolega se .25-06 Vektor oor te koop (klaar besluit ek gaan di Howa 243 los en die een koop ).
Ek verbeel my een van die manne oppie Forum het ook Vektor 25-06? Indien wel kan die lid vir my bietjie laat weet hoe hy die roer befind?
Het gelees onder die .25-06 en sien heelwat Manne parrat met lof oor die kaliber? Hy het 'n K98 Aksie.
Ek is seker daar is iemand op die forum wat spesifiek die Vektor 25-06 het? Jacques Botha of Beyers miskien, (oom Flip het kontak gemaak hy het Zatava nie Vektor nie).
Maat van my het 'n 25 06. Truvelo (ook maar vektor en dink) met 'n K98 aksie en kolf gemaak deur Gerrie en natuurlik n Terminator. Man daai roer gooi mooi. Koop hom!
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Hy is nog by my kolega, in die kluis. Maar sy sap518 is vandag pta toe met motivering gedoen deur ons DFO
Het vandag koels en dies ens. gaan haal om solank paar ladingkies te laai, jy moet maar asb paar gooi wat mooi in daai roer van jou loop. het meestal 120grein koels gekry. heelwat soort, rhino, hornady claw ens.
Jis JPS
Ek sien nou eers jou pos, ek het so geweer, maar met magnumprofiel loop. Baie lekker geweer. Myne sopas herloop met Shilen SS loop.
Praat maar as ek met iets kan help.
Groete
Ribbok
Jis JPS
Man my loop was volgens City Guns se Terry Harrison taamlik uitgeskiet, maar ek het nog goed geskiet met hom. Die Shilen loop het soort van na my kant toe gekom en ek kon dit nie laat verby gaan nie. My Vektor loop het duisende skote geskiet maar ek het nie n idee hoeveel nie. As ek probeer onthou hoeveel punte ek vir hom gekoop het sal ek se ten minste 5000.
grte
Ribbok
Jy is welkom,vind net uit wat is jou loop se twist. Ek het heelwat verskillende soorte punte wat ek vir ladingontwikkeling gebruik het.
Praat met my sodra jy die geweer het.
Groete
Ribbok
Last edited by Nico de Jager on Mon May 30, 2011 7:50 pm, edited 1 time in total.