Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by Raven »

Manne,

Enige raad hoe om 'n 10 000liter water tenk reg te maak as hy begin krake wys, veral aan die sonkant.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by Penkop »

Ag nee Raven,

Ek dag nou jy gaan goeie raad met ons deel....

Sterkte, dis nie so 'n maklike ene nie!

NS: Ek sien jy het maar probleme met "Tenks" wat lek?? As dit nie petrol tenks is nie is dit water tenks!  ???
Dalk moet jy bel? in 'n paar nuwe tenks?!
Last edited by Penkop on Wed Apr 06, 2011 4:50 pm, edited 1 time in total.
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by baboonstalker »

Ek het wel raad net koe?lgate in watertenks, krake weet ek nie so mooi van nie...

As jy die tenk kan leegmaak kan jy dalk die kraak weer toe smelt met gasvlam of soldeerbout en plastiek as filler gebruik (jy kan dalk 'n reep plastiek van die deksel of binne die opening van die tenk sny).
Draai dan sommer ook die kant wat Noord gewys het dat hy  Suid wys. as jou pype dit nie toelaat nie kan jy hom dalk met skadunet toemaak.
As die tenk baie gaar gebrand is aan die sonkant gaan vervang dalk jou enigste opsie wees.

Sterkte, ek hoop jy kom reg. (as jy nie regkom nie, skiet 'n paar gate in hom, ek kan jou s? hoe jy dit kan regmaak)
BS
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by Robert »

Raven

Nee wat, regmaak is 'n week se werk en dan hou hy net tot hy water kry.

Koop maar 'n nuwe en verf hom eers 'n paar lae wit PVA verf voor jy hom opsit.

Die verf keer dat die son hom brand. In die somer kan jy 'n stuk 80 +% skadunet oor hom trek om die ergste son van hom te hou.

Lekker boer

Robert
Oorwining deur opleiding
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by Skolla »

Raven wrote: Enige raad hoe om 'n 10 000liter water tenk reg te maak as hy begin krake wys, veral aan die sonkant.
Raven

Kontak vir Bertus Myburg by nul81 een28 900vier van Okahandja Plastic Converters.
Maar ek is bevrees as dit van son is gaan hy vir jou s? hy klaar, koop n nuwe een.
Jy kan sy lewe bietjie rek op n boere manier met draad in die ronde om.

Skolla
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by Raven »

Penkop wrote: Dalk moet jy bel? in 'n paar nuwe tenks?!
Daar is nie geld nie ou maat  :'(

Noem my een plaasboer wat nie eers self sy probleem wil oplos, voor hy dit moet vervang of baie geld uitgee  ;)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
herley

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by herley »

Raven

Soos ek jou gese het en vir die ander boere ook. Ek het 1 na die man in Okahandja gevat en het amper N$ 500 betaal dis uitsluitend my brandstof geld. Jy vat n grinder en grind die gat (sny) en ook met die grinder maak jy die stukkende plek aan die buite en binne kant glad, jy vat dan n stuk platiek wat jy in die sny kan sit wat jy gegrind het en n vlam en dan beginne smelt jy die plastiek en met n stuk yster druk jy die plastiek uiteen sodat dit aan buide kante van die sny smelt/ toe maak, doen aan die binne kant dieselfde proses wag dat die plastiek bietjie afkoel en gooi dan met koue water. Glo my ons tenk op die plaas staan nou al vir langer as n jaar nadat ons dit laat reg gemaak het en hy hou nog steeds.

Bradley
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by Louis102 »

Bradley wrote: ... die man in Okahandja gevat ...
Norton

"Die man in Okahandja" vra hoe oud daardie tenk is?  As die tenk 25 jaar oud is kan jy blykbaar so iets begin verwag.  Hy het al by my ook 'n tenk gelap op die manier waarop Bradley verduidelik, wat nou al 5 jaar hou, maar dit was nie a.g.v. sonskade nie, dit was 'n gat wat deurgeskuur het op 'n sleepwa se tyre.

Ek het eenkeer 'n reject-tenk gekoop wat vinnig deur die son gebrand was en wat sulke verikale barsies begin maak het.  Ek het hom met silikon aan die binnekant gelap en toe met straps (die soort waarmee jy 'n motorfiets agter op 'n bakkie sal vastrek) rondom vasgetrek.  Hy hou nou al 'n paar jaar.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by 222 »

Raven

Vra by die kooperasie daar is sulke plastiek "brazing" stokkies wat gemaak is om plastiek tenks reg te maak, as hulle nie het nie gebruik sommer 'n plastiek kunsmis-sakkie, werk net so goed en is baie goedkoper.

Maak net die kraak baie goed skoon anders vat die plastiek nie, ek het die kraak skoongesny met die grinder en toe teogesmeld.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by Coenie (Swift) »

Hi almal,

Selfde probleem, tankwelders vra R400 - R600.
Het die eerste keer gekyk en werkers dit  laat doen het weer na week gelek en kraak het geloop....
Kraak is onder tussen ringe 2 en 3

My 2de poging en ek was toe self binne in tenk is soos volg:
Benodighede:
1. Kragopwekker (sommer in die veld herstel)
2. Anglegrinder
3. Boor
4. Haardro?r/ heat gun
5. Skuurpapier
6. 8mm kabel (reeds in stoor gehad)
7. Rol bitumen tape (Ko-op gekry waarmee dakke gese?l word so R60)
8. 2 of 4 blokkies hout ( so 3 x 5 cm)
9. Kabeltrekkers (by ko-op so R45 stuk)

Prosedure:
1. Maak tenk leeg
2. Vat boor en op punt/ent van kraak boor 'n 2mm gaatjie aan weerskante om te keer dat kraak verder loop.
3. Klim binne in tenk en skuur kraak en area so groot soos bitumen strook grof en skoon (alge en modder.)
4. Neem haardro?r en maak kraak  area van binne droog en skoon.
5. Plak bitumen strook oor kraak area ( ek het sommer oor kruis geplak)
6. Maak butimen met haardro?r effens warm en druk met hand lekker plat en in al die groewe ens.
7. Klim uit tenk meet kabel en sny op lengte met anglegrinder (omtrek van tenk, 2 lengtes)
8. Installeer kabeltrekkers en trek kabels om tenk vas (m.a.w. strap die tank oor die kraak area)
9. Sit houtblokkies onder kabeltrekkers sodat jy die spanning maklik kan stel en dat die punte van die kabetrekkers nie duike in die tenk indruk nie.
10. Trek kabel vas so net dat die kabel alles bymekaar hou.

Dit het alles my so 1:30 uur gevat toe is daar water in die tenk en die krippe is weer vol. Ek het met die water in die tenk die kabels so 2 draaie elke gegee.

Die nou sou so 14 maande  later sonder enige lekke.

Hoop dit help vir iemand.
Last edited by Coenie (Swift) on Fri Jun 24, 2011 6:08 pm, edited 1 time in total.
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 866
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by Wielie Waps »

Ek het vandag hier in Bloem die volgende ad gesien:
TANK DOCTOR
Repair plastic water tanks,chemical,fertlizer and diesel tanks
Martin Fourie  nul 72 ses 92 9494
                    nul 84 ses 444 769
Johan Fourie nul 84 nege51 7530
Danie vd Merwe nul 79 nege955012 (free state)
Van Wyk Fourie nul83 twee25 2829 
Geroer-nie geskud nie
grumpy

Re: Regmaak van Plastiek Water Tenks!!

Post by grumpy »

Ek spesialiseer op alle dakke en alle tipe waterdigting. Doen dit al 21 jaar. Waar bly jy? Ek doen die "torch-on"op plat konkryt met die vlam en swart rolle. Laat weet miskien kan ek help.
Post Reply