500 Jeffery

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

500 Jeffery

Post by Cornelius »

Dagse Manne,

Ek het bietjie vrae en hulp nodig van die wyse manne met groot kalibers. Opinies ook welkom oor my scope / oop visier vraag.

Ek het onlangs vir my n 500 Jeffery gekoop en wag vir die lisensie.

RCBS Dies - EK sien jy kry twee opsies vir die 500 Jeffery: 2 Die set en 3 Die set. Wat sal julle aanbeveel? Ek merk ook op dat mens n press adapter bushing moet kry vir
die dies - waar kry mens dit te koop en het enige iemand n idee wat dit kos? Ek besit n Lyman press - nog nie opgelees of die RCBS sal pas? Is daar enige ander Dies wat julle sal voorstel ek moet oorweeg?

Scope of Oop Visier - Ek top nou n ruk oor die keuse maar het nog nie eers geskiet met die geweer. Ek weet die beste sal seker wees om na ek met die geweer geskiet het die besluit te neem. Ek gaan hoofsaaklik groot wild jag met die geweer en sal nou en dan met hom stap in die bos en as daar n troffee bok is gaan die roer praat. Die geweer het n mooi rear peep (as ek nou die benaming reg het) sight op die stadium en dis hoe ek oorspronklik die geweer wou hou maar begin wonder of ek nie scope moet oorweeg. Op die stadium het ek nog nie besluit nie so enige opinies en persoonlike voorkere is welkom. Sover nuig ek na die oop visier keuse.

Groete
Cornelius
Bowtech Destroyer 340
9mm P07 Gen 2
.22 Mauser | .243 Win | 6.5 Grendel | 6.5 PRC | 7mm Rem Mag | 300 PRC | .303 MK2 No.4 | 338 Win Mag
.375 H&H | 450 Rigby
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: 500 Jeffery

Post by rudib »

As dit my roer was sou ek hom oop visiere skiet. Pas by die kaliber en sy doel. Dis maar my gevoel.
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 380
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: 500 Jeffery

Post by MichielC »

Scope of Oop Visier - In Safari Rifles II van Craig Boddington kwoteer hy Andrew Dawson (PH) wat in die "Zambezi Valley" jag dat n klient sonder n teleskoop tot 60% geleenthede op buffels opgee, agv afstand, en die jagter nie daardie bietjie ekstra afstand kan skiet met n oopvisier nie, wat mag nodig wees.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 500 Jeffery

Post by DWB »

Michiel, sonder enige disrespek aan enigiemand, maar mens wil seker darem ñ buffel onder 70m skiet. Maar ja, ek dink baie van ons het al vergeet hoe om oop visier te skiet.

My 404 gaan oop visier wees tot ek sien dit werk regtig nie. Dan sal ek na iets soos ñ Trijicon RMR of iets kyk.

Maar ek voel ook maar dat ñ kanon moet oop visier wees.... so ñ roer lyk net reg

Cornelius, baie geluk met ñ puik kaliber
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 500 Jeffery

Post by Frederik »

Hou hom oop visier solank jy kan wat jy wel kan oorweeg is om die pin voor te laat kleur om uit te staan in donker. As dit donker is kan mens dan nog aanle en skiet.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Wouter Roets »

Hallo Cornelius

Eerstens baie geluk met die 500 Jeff wat verseker n uitstekende kaliber is. Om jou eerste vraag te beantwoord sal ek voorstel jy kry die 3 die set vir die kaliber vanaf RCBS. Daar is op die aarde niks fout met RCBS nie en jy kan dit met n geruste hart koop. Jy sal moet die adapter bushing kry vanwee die dies wat breer is as die normales waarmee jy tot nou toe gedoen gekry het. Hulle sal pas op jou Lyman press en jou beste kans is seker by S&O. Ek het geen idiee van die prys nie maar kan nie dink dit gaan veel meer as jou arm en been kos nie. ;D Neewat dit behoort regtig nie te veel wees nie.

Oor die oop visier teenoor teleskoop vraag is daar n paar aspekte wat net jyself kan antwoord. Die eerste vraag is hoe goed skiet jy oopvisier of beter gestel kan jou oe dit nog hanteer. Ek persoonlik wat as n four eye deur die lewe gaan sukkel maar om op drie plekke te fokus. Dit kom verseker nie meer so maklik as in die begin nie. Nou om nog in gevaarlike omstandighede op iets staat te maak waarmee jy nie meer so vertroud is nie, is dalk nie die slimste ding onder die son nie. Ek het die teleskoop roete gegaan op beide my 458 Lott en 505 Gibbs. Die simpile rede is ek het na alles gekyk en basies alles probeer. Die 1-6x26 Leupold VX6 teleskope wat ek op hulle sowel as my 416 Rigby het bied vir my n baie veelsydige instrument. Hulle is ook natuurlik op QD ringe van Warne gemonteer.

Op een vergroting kan ek met gemak met beide oe oop skiet. Ek kan weer op verder afstande op 6 vergroting skiet. Ons laaste trip kon ek net nie nader as 110m aan die buffel kom nie behalwe as ek in n slang verander het en nader kon seil, maar op die afstand was ek genoodsaak om te skiet. Die twee gaatjies wat n duim uitmekaar op die blad gesit het met my opvolg skote, wat totaal onnodig was, sou dalk nie die geval gewees het met oop visiere nie. Ek persoonlik is maar net baie meer vertroud met n teleskoop as daarsonder. Weereens n geval van gebruik iets waarmee jy vertroud en vertroue in het veral in die tipe jag.

Nou as ek beroepsjagter was of beter gestel beroepsjag nog steeds beoefen het sou ek heel moontlik n peep sight met n optiese fesel voorvisier gebruik het. My gewere het wel hierdie tipe voorste visiere op en maak verseker die lewe makliker op jou oe om hulle te vind. Hulle is vir my baie vinniger as wat die ander tipe visiere is. My 375 Ruger en 416 Ruger in die Alascan modelle het weer n white dot voorste visier en die werk ook heel goed. Die feit is met hierdie werk wil jy so lig as moontlik aan jou geweer dra en jy skiet op korter afstande gewoonlik as wat jy doen as jy n jagter is. So jy moet besluit waar jy inval en wat jy benodig.

Daar is nog n paar ander opsies soos die Delta Point van Leupold(red dot sights) en n paar ander vervaardigers. Ek het die Leupold probeer en hy is verseker baie vining, maar wat my gepla het was die battery lewe. My luck is die verdomde ding raak pap of onklaar die dag wat ek hom nodig het. Maar ja dit is maar net ek en ander manne gebruik hulle met groot welslae op hulle dukgatlope.

So sterkte met jou keuse en mag die geweer jou net oneindige plesier verskaf.

Groetnis
Wouter
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 500 Jeffery

Post by JAGTERSREG-JRM »

Geluk met n bul van n roer......die ou grotes stoot te lekker

Rondom die die's sal ek se gaan vir die 3 opsie gewoonlik nie n groot prys verskil nie. As n man die vraag van oopvisier of teleskoop begin praat raak dit soms moeilik, soos Wouter gese het kan n man se oe sommer jou keuse baie vinnig vir jou maak.

Op eerste gevoel sal ek se oopvisier aangesien dit daai klassieke gevoel gee. In vandag se lewe waar n man soms die groot roere vir algemene jag gebruik maak die teleskoop dit wel makliker.

Dink dalk die roete wat jou die meeste "versatility" sal gee is dalk om n teleskoop te monteer wat jy binne oomblikke kan afhaal (dit gee jou dan die opsie van beide oop visier en teleskoop.

Geniet die roer!!!
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Cornelius »

Dankie vir die terugvoering manne! Ek raak nou erg opgewonde om die roer by sy nuwe huis te kry.

Ek gaan nog bietjie slaap oor my keuse en wat ek gaan doen. Ek hou julle op hoogte.

Groete
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Cornelius »

Dagse Manne

Wil julle sommer net bietjie ophoogte bring op my draad.

Ek het verlede Donderdag my lisensie gekry vir die 500 Jeffery en sommer selfde dag gaan haal. Saterdag oggend gaan skiet met hom en regtig beindruk met die geweer en kaliber. Die recoil is nie vir almal nie maar ek geniet dit erg.

Ek het toe besluit om hom oop visier te hou vir nou en dit werk regtig goed. EK was verbaas met die groepering wat ek gekry het vir die eerste dag se skiet en met verskillende ladings om spoed te bepaal.

Eerste jag is geboek vir einde April en hopelik kan die 500 Jeff bietjie werk.

So paar foto's van die skiet.

Groete
Cornelius
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 500 Jeffery

Post by Frederik »

Geluk, Kom join ons 18de April vir Basa net anderkant Bronkhorstspruit.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 500 Jeffery

Post by JAGTERSREG-JRM »

Geluk met die roer is darm lekker om n nuwe speelding te laat skiet.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 500 Jeffery

Post by DWB »

Lekker man! Die 500 Jeff is ñ monster! Geniet hom!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 380
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: 500 Jeffery

Post by MichielC »

Lekker Cornelius ! Prag geweer daardie 500!
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: 500 Jeffery

Post by rudib »

Vertel bietjie meer van die roer asb? Watter aksie, watter loop? wie het hom gebou?
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Cornelius »

Hi Rudi

Dis n custom Sabi

Barrel - Walther, 22 inch 500J profile
Action - Mauser 98 fitted with Magnum Magazine Box.
Magazine capacity - 3 rounds + 1 chambered.

Groete
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: 500 Jeffery

Post by rudib »

baie mooi!! geniet hom
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Cornelius »

Dagse Manne

Askuus ek dryg myself al vanaf Mei om vir julle bietjie n "update" te gee.

Ek en my vriend Michiel het sommer vroeg in die seisoen al gaan jag. 30 April was ons vroeg oggend al in die bos met ons twee nuwe gewere om hulle bietjie te laat werk op regte bokke na n hele paar skote se oefening op papier bokke.

Ek het toe besluit om die 500 te hou met oop visier.

Laat middag op die eerste dag is ek en die gids weer veld toe. Met die wat ons net begin stap se ek vir die gids hy moet onthou dat ons moet saggies loop en naby die bokke kom. Dit sou my eerste jag wees met die geweer en ook met n oop visier. Na n lang sessie kom ons by n deel op die plaas waar dit erg oop maak. Die bos lyn eindig net skielik en dan is dit n stukkie vlakte wat hulle Blesbok vlakte noem op die plaas (julle sal die oop deel opmerk in die foto). Ek en die gids is nog in die digte bos toe kom daar n trop Elande en Zebras voor ons verby gestap. Ons kyk toe na die rigting waar hulle vandaan kom en sien n mooi trop Blouwildebeeste. Hulle is so 180m van ons af. Maar hulle wil nie nader kom. Ons kan ook nie nader kruip want dan gaan ons in die oop deel eindig. Ons wag toe vir 30min maar geen sukses. Ons besluit toe om bietjie nader te probeer gaan en na n boom naby ons te kruip maar dit was nie nodig. Eweskielik begin n groot bul die jonger bulle jaag en so waar in ons rigting. Hulle het gedraai en weer terug na die groot trop. Nie lank daarna toe jaag dieselfde groot bul nog n ander jong bul voor ons verby. Die grootter bul het toe stadiger begin loop. Ek se toe vir die gids hy moet fluit sodra die bul dwars draai – ek is klaar op die stoke met die 500 in my skouer. Nie lank toe draai die bul en ek maak seker die voorste visier wys op die blad van die bul (85m) en toe breek ek die stilte met n 535gr punt wat die bul perfek tref. Die bul val net daar. Die trop het toe begin skommel en ons nog n geleentheid gegee vir nog n bok. Met die wat ek aanle staan my bul toe op maar ek kon sien hy was erg siek – net om seker te maak toe stoot ek hom met nog n rondte maar die keer in die kop. Met die wat ek toe nader ondersoek instel was die eerste skoot perfek.

Die volgende dag toe gaan ek en die gids weer uit. Hy se my toe egter ek moet eerder die 375 met teleskoop vat want ons was gelukkig die vorige dag. Ek het egter nie saam gestem nie en wou weer met die 500 stap. Nie lank nie toe kry ons n trop blouwildebeeste le in die koelte. Daar was egter een bul wat lings van die trop gestaan het. Ons kruip toe nader en kon nie nader as 94m kom van die bul. Met die wat ek aanle besluit die bul dis nou vir hom ook tyd om bietjie te gaan le. Ek bly toe aanle en die gids skreeu die keer en die bul spring op en kyk direk na ons. Ek roer hom toe van voor met die 500 en weereens val die bul net daar. Met die wat die res van die trop se rus versteur is hardloop hulle verby die bul en sowaar daar staan die bul op. Ek kon weer sien dat die bul baie siek is en dit was nie 10m toe trek sy voorste bene in en toe val hy om nie weer op te staan nie.

Ek het nou al gaan dink hoekom beide bulle opgestaan het nadat my eerste skoot op beide goed geplaas was. Al wat ek kan dink as dat die 500 soveel skok op hulle lywe gegee het dat hulle eers val en dan begin die hedrienalien inskop.

Ek kan regtig oop visier aanbeveel vir die wat dit al wou oorweeg.

Groete
Cornelius
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 500 Jeffery

Post by Smitstertjies »

Lekker Cornelius, en baie geluk.

Daar is min dinge so lekker soos oopvisier jag.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Geno »

DWB wrote:Michiel, sonder enige disrespek aan enigiemand, maar mens wil seker darem ñ buffel onder 70m skiet. Maar ja, ek dink baie van ons het al vergeet hoe om oop visier te skiet.

My 404 gaan oop visier wees tot ek sien dit werk regtig nie. Dan sal ek na iets soos ñ Trijicon RMR of iets kyk.

Maar ek voel ook maar dat ñ kanon moet oop visier wees.... so ñ roer lyk net reg

Cornelius, baie geluk met ñ puik kaliber
Deon,
Wat is nou jou opinie oor teleskope? >:D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Hilux01 »

Cornelius

Goeie werk
Klink sommer na een van daai stories wat n man nog baie gaan vertel
Hopelik sodra die SAPS besluit hulle is lus om my 404 Jeff goed te keur kan ek ook bietjie sulke stories vertel oor oop vizier jag met n ou groot klassieke kaliber
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Dries101 »

Geno wrote:
DWB wrote:Michiel, sonder enige disrespek aan enigiemand, maar mens wil seker darem ñ buffel onder 70m skiet. Maar ja, ek dink baie van ons het al vergeet hoe om oop visier te skiet.

My 404 gaan oop visier wees tot ek sien dit werk regtig nie. Dan sal ek na iets soos ñ Trijicon RMR of iets kyk.

Maar ek voel ook maar dat ñ kanon moet oop visier wees.... so ñ roer lyk net reg

Cornelius, baie geluk met ñ puik kaliber
Deon,
Wat is nou jou opinie oor teleskope? >:D
Deon het nou splinter nuwe Zeiss- hy is 100% regImage
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 500 Jeffery

Post by Wouter Roets »

Cornelius

Baie geluk met jou eerste jagtog met die 500 Jeff. Mag dit die eerste van vele suksesvolle en genotvolle trips wees. Bly jy kon ook so mooi regkom met die oopvisiere. Hierdie roere het maar net krag in oorgawe en as die gogga jou eers gebyt het is dit verby!

Groetnis
Wouter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 500 Jeffery

Post by DWB »

Baie geluk Cornelius! Dit bly maar net lekker om met ñ kanon oor die skouer te loop!

Gedoons, ek glo visiere het hul beperkinge as jou oge soos myne is.

Maar..... Jy kan mos maar kies wanneer en hoe jy wil skiet. Ek sal steeds bitter swaar sluk aan ñ scope vir die 404. Maar ek kan nie help vir my oge nie...

Daai was Virseker nie my laaste oop visier jag nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 380
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: 500 Jeffery

Post by MichielC »

Baie geluk my vriend !

Jy doen goed met jou oop visier!
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: 500 Jeffery

Post by dawiec »

geluk Cornelius! Hoop daai roer gaan jou nog baie stories laat vertel! Ek het self die naweek met 'n vriend se 500 Jeffrey geskiet en ek al wat ek sê is daai roer is nie vir sussies nie .. >:D
Post Reply