Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Kan iemand my asb. s? of ek ou .303 weermag ammo mag koop en besit. Ek sien soms van dit en wonder dan of dit nog als aan die staat behoort of het die staat destyds toe die .303's vervang is ook die ammo verkoop het vir privaat gebruik?
2dens wil ek ook hoor wat julle s? i.v.m. die nadelige eienskappe op die loop as jy ou weermag ammo skiet. Ek hoor die manne s? die kordiet dryfmiddel laat loop roes soos swartkruit en die volgende bron s? weer dis nie die kordiet nie maar die Berdan primers wat die sondebok is. Ek het ook al gehoor die manne trek die koe?ls en vervang die kordiet met S335 maar as dit die primer is wat lol maak die oefening geen sin vir my nie.
Ek wil graag die ammo deur die Terminator skiet maar ek wil nie skade aanrig a.g.v. nadelige eienskappe van die kordiet/Berdan primer nie. Die loop glo ek sal ek mooi skoon kan kry maar die KD kan nie skoongemaak word nie
ek weet van 'n paar manne wat patrone vat en heel oorlaai kruit punte primer alles, maar dit is vir akkuraatheid en meeste boere wil nie dat jy op hulle plase jag met die patrone nie.
Ek self sal van hulle vat as ek kan kry.
Die patrone is gewoonlik baie goedkoop so is dit reg vir skiet oefen
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Ek het 'n hele paar van daai koele en soos Christo dit stel trek die punte en gooi jou eie kruit en punte. As jy daai goete skiet met die stokkies in moet jy maar die gun goed skoonmaak. Los jy hom vir so paar dae loop die goggas met gumboots in daai loop rond, los jy dit bietjie langer mag jy dalk 'n roeskolletjie of twee in die loop kry.
Ek trek al die koele en gooi dan my eie kruit en koeel. Lekker is dat 'n man dan nie veel gepla is as jy die doppe verloor nie.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
Skiet die goed nes hulle is, maar as jy vandag daarmee skiet, moet jy VANDAG die loop mooi skoonmaak.
Begin die skoonmaak proses deur tenminste 2 ketels kook water deur die loop te gooi. Dit werk baie goed en los meeste van die korrosiewe goed op en spoel dit uit. Daarna gaan jy voort soos gewoonlik.
Dankie manne. As ek so lees maak ek my eie afleiding dat dit maar 'n nee-nee deur die Terminator gaan wees.
Ek kan 200 vir R200 aan die hande kry. Wil dit graag vir die seuns koop om mee te skiet op die baan om so die .303 se dinge/fieterjasies soos slot en sneller gewoond te raak. Dit maak hulle tog net soveel meer vertroud met die geweer as hulle hom in die skouer het.
Wil egter so paar trek en stafies vervang met S341 sodat ek hulle deur die KD kan skiet.
onthou, dat baie van die probleme met die ou mil ammo gekom het van die ou soort primers wat hulle gebruik. daardie primers het n beperkte rak leeftyd. vandaar die tipisie delayed skoot wat afgaan, n rukkie nadat jy die sneller trek
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Nr 1 Wetlik mag jy dit nie besit nie. As die polisie dit by jou kry kan jy toegesluit word, hang net af wie die polisie in die roadblock is.
Nr 2 ek sal dit nie skiet nie ook nie herlaai in daai dop nie.
Die "kordiet" stafies wat daarin gebruik word brand baie eratic en vreet jou loop se keel sommer lekker. Maak ook soms so lekker teer aanpaksel.
Oor die herlaai die enigste komponet wat bruikbaar is is die koeel. Jy kan dit maar in jou nuwe doppe laai om te fireform of oefen.
Die weermag doppe het die uitkennings print op die basis van die dop, so al herlaai jy dit gaan polisie jou wikkel in die roadblok.
Daai doppe maak gebruik van burdien primers en 2 flash holes, wil jy jou matrys gou opneuk try daai dop size en jou decapping pin en soms die shaft is na moooooeeerrrr.
Die primers is doners warm, heelwat meer is magnum primers so gooi nou S335 0f S341 in met 'n lot wat bietjie warmer is of jy naby max load dan gaan daai Lee Enfield aksie knak soos groen gras halmpie.
Trek die punte, maak die doppe onskadelik en gooi hulle weg daar waar niemand hule kan kry nie
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
hoekom mag jy nie die amo besit nie as jy n geldige lisensie het nie. daar is van die groter geweerwinkels wat van die amo op n tyd verkoop het wat hulle van die sap uitgekoop het.ek glo ook nie ons gemiddelde polisie man sal die verskil ken nie en as jy lisensie toon jy reg sal wees. ek het self van die patrone direk van die sap gekoop in die tyd toe hulle ontslae geraak het van die ou 303 wat hulle in 1986 vir R12 verkoop het
Manne ja dis hoekom ek s? dat dit af hang wie die polisie man in die road blok is.
Ek het juis die sakie bespreek met 'n colonel, want ek het self 2000 van die goedjies gehad, Natuurlik niks meer nie behalwe die punte wat ek so nou en dan laai om mee te speel
Die ammo onder aan se head stamp is waar die pyn in kom. Daar is baie debat oor. Die weermag en polisie het destyds klomp ammo gehad wat 303 PMP as headstamp was en die kon hulle aan publiek verkoop het, toe het daar soos altyd maar van die ander ook deur gesypel en het toe rig maroles veroorsaak.
Ek is nie lus om deur als te gaan waar my wapen in SAP13 gaan l? ek dalk in 'n sel gaan sit vir 'n aand etc etc nie. Daar is nie werklik konsensus of die wet geld oor ammo wat huidiglik in gebruik van die staat is en of dit vir alle tye geld nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
manne ek het ook verstaan, dat ons nie millitere ammo in ons besit mag he nie. so 2 maande terug sien ek die ou bekende R1M1 7,62 bruin boksie op n geweerwinkel se rakke. toe ek se dit is mos onwettig, toe se die geweerwinkel eienaar vir my, hy het dit by PMP se deppo gekoop. en dat ek aan hom moet wys waar in die wet staaan ek mag nie die ammo he nie. volgens hom se die wet ek mag slegs ammo he wat geskik is vir my kaliber.
so 308 = 7,62.
ok, dis die amptelikke weergawe, maar hier moet ek met jagtersdok saamstem, as jy in n padblokade kom gaan millitere ammo waarskynlik n paar wenkbroue laat lig. n oningeligte polisieman gaan jy waarskeinlik verkeerdelik toesluit.
PVD, n vriend van my wat ook n wapensmit is, skiet gereeld met ou milllitere 303 ammo, hy jag nooit met hulle nie en maak altyd sy loop mooi skoon as hy klaar met daai ammo n bietjie pret gehad het.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!