Jakkals voerplek

Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Jakkals voerplek

Post by Eduard Venter »

Naand. Ek gan nou vir so n week op die plaas wees in die bosveld. Sal dit werk as ek in ons 50 hektaar land n vlakvark gaan gooi en die pens oopsny om tipe van n voerplek vir die jakkalse te maak dan elke aand n draai of 2 gan maak daar. Ons het al jakkalse geskiet by karkasse in die veld. Ek het 2 fluitjies om jakkalse te roep wat soos n bokkie en jakkals klink maar ek was nog nie by n kursus nie en ek wil nie die peste wild maak nie.

Groete
Chrisjan

Re: Jakkals voerplek

Post by Chrisjan »

Dit werk ja, wees net versigtig met mens reuke. As jy die vark geskiet het, sleep hom met ketting of tou om snoet soontoe. Moet nie aan hom vat en karring nie.

Of bait die vark met mielies en skiet hom op die regte plek dood. Ek stel voor jy roep nie. Sit net en wag. As hulle nie die eerste aand kom nie sal hulle wel die wind vang en kom kyk as dit begin vrot.

Groete en sterkte.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by Eduard Venter »

Dankie Chrisjan se maar ek skiet daar n jakkals(sonder silencer) sal hulle weer terugkom dieselfde aand of moet ek dan maar huis toe gaan?
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by SNIPER »

Hi Eduard

Waar in die bosveld beplan jy die voerplek.

Groete

Sniper
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by Eduard Venter »

Dwaalboom
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by Cobus(Cobb) »

My voerplek storie/s...
Eks gladnie 'n kenner nie en leer nog elke dag, maar die is my ondervinding.

1) Heelnag om karkaste van bees gewerk, 1 uit 6 jakke daar geskiet
2) 4 ure voerplek gewerk, nie oog gesien nie
3) 6 ure voerplek gewerk, 10 jakke geskiet
4) 3 ure voerplek gewerk, 2 jakke geskiet

Daar is nie vaste reel nie, jakkie sal jou altyd aan raai hou, dalk is daar 'n geheime resep vir voerplek, ek ken hom beslis nognie..

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by Eduard Venter »

Dankie cobus ek sal maar kyk hoe gaan dit maar gaan beslis elke aand n draai maak.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by Eduard Venter »

Nog een ding, as ek vanaand 2 jakkalse skiet by die voerplek sal hulle more weer na dieselfde voerplek terugkom?
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by Skolla »

Eduard Venter wrote:Nog een ding, as ek vanaand 2 jakkalse skiet by die voerplek sal hulle more weer na dieselfde voerplek terugkom?
Definitief nie dieselfde twee nie. ;D
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by Riaan Kriel »

Skolla wrote:
Eduard Venter wrote:Nog een ding, as ek vanaand 2 jakkalse skiet by die voerplek sal hulle more weer na dieselfde voerplek terugkom?
Definitief nie dieselfde twee nie. ;D
Skerp Skolla ;)

Eduard
Dalk as hulle gekwes is, maar nie maklik nie..... ++>:

Spookjakkalse - maklik, maar wil jy dan weer op hulle skiet? :): >:D :laugh:
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Jakkals voerplek

Post by Flip Nel »

Ek het nog nie dit proebeer nie maar ek onthou as kind het my Pa altyd die jakkalse vergiftig met so 'n wit poeier (weet nie wat se gif dit was nie, was in die 80s gewees) ons het baie jakkalse en wat baie goed gewerk het is om as daar wild geskiet is om die kop teen 'n boom met draad vas te maak met gif ooral in, die jakkalse sukkel om die vleis af te eet en vrek sommer daar by die kop. Ek stel asb. nie voor dat jy gif gebruik nie, maar as jy iets soorgelyk doen wat maak dat hulle nie gou dit klaar eet nie, ek kan byvoorbeeld by 'n slaghuis bene kry teen R3 p/kg, daai bene is skoon gesny maar daar is tog bietjie vleis wat hulle lok, het al 'n klomp by 'n gronddam uitgegooi, wou gaan voorsit maar dinge het voorgespring, die mense op die plaas het gese hulle kon amper nie slaap nie so het die jakkalse aangegaan.
Post Reply