Hoe om node kry

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
Dirk
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Mar 04, 2014 2:09 pm

Hoe om node kry

Post by Dirk »

Naand almal,ek hoop julle my asb help en raad gee om die node vir my 243 te kry.
Is n sako 243 met 1:10 twist
looplengte is 600mm
gevuur vormde dop volume is 52.7gr
punt is 87gr hornady vmax
Kruit S365 lot 76
TPL tot op lande is 69.30 gemeet tot op rooi tip
TPL soos gelaai 69.00 gemeet tot op rooi tip
Primers is Fiocchi
40gr gemiddeld van 3 skote was 3033fps
43gr gemiddeld van 3 skote was 3210fps
Hoop ek het al die informasie gegee wat jul sou benodig om my te help. Ek ken nie die node ding so lekker nie en wil graag leer. Baie dankie .
Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoe om node kry

Post by tripodmvr »

39.8gr S365 behoort jou baie naby aan 3018vps te kry. Hierdie spoed is jou mikpunt en is waar die node is.

By 43gr is jy oor maks druk met daardie spoed van 3210vps.

Ek wil ook raai dat jy in die lande is synde Lot 76 baie mak in ander kalibers was. Kyk of jy 'n behoorlike groep kry met 39.8gr.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dirk
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Mar 04, 2014 2:09 pm

Re: Hoe om node kry

Post by Dirk »

Baie dankie tripodmvr, sal dit gou more bietjie gaan probeer .
Ek wil net nog n vraag vra oor die 365 kruit , dink jy dit is die beste vir die 243 of moet ek ander ook probeer. Rede hoelom ek vra is dat ek met n nag oester so tydjie terug gepraat het en hy glo dat die 365 sy geweer baie laat rond skiet. en hy gebruik net 341. Is daar enige waarheid hier in?
Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoe om node kry

Post by tripodmvr »

S365 se brandtempo is baie wisselvallig die laaste ruk en dit kan die bontskiet verklaar. S341 werk ook in 243 asook S361. Nagskiet is in koeler omstandighede wat die sensitiwiteit van die balkruite aanspreek vir temperatuur veranderinge en dus akkuraatheid sal behou.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dirk
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Mar 04, 2014 2:09 pm

Re: Hoe om node kry

Post by Dirk »

Baie dankie, ek wil net gou hoor hoe gaan ek my ladings en goed moet veander as ek nie dieselfde lot no kruit kry nie.e het nou als met 76 gedoen nou kon ek vanoggend net 78 kry. Jammer as ek simppel vrae vra maar ek leer graag. Baie dankie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoe om node kry

Post by tripodmvr »

Met Lot 78 - laai 3 patrone met 37gr en skiet hulle oor chrony sodat mens weer kan kalibreer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dirk
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Mar 04, 2014 2:09 pm

Re: Hoe om node kry

Post by Dirk »

Baie dankie gaan nou probeer. Ek waardeer die hulp baie.
Post Reply