Page 1 of 1
Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 1:41 pm
by Eduard Venter
Middag. Ek gaan maandag weer plaas toe vir so n week. Ons het baie probleemdiere en ons wit brahaman kalwers loop so bietjie deur. Ons vermoed die bruin hiena is verantwoordelik vir meeste van ons kalwers wat opgevreet word en baie selde kom daar n luiperd aan. Ons het heelwat rooikatte en jakkalse wat baie rooibokke opvreet. Ystervarke is n groot probleem maar sukkel om hulle te kry en skiet selde meer as een of 2 per jaar. Wat is die beste maniere om daardie diere te beheer? Ons het 1 vanghok maar vang selde iets. Dis bosveld gebied maar daar is groot dele op die plaas wat baie oop is. Hulp sal waardeer word.
Groete
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 1:47 pm
by Eduard Venter
http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/26/387e0c3513fd787a5c801362a169e9f7.jpg
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 2:28 pm
by Riaan Kriel
Iets wat so mooi op die nek vat sonder om vreeslik te vreet.... Wat van rooikatwyfie wat kleintjies leer jag?
PM vir Geno & G-Force, hulle jag wyd, tot in jou omgewing ook as die betaling reg is

Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 2:31 pm
by Eduard Venter
Ja ons vermoed dis n rooikat hulle vang baie rooibokooie so.
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 2:33 pm
by Capt. Yoda
Sal n rooikat so groot rooibok vang?
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 2:38 pm
by Eduard Venter
Daardie rooibokram het ek die vorige middag uit die draad uit losgeknip hy was kreupel in sy agterbeen so glo n rooikat sal hom kan vang
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 2:52 pm
by G-force
Eduard as jy daai bok se vel kan afslg sal jy die byt merke kan meet en dus bepaal of dit rooikat is of dalk iets groter.Lyk wel soos kat se werk van daai een foto af.Rooikat vang maklik n rooibok ram,veral as hy n swart ram is.
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 2:55 pm
by Eduard Venter
Dankie sal volgende keer so maak hierdie een was al n ruk terug gevang
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 3:42 pm
by Dries101
Is seker nou nie jou standard 5kg rooikat nie
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Wed Nov 26, 2014 4:09 pm
by Riaan Kriel
Dries101 wrote:Is seker nou nie jou standard 5kg rooikat nie
Nee, verseker nie. Hulle is nie volop nie maar ek het al foto's gesien van 'n rooikat wat naby Mosselbaai geskiet is waar 'n ou wat so 1.8m lank is die kat onder die kieliebakke vashou met sy gesig en die kat s'n op dieselfde hoogte. Die stert en die agterpote wat afhang raak dan net-net die grond. Dit was juis 'n wyfie wat daar ook so onder groot rooibokke gevang het en die kleintjies leer jag/vang het. Hulle het die wyfie en 2 jonges bymekaar geskiet langs 'n groot rooibok wat sopas gevang was.
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Thu Nov 27, 2014 8:03 am
by Jan-Hendrik
Shoe klink of julle n helse probleem het...maak n outing daarvan oor n naweek met die regte manne aan jou sy en sort maak die probleem op die regte wyse kleiner
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Thu Nov 27, 2014 8:24 am
by Dries101
Smaak my vir daai rooikat gaan jy n halwe buffel in boom moet hang en n hide bou..... Ek wil hom sien wanneer julle hom gevang het. Sterkte
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Thu Nov 27, 2014 9:55 am
by Eduard Venter
Dankie hopelik kry ek hom gaan die hok ook stel
Re: Probleemdiere in Dwaalboom
Posted: Thu Nov 27, 2014 10:02 am
by Eduard Venter
Het so paar weke terug die grootste een wat ek nog gesien het gekwes was bietjie ver vir haelgeweer maar dit was op buurvrou se plaas(met toestemming)