Page 1 of 1
Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 2:10 pm
by Supacow
Na aanleiding van Beretta se Case verlies vertel bietjie van die brands wat jul verkies en hoekom.
Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 3:35 pm
by Dries101
Case, en veral hulle sodbuster met hoe koolstof staal[IMG]
http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/12 ... 2f7040.jpg[/IMG]
Want dan sit ek vir hom olienhout op.
Puma gentleman
Carl schlieper canoe
Buck 55
Kershaw whiskey gap
Daai is almal,mooi klasieke knipmesse
As dit my edc takties kom is daar net een mes
Spyderco paramil 1 of 2
Ek is al deur n chris reeve sebenza en n strider sng.
Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 6:39 pm
by Finfan
Enige lekker knipmes - Kershaw, Buck, CRKT, Victorinox
Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 7:07 pm
by Gawie(13mm)
Enige mes wat ek self skerp gemaak het.
Kershaw, Joseph Rogers, Spyderco en natuurlik my Leatherman Wave. Elkeen het sy plek. My DKW messie op die oomblik is my pikante Lanski. Pas in my broek se geldsakkie en ek kan met hom skeer as dit moet.
Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 7:30 pm
by Williel
Ek is glad nie n meskenner nie maar sonder die Rooi Victorinox is ek verlore. Dis elke dag deel van my mondering en sonder hom is ek sommer siek, selfs al vlieg ek net van WHK na JHB en hy is in die koffer onder die vliegtuig.
Kan net noem dat ek van altwee my oupas hul Paul Kruger messe het. Met n inbraak onlangs was ek baie meer ontstig as oor ander dinge dat hulle ook weg is maar niemand wou dit vat nie.
Wat meer wil jy he, biltong sny, bier oopmaak en n rooiwyn se kurk trek.

Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 8:15 pm
by tripodmvr
Williel wrote:Ek is glad nie n meskenner nie maar sonder die Rooi Victorinox is ek verlore. Dis elke dag deel van my mondering en sonder hom is ek sommer siek, selfs al vlieg ek net van WHK na JHB en hy is in die koffer onder die vliegtuig.
Kan net noem dat ek van altwee my oupas hul Paul Kruger messe het. Met n inbraak onlangs was ek baie meer ontstig as oor ander dinge dat hulle ook weg is maar niemand wou dit vat nie.
Wat meer wil jy he, biltong sny, bier oopmaak en n rooiwyn se kurk trek.

My Victorinox nes joune is aldag in my sak. Goeie staal en is skerp genoeg om keel af te sny. Die ander goepertjies rond hom mooi af.
Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 8:26 pm
by spekieries
Ek dink ook die Victorinox messe is oulike dra-messe. Ek sal ook graag 'n Spyderco wil besit. Ek sien S&O het 'n baie goeie prys op 'n SOG mes gehad wat natuurlik ook 'n baie goeie naam het. 'n Mes wat my na aan die hart lê is die "cold steel messe".
Ai soos gewere is messe maar altyd mooi en iets wat 'n man moet hê.
Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 9:22 pm
by Beretta
Ek meeste van die brands op die mark maar nog nie n Queen mes brand nie miskien volgende jaar my dogter en skoonseun gaan VSA toe. Ek dra meeste van die tyd n Spyderco police in my sak vir die wis en onwis maar dan nog een gentlemans jewelery in my sak. Ek moet se n blond en mes wen die mes elke keer. Het darem so een of twee Benchmade messe ook D2 tool steel. Sal nooit genoeg messe he nie

Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 9:57 pm
by tripodmvr
Ons sal moet begin erken dat die skrefies oë besig is om goeie staal in die vorm van messe op die mark te plaas. Lyk nie aldag te mooi nie, maar by afslag n gebruik sien jy die resultate. Het al selfs 'n R35 mes gehou wat ek vir die slagters wou gee. Die lem is so rats soos wat kan kom.
Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 10:36 pm
by spekieries
My eerste knipmes wat my oom Theo van Winterton vir my gekoop het was 'n mes waarop staan Queen. Praat ons van dieselfde mes Baretta. Neem bietjie fotos en plaas van die interessante messe manne.
Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 10:52 pm
by Beretta
Die queen is ek op soek na maaf hier in ons land is hy nie daar is baie mod om van te kied
Re: Knipmesbrands
Posted: Sun Dec 21, 2014 11:08 pm
by Frikkie Coetzee
Queen messe is baie gesog gewees op hul dag. Ek het n Queen jagmes by n tannie gekry as n geskenk uit die 1960's. Ongelooflike goeie staal gewees.
Re: Knipmesbrands
Posted: Mon Dec 22, 2014 12:26 am
by Supacow
My brands is kershaw puma en spyderco. Het wel so paar original bokers ook. Vandag se pumas is nie die vintage pumas se gehalte. Ek praat nou van die goue reeks. Het n sagte plekkie vir n mooi stockman.
Re: Knipmesbrands
Posted: Mon Dec 22, 2014 6:50 am
by alecjohnson
Ek verkies Leatherman! die rede, ek breek myne gereeld omdat ek dit gebruik waarvoor dit nie gemaak is nie! en dan kry ek 'n nuwe.
Ek het eenkeer geweld, en my aard draad klamp gebreek, draai toe die drade om my leatherman en weld aan. Smelt tang punt weg, hen hulle lag en gee my 'n nuwe.
vir 'n mooi mes, kies ek 'n Joseph Rogers
Re: Knipmesbrands
Posted: Mon Dec 22, 2014 7:04 am
by blaser
is daai ou paul kruger messe iets werd
Re: Knipmesbrands
Posted: Mon Dec 22, 2014 7:50 am
by Beretta
Remington
Net as jy hulle vir my gee
Re: Knipmesbrands
Posted: Mon Dec 22, 2014 2:42 pm
by Philip J
CRKT saam met my Leatherman Surge vir elke dag se dra.
Ek het so rukkie terug by ou Oom 'n mooi antwoord gehoor vir die manne wat altyd vra of jy bang is en daarom 'n mes dra. Die oom het geantwoord dat hy inderdaad baie bang is....
Bang iemand gee vir hom 'n stukkie biltong en dan het hy nie mes by hom om dit mee te eet nie

Re: Knipmesbrands
Posted: Mon Dec 22, 2014 6:14 pm
by Jake1
Ek het vandag vir my pa n Kershaw mes gekoop vir kersfees. My pa is nou 72 en hy het nog altyd n lekker mes waardeer. Ek hoop hy hou van hom

Re: Knipmesbrands
Posted: Mon Dec 22, 2014 8:32 pm
by Supacow
Nice one Jake!
Die ouer garde is altyd stout vir n Joseph
Re: Knipmesbrands
Posted: Tue Dec 23, 2014 8:49 am
by Chris Swart
Ek dra elke dag 'n Buck Knipmes, hy sny enigiets van bokse tor biltong.
Maar ek het 'n slegte plekkie vir Victorinox knipmesse, ek het so stuk of 10, wat 'n paar limited editions insluit.
(Ek verkies egter die Buck vit elke dag dra, omdat hy 'n pocket/belt clip het.