Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by Cobus(Cobb) »

Nuwe jaar, kom ons open met 'n lekker jakkals omderwerp.

Anner aand saam Geno, plaas hy die roeper op 'n grensdraad, seker so 6ft hoog, die grensdraad loop teen grondpad af...Ek sou selle gedoen het. Hy het daar 2 jonges getiep maar ma of pa het weggehol alvorens hy kon skiet. Na afsluiting van die staanplek en met optel tyd, het hy genoem dat die roeper verkeerd uitgesit was en dat hy hom eerder anderkant die pad wou gehad het om sodoende die jakkalse in die pad te kon skiet as hulle pad sou kruis.
Dit laat my toe wonder....
As jy jou roeper uitsit en na 'n paar draaie in die stoel wonder jy of dit die regte plek is, of die wind draai, of jy kom agter daar is 'n kontoerwal of 'n erosie sloot, of bome is te naby, of jou sigvlek het dooie grond, of roeper is bietjie te vêr geplaas en sukkel met opvangs......wat doen jy??
Maak jy beste van situasie? pak jy op en kom later die aand terug met beter uitsit keuse?? Of loop skuif jy roeper en roep verder?? Of los jy roeper maar skuif bakkie??
Wil hoor wat doen julle gesoute manne.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by Heinz Petersen »

Ek is by vêr nie n gesoute jakkals jagter nie. Wanneer ek by n staanplek kom waar ek die roeper gaan uitsit, doen ek die nodige
om die roeper te gaan uitsit (wind rigting, hoogte van bossies, slote en hoogtes)
As ek op my stoel klim en ek voel nie reg oor iets nie, dan gaan skuif ek dit weer soos wat ek goed voel, anders gaan jy heeltyd met die gedagte sit van, plaas dat ek dit of dat gedoen het. Na n halfuur is dit te laat om weer te gaan skuif.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by NicoSmit »

Ek het al ook gewonder maar het die laaste keer die roeper geskuif agv interferance van krag drade en dit was nie 5 min nie toe sneuwel die eerste een . So ek sal se skuif tot jy tevrede is.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by HennieC »

Ek het ook al baie gewonder oor die roeper se plasing as die wind so dwarrel.
Ek het al roeper gaan skuif na ek begin roep het en ook al die roeper gelaat staan op plek wat nie te goed was nie. Ek het al jakke gekry in beide gevalle.

Laas nag gesien dat met die regte klank kom hol die jakke na die roeper sonder om te veel aandag te gee aan die wind se rigting of die snaakse ding waar hy verby hardloop so 50 tree aan sy regter kant, kon die jak sonder lig geskiet het so helder was die maan ook. Moet ook sê dit is sekerlik ook net die jakke hier in Vaal Driehoek se gewoontes.
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by Doepie01 »

Stem saam met die manne hier bo. Ek sal optel en skuif, veral as die wind die grootste faktor is. Het al te veel die hele nag lank gespook en spartel om daai een slim bokker in te kry en dan verloor jy hom omrede die roeper verkeerd geplaas is. Ons ken mos vir Murphy!

Ek weet daar is ouens wat sal redeneer dat die geskuif die jakkals sal wegjaag of skrik maak maar ek het ook al van die gesoute manne gehoor wat n jakkals geskiet het terwyl die drywer op pad was na die roeper om op te tel of dat hulle al besig was om n koffie te drink, na die roep sessie, toe kom Ta nog steeds in.

Groete
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by JACQUES BOTHA »

Manne en maninne
Dis soms makliker om jou bakkie te start en jouelf te skuif as om roeper te skuif.
Maar doen maar moeite en skiuf roeper dis beter as om spyt te wees jy het nie of moes hom eerder geskuif het.
Groetnis
Jacques
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by Louis102 »

Hennie C, wat is daai "regte klank" waarvan jy praat? Of is dit 'n geheim? Ek het nog altyd gedink as alles rondom jou staanplek eksie-perfeksie is, laat dit sommer enige roep-klankie beter werk ook.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by Armand9 »

As ek in die stoel sit en ek kry daai rilling van 'die jakkals moet nou net nie daar uitdop nie' dan skuif ek nog voor ek die roeper uitsit. Hier by ons kry jy 1 dalk 2 kanse op n aand. Goeie staanplek is 1ste prys. So ek sal my roeper optel as ek nie gemaklik voel nie.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by Riaan Kriel »

Doepie01 wrote:Stem saam met die manne hier bo. Ek sal optel en skuif, veral as die wind die grootste faktor is. Het al te veel die hele nag lank gespook en spartel om daai een slim bokker in te kry en dan verloor jy hom omrede die roeper verkeerd geplaas is. Ons ken mos vir Murphy!

Ek weet daar is ouens wat sal redeneer dat die geskuif die jakkals sal wegjaag of skrik maak maar ek het ook al van die gesoute manne gehoor wat n jakkals geskiet het terwyl die drywer op pad was na die roeper om op te tel of dat hulle al besig was om n koffie te drink, na die roep sessie, toe kom Ta nog steeds in.

Groete
+1. Tydens my laaste uitstappie het en relatief lank geroep en toe 1 jonge geskiet. Ek het so rukkie geloop en soek en hom toe gekry. Op pad terug bakkie toe kom die boer ook daar aangery met sy seun. Hy wou net hoor of ek al iets gekry het en of sy seun maar kan bysit. Na paar minute se gesels ry hy weer en die seun bly agter by my. Toe ek die lig aansit om net weer te lig toe sit nog 'n jonge (vorige seisoen se kleintjie - helper dus) ongeveer 50m vanaf die bakkie en ongeveer 15m vanaf die roeper wat nou al vir amper 30min stil is. Hy het lyk my regdeur die kuier met die boer vir ons gesit en luister. Hom toe ook maar net daar geskiet. Die grotes bly egter op 'n "veilige" afstand en kom nie nader nie. Die wind het dit ook nie juis makliker gemaak nie....
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by HennieC »

HennieC wrote: Laas nag gesien dat met die regte klank kom hol die jakke na die roeper sonder om te veel aandag te gee aan die wind se rigting .
Louis ek bedoel met sekere klanke het ek meer sukses as ander klanke op sekere plase.
Ek het gesien dat die selfde klank nie die selfde uitwerking het op 3 plase wat so 20km uit mekaar is nie, hoekom dit so is weet ek nie.
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: Plasing van roeper....Verkeerdelik...wat nou.

Post by Abrie Smit »

Cobus, ek het ook al daarmee gesukkel en ek dink die fout wat 'n mens maak is om aan te gaan met die roep. Ek het al my vingers daarmee verbrand. as ek nie vrede is nie, skuif ek die roeper voordat ek begin roep. As ek dit moes doen, wag ek net bietjie langer voordat ek dan met die roep begin. Die laaste tyd maak ek baie van twee roepers gebruik, juis as gevolg van die wind wat verander. Dit het al gebeur dat ek 30-40 min met 'n roep besig was, dan verander die wind van rigting. Dan roep ek verder op die ander roeper. Weet nie of dit ook later 'n probleem sal wees nie. Huidig werk dit vir my.

My 2c
Post Reply