help met keuse van kaliber
- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
help met keuse van kaliber
Ek sit en worstel nou met n keuse tussen n 30-06, 300 winm of n 300wsm ek skiet heelwat koedoes en gaan so nou en dan n eland wil plattrek! Watter een van die kalibers sal beter groepe skiet op langer afstande? En dan wil ek ook vra wat jul dink van savage se varmin gewere ? Help asb
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: help met keuse van kaliber
Savage gewere is baie akkuraat.
Ekself is lus om my .308 te laat ombou .300WSM toe.....
Groete,
Eugene
Ekself is lus om my .308 te laat ombou .300WSM toe.....
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Francios
Stem saam met Geno. Vir jou behoefte sal ek die 300WSM vat.
Groetnis
Wouter
Stem saam met Geno. Vir jou behoefte sal ek die 300WSM vat.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
Re: help met keuse van kaliber
Ek moet se ek het self in daardie rigting geneig , maar het nog nooit met 1 geskiet nie so ek was nie regtig seker nie!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: help met keuse van kaliber
Francois, glo vir my, jy sal nie spyt wees nie. Die 300wsm is 'n great kaliber!
Goed, beter, 6millimeter!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: help met keuse van kaliber
Francois B
Gaan vir die .300WSM jy gaan nie spyt wees nie.
Groetnis
Gaan vir die .300WSM jy gaan nie spyt wees nie.
Groetnis
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Is die WSM se doppe so geredelik beskikbaar soos die 300WM? Ek sou die WM kies.
Wat is jou langer afstande?
Watter geweer sal gaan dit wees? Party maak bv. net standaard lengte aksies en dan sal ek gaan vir die langer dop omdat hulle beter in die aksies gaan funksioneer.
Is die magnum regtig nodig? Baie Elande is al met 'n 308 of 30-06 geskiet en daai bokke was net so dood
Wat is jou langer afstande?
Watter geweer sal gaan dit wees? Party maak bv. net standaard lengte aksies en dan sal ek gaan vir die langer dop omdat hulle beter in die aksies gaan funksioneer.
Is die magnum regtig nodig? Baie Elande is al met 'n 308 of 30-06 geskiet en daai bokke was net so dood
- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
Re: help met keuse van kaliber
Dankie vir almal se raad die lang afstande is so van 600 meter af en verder, maar moet my nie verkeerd verstaan nie dit sal net op papier wees en so nou en dan op kees!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: help met keuse van kaliber
as jy nie verder as 300m gan skiet nie kry n 30-06 of selfs n 308! onder 300m wen jy net vleiskade met die vinnige outjies en recoil!
groete
Nico
groete
Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Ek stem saam dat daar geen voordeel aan die WSM gaan wees as die aksie nie daarby pas nie. Indien dit n standaard(meduim) aksie gaan wees gaan eerder vir die 300 WM. Dit is waar wat Arnold se dat veral die 30-06 ook heel in staat is vir die werk. Onthou die recoil op die Magnums heelwat meer is as die 30-06, dalk nie vir almal se smaak nie. Daar is wel baie wat n mens kan doen om recoil te beveg maar dit stoot weer die kostes van die geweer op. Die 30-06 bly die all-roander en die Magnums die spesialis kalibers. Maak maar seker oor jou behoefte. Gooi bietjie jou ander kalibers ook sodat n mens n beter prentjie kan kry.
Grotnis
Wouter
Grotnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: help met keuse van kaliber
Francois
Sal ook vir jou 300 WM aanbeveel, juis oor die doppe ding............
Mooi loop
Francois
Sal ook vir jou 300 WM aanbeveel, juis oor die doppe ding............
Mooi loop
Francois
Last edited by Francois Marais on Tue Apr 05, 2011 7:40 pm, edited 1 time in total.
-
Danie Lombard .243
Re: help met keuse van kaliber
Kry die .300 Win Mag Doppe en dies is vollop beskikbaar, as jy kan 'n 12 Duim groefdraai. Hy loop soos 'n jet, skop nie hard nie, stabiliseer alle punte soos 'n droom, vanaf 150gr tot 250gr LEKKER!!!!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Daan
Bedoel jy nie 1:10 nie? 1:12 gaan mos maar n bietjie sukkel met 200gr en op?
Groetnis
Wouter
Bedoel jy nie 1:10 nie? 1:12 gaan mos maar n bietjie sukkel met 200gr en op?
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Wouter
1:12 stabiliseer 'n 210gr Berger en 208gr A-max, dit is elkgeval wat ek op die net lees oor die a-max en berger se voorgestelde twist.
Miskien het iemand ondervinding wat anders bewys?
1:12 stabiliseer 'n 210gr Berger en 208gr A-max, dit is elkgeval wat ek op die net lees oor die a-max en berger se voorgestelde twist.
Miskien het iemand ondervinding wat anders bewys?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Arnold
Die 300's laat so bietjie jou toe om na n ligter twist te gaan vanwee die hoer spoed en dit is moontlik om wel van die swaarder koeels in n 1:12 te stabiliseer maar ek sal eerder vir die 1:10 gaan want volgens my is dit waar die 300"s se sweetspot le(180-200gr).
Ek het twee vriende wat ek help met herlaai met onderskeidelik n 300 WM en 300 WSM met 1:12 twists en albei het gesukkel met 200gr Barnes TSX waar my 300 WM met 1:10 hulle opgevreet het. Bygese die 200gr Barnes TSX is mos nou weer langer as n konfensionele koeel. Dis maar net my persoonlike ondervinding en dit is al deur n paar ander persone beaam. Ek se defnetief nie dit kan nie werk nie!
Groetnis
Wout
Die 300's laat so bietjie jou toe om na n ligter twist te gaan vanwee die hoer spoed en dit is moontlik om wel van die swaarder koeels in n 1:12 te stabiliseer maar ek sal eerder vir die 1:10 gaan want volgens my is dit waar die 300"s se sweetspot le(180-200gr).
Ek het twee vriende wat ek help met herlaai met onderskeidelik n 300 WM en 300 WSM met 1:12 twists en albei het gesukkel met 200gr Barnes TSX waar my 300 WM met 1:10 hulle opgevreet het. Bygese die 200gr Barnes TSX is mos nou weer langer as n konfensionele koeel. Dis maar net my persoonlike ondervinding en dit is al deur n paar ander persone beaam. Ek se defnetief nie dit kan nie werk nie!
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Ek stry nie met die 200gr Barnes nie maar het gelees van ouens wat die 208gr A-max uit 'n 1:12 twist 308W suksesvol skiet.
Afhangende van jou toepassing kan 'n 1:12 twist dalk sin maak...
Afhangende van jou toepassing kan 'n 1:12 twist dalk sin maak...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Stem saam Arnold
Ek sien net nie die nut om n 300 te laat harloop in die spektrum waar hy nie uitblink nie. Volgens my is hy ontwerp om met 180-200gr koeels te funksioneer. As jy kyk op QL sal jy sien dat sy twist op 1:9,25 gestandariseer is. Dit pas maar in met wat ek se.
Groetnis
Wout
Ek sien net nie die nut om n 300 te laat harloop in die spektrum waar hy nie uitblink nie. Volgens my is hy ontwerp om met 180-200gr koeels te funksioneer. As jy kyk op QL sal jy sien dat sy twist op 1:9,25 gestandariseer is. Dit pas maar in met wat ek se.
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: help met keuse van kaliber
Ek dink hierdie opskrif moes gelees het watter .30 kaliber. Julle het al die ander kalibers sover uitgesluit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: help met keuse van kaliber
Kry vir jou daai 300wsm. Ek self wil vir my een kry
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
daar was nie oor ander kaliers gevra nie .... net die drie .30 cals
Wouter, waar kry mens die twist in QL? Dalk het die ou weergawe dit nie?
Ek stem oor die swaarder koeels in die magnum.
Wouter, waar kry mens die twist in QL? Dalk het die ou weergawe dit nie?
Ek stem oor die swaarder koeels in die magnum.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: help met keuse van kaliber
Oor die twist affere.Ek dink dis maar net n riglyn wat hulle ge.
Ek het al gesien dat n geweer goed met ligte koeels groepeer en die loop het n stywe twist.
Dit hang maar af van kaliber tot kaliber.Net my mening.
Hoe skaars is 300wsm doppe rerig?Koop mens nie maar n klomp doppe op eenslag by S&O nie?
Francois die 300wsm is potensieel meer akkuraat as die twee bogenoemde kalibers.
Om rede die kort vet dop.
Groete Armand

Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 762
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: help met keuse van kaliber
Francois B,
Ek het n 300WSM wat op n RSA enkelskoot aksie gebou is, daar is nie n manier dat ek hom ruil vir n 30-06 of n 300 Win Mag nie.
Hy het n 1 op 12 twist, ek skiet op hierdie stadium 155gr punte so net oor die 3200fps.
Die rede hoekom ek n 300WSM laat bou het, dit is iets anders as die gewone kalibers.
My 2c

Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
-
jmb
Re: help met keuse van kaliber
Die 300WSM het 'n kort aksie nodig om sy potensiaal te bereik. Hulle is nie so geredelik beskikbaar soos die standaard aksies nie. Weens die kort dik dop gaan hy ook nie so gemaklik uit die magasyn laai soos die WM nie. Jy gaan sukkel om rak ammo te kry as jou handlaai patrone opraak op Karrasburg. As jy 'n Magnum 300 wil kry en 'n geweer gaan laat bou moet jy ook nie van die 300H&H vergeet nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: help met keuse van kaliber
Die ding met die 300 H&H is dat hy 'n magnum aksie kort en die 300 WM pas in 'n standaard lengte aksie.
Na baie se lees kom ek agter dat moderne gewere se akkuraatheid bepaal word deur wie hom gebou het en jou laai resepte/metodes. Ek lees nou die dag 'n stukkie waar 'n amerikaanse geweersmid skryf hy kan 'n 30-06 bou wat baie akkurater as meeste rak 308's skiet. Die was om 'n vraag te beantwoord oor watter kaliber meer akkuraat is.
As jy nou regtig wil anders wees bou vir jou 'n 30/375 Ruger. Kry vir jou 'n 1:9 twist loop en skiet daai 240gr koeeltjies van Sierra
Om anders te wees kos geld, dit moes ek nou uitvind toe ek 'n geweer laat bou in 'n nie standaard kaliber ...

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: help met keuse van kaliber
LUDWIG IS BAIE REG..
Tist aanbeveeling en soos FM ook gese het is nie sommer net daar omdat hulle daar moet wees nie..
Ek het lekker geskrik toe ek n 75grein amax uit my kruppel250 skiet en sien dat hy op 25 meter al mooi nie n gat in die papier maak nie, maar n pragtige vertikale afdruk van die punt op die papier maak...
ek skiet toe sommer weer 3 van my ou koele en daar maak hulle mooi ronde gaatjies ---dalk vir n oombliik gedink my loop is kapoet....
amper maar nog nie
groete
Jacques Botha

Shoot straight and tell the truth!