honde en geelslange

Post Reply
oom sarel
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Wed Mar 09, 2011 8:39 am

honde en geelslange

Post by oom sarel »

ek het 'n windhond wat 'n gesprekkie met 'n geelslang gehad het.  Die slang was dood en die hond se keel het begin swel.  Gehoor jy moet die hond se oor sny - so gedoen.  die hond het oorleef - slang nie.

gevolgtrekking?? te bang om te se wat ek dink.  kon die oorsny (bloed laat) gehelp het?

ek het die raad by iemand gekry wat vas geglo het dis 'n wenner - veral as dit in die jagveld gebeur

sarel
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: honde en geelslange

Post by Cobus(Cobb) »

Sarel, check die link/post onder boerdery,boereraat......selfde ding met ore sny

Pas net op vir die SPCA, hulle sluit jou toe

Cheers, Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: honde en geelslange

Post by Francois Briedenhann »

Ek was eendag op n Oom se plaas waar n pofadder ook die hon by gekom het toe smeer die oom op die byt plek biekie petrol klink my dit trek die gif yt die hond het baie gebloei maar het reg gekom.
Danie Lombard .243

Re: honde en geelslange

Post by Danie Lombard .243 »

Maters


Ek is steeds vandag 19 Okt op my senuwees oor wat gisteraand 18 Okt hier by my op die plaas gebeur het.

As ek en Yollie stad (Bloem) toe gaan vir die dag dan los ons onse honde in die garage. Gisteraand toe ons laat tuis kom en die knoppie druk dat die garage deure oopgaan het die honde, 3 staffies-2 skaap honde en 1 vet jack russel, soos altyd ons kom groet en hallo se en praat en stert waai en al die honde goed. MAAR daar op die garage vloer le 'n dooie poffadder, in flarde gebyt, heeltemal vlenters. Selfs die kop van die poffadder is stukkend gebyt. Die ghaos in die res van die garage vertel 'n storie,  dit moes woes gegaan het in die garage. Die water kanne le rond, herlaai tafel se stoele is onderstebo, die selfveeder is om en dit is net pille, water bakke om gestamp en leeg.
Een helse f*k op.

Ek was so bekommerd oor die honde,  ek het elk bevoel en beloer, nerens kan ek 'n byt plek of swel plek kry nie.  Ek kon nie glo dat die poffadder nie die honde gebyt het nie. Die slang moes onder deur die roldeur in die garage ingekom het. Daar is so 'n klein spassie aan die onderkant van die deure as die deure toe is.

Ek is net bly ons honde is OK en die slang het sy gat gesien. Gewoontlik einig so 'n verhaal met die slang wat OK is en die honde wat hul gatte sien.

O JA!  En om alles te kroon lyk dit of die vet jack russel na die oorlog op die slang gerol het,  daar is bloed by haar skof en nek. Tiepes 'n terrier.

Danie
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 504
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: honde en geelslange

Post by Fanie Nel »

Goeie Naand Danie

Ek wil net se 'n hond wat weet van slang vang, kan 'n slang vang, so hond is enige slang se tier. Veral die jack russeks hul is meesters  met slang vang.
Groete
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: honde en geelslange

Post by Beretta »

Danie 243
Jy is baie lucky vra vir Remington wat n slang hond en haelgeweer doen.Manne dit is nie n lekker ding om te sien nie.
Beretta
Danie Lombard .243

Re: honde en geelslange

Post by Danie Lombard .243 »

Beretta

Ek stem 100% saam met jou,  ek en my vrou se harte het amper gaan staan toe ons sien dat daar 'n poffadder in die garage le. Ek het baie slang ondervinding en weet wat doen 'n poffadder byt aan 'n skaap en 'n bees.  Ek kan steeds nie glo dat nie een van die honde gebyt is nie.

Dank die Vader. Ons honde is ons enigste kinders en gee ons baie plesier en vreugde.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: honde en geelslange

Post by MEERKAT »

'n Dooie pofadder , twee gaatjies op die neusbrug, R1200.00 inspuiting en 'n halfuur  na die inspuiting soek sy net 'n nog groter pofadder, ek gee op.

Moet byse was dit 'n geelslang soos die geval met van my ander honde was sy dood.
[img]http://[/img][img width=360 height=480]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... fadder.jpg[/img]

Mooi loop
MEERKAT
User avatar
green leader
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jan 12, 2010 7:10 am

Re: honde en geelslange

Post by green leader »

More Manne ek is baie bly om te sien daar is nog mense wat, vir hul diere baie lief het. Dankie vir dit.


green leader
bsa .303
parker hale 30 06
colt .45
webley scott 7.65
aya 16 guage
anschutz .22 hornet
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: honde en geelslange

Post by DWB »

Ja pofadders is vieslike goed, het al 'n boerboel teef verloor agv daarvan, die reun het dit darem oorleef.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: honde en geelslange

Post by foxripper »

Oom Sarel,

Daai oorsny beigheid, werk! Ek het so groot geword, op die plaas het ons honde later nie meer ore gehad nie maar hul het survive.
My skaaphond het so bietjie politiek issues gehad en toe word hy gif ingegee. Die aand wat ons sy ore gesny het, het die hond net gele en kners op sy tande en hy het geen beheer oor sy maag en blaas gehad nie. Als het net uitgeloop en dit was n gemors en ek het maar afskeid geneem van die hond. Die volgende oggend toe ek by hom kom, was hy nog bietjie siekerig maar hy was op en wakker.

Ek persoonlik dink dat as n slang n kleinerige hond byt (worshond, Jack Russel, etc), gaan die oorsny nie werk nie.

By skoonpa het 'n Pitbul reun n pofadder aangevat en toe byt die slang hom onder die keel. Die slang is gou vrek gebyt gewees en die hond het n paar uur later eers begin swel. Die aand toe is die hond ook siek en ek dog toe dis verby met die Pitbul. Skoonpa wou nie gehad het ons moet ore sny nie maar glo dit of nie, daai volgende dag toe makeer daai hond niks, nie eers geswel nie. Nou wonder ek, is dit dalk omdat die slang nie ordentlik genoeg gebyt het nie of is dit Pitbull wat so taai is.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Jonk jagter

Re: honde en geelslange

Post by Jonk jagter »

ek het al 'n hond verloor vn n cobra byt,2minute was sy weg...en by ons plaas in brits het ons al 3honde verloor van n slaang.een oggend toe ons opstan was d honde bokveld toe met "foam" uit hule bekke.slaan was nerens,net spore
Jonk jagter

Re: honde en geelslange

Post by Jonk jagter »

Two step???? haha ken nie van wat oom prati
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: honde en geelslange

Post by Cobus(Cobb) »

Jonk jagter wrote: Two step???? haha ken nie van wat oom prati
Dis gif, dier kry dit in sy bek en val dood neer binne 2 steps....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Jonk jagter

Re: honde en geelslange

Post by Jonk jagter »

Ja dit was maar seker dit,drie honde verloor op n slaag is nie lekke ni
Danie Lombard .243

Re: honde en geelslange

Post by Danie Lombard .243 »

temiek of kirater = two step,  aartappel moere dip gif. Die misdadigers roep dit two steps.
Post Reply