.223 rem en 50gr Hornady V-max
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
.223 rem en 50gr Hornady V-max
Het enige van julle manne data vir die kombinasie?
Ek het die 50gr Nosler balistic tips baie lekker geskiet in die roer, maar hulle is nou eers op en ek het 500 van die v-maxe wat ek wil probeer.
Die noslers het ek 2 ladings geskiet net om op te werk na die 25.5gr S321 wat ek wou probeer en dit was nooit weer nodig om met die lading te speel of te lol nie. (onder 'n duim op 200m)
Dink julle ek kan dieselfde lading gebruik met die v-max?
Wat is die veilige spoed wat nie oorskry moet word nie?
Geweer is 'n Sako A1 met 23.8" loop
Winchester doppe
CCI small rifle primers
Op die Noslers het ek gelaai op 57.85mm tpl
Zero jump op die V-max sal 59.8mm wees
Ek hoor graag as julle raad het.
Dankie
Pieter

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
BS
Ek is besig met n roertjie, 223 Rem, 1-12 Walther Match loop, Remington aksie, pel gaan my n mooi kolf maak met een van die blokke hout wat ek van Boyds ingebring het. Ek wil hierdie roer met 50gr Vmax'e skiet, en as ek die groep sien wat jy met die Noslers gekry het, sien ek groot dinge kom. Ek het noggie veel ondervinding van Nosler BT nie, maar reken daar kannie te veel verskil tussen hulle en die V-max'e wees nie, ek skiet al baie jare V-Max'e en kannie veel se wat hulle al verkeerd gedoen het nie......
Mooi loop
Francois
NS. Gee AUB terugvoer soos jy aangaan met jou toets, ek het so n AI Sakotjie gehad, ek het hom so op geskiet dat sy slot letterlik uitmekaar geval het, kannie wag dat my nuwe gunnetjie klaar is nie, lanklaas met n 223 geskiet.

Hi FM,
Ek het gou vanoggend met die 223 gaan skiet nadat ek gisteraand 20 rondtes gelaai het met die 50gr v-max en my 50gr Nosler se lading.
dws:
Winchester doppe, 25.5gr S321, 50gr V-max, 58TPL
op 100m was 4 skote 14mm c-c maar die wind was sommer aan die gang en op 200m het ek skoon van die teiken afgewaai.
die CED het my weereens in die steek gelaat en ek kon hom nie kry om een van die skote te meet nie
so ek kan jou nie s? wat sy spoed is nie.
Hierdie A1 het nog BAIE lewe in hom en die plan is om nog 'n paar springbokke met hom om te dop ook die jaar.
groete
Pieter
Ek het gou vanoggend met die 223 gaan skiet nadat ek gisteraand 20 rondtes gelaai het met die 50gr v-max en my 50gr Nosler se lading.
dws:
Winchester doppe, 25.5gr S321, 50gr V-max, 58TPL
op 100m was 4 skote 14mm c-c maar die wind was sommer aan die gang en op 200m het ek skoon van die teiken afgewaai.
die CED het my weereens in die steek gelaat en ek kon hom nie kry om een van die skote te meet nie
Hierdie A1 het nog BAIE lewe in hom en die plan is om nog 'n paar springbokke met hom om te dop ook die jaar.
groete
Pieter
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
BS
Ek se steeds die beste Springbok Oes gweer is n 223'tjie, met ou weermag doppe en lekker varmint punte, soos V-max of Nosler B/T. Jy worrie nie oor die doppe nie en hy maak dood daar voor. Dink die grootste trein wt ek met my 223 geskiet het was so 23 op n streep, jy sien net wit pensies waar jy kyk, lekker man.......Ek kon 7 patrone in my AI kry en nog een inni loop.
Daai 14mm c-c is sommer klaar mooi, sonder wind gaan hy mooi gooi.

My gun is kla, ek het nie tyd gehad om patrone te laai nie, het n pakkie weermag ammo se koeels getrek en die helfte 40gr V-max koeels ingesit en die ander helfte 50gr Nosler B/T koeels..........
Hulle geskiet in baie sterk wind, en die 40gr het baie goed gedoen, teen amper 3700ft/sec het hulle drie in 7mm geskiet op 100m, die 50gr eht swakket gevaar, maar ek reken die lading op hulle is n bietjie hoog, primers was baie plat, gemiddelde spoed was 3550ft/sec, die gate is op n horisontale lyn, en ek reken dis maar die wind wat gepla het, drie in 15mm, ek sal weer hierdie speod met helaai ladings probeer dupliseer en dan weer skiet, die 20X Zeiss scopie kyk lekker en die groepskiet ding is sommer lekker werk.....
Ek sal meer terugvoer gee, sodra ek nog geskiet het....

FM,
Ek het daardie roer van jou so bekyk en hy lyk sommer op die oog of hy wil gooi!
Ek het 'n ander CED by Safari gekry terwyl myne weggestuur is vir herstel en wil een dag die week 'n baan dag maak om weer 'n paar ladings te toets.
Sal laat weet hoe die resultate lyk.
Jy toets 40gr en 50Gr, wat is jou aanwending vir die koe?ls? Het jy al die Nosler Shots gebruik, en wat dink jy van hulle?
hoekom nie ook 55gr soos soveel van die ander 223 manne nie?
Ek het onlangs ook 'n 22 hornet en 222 aangeskaf en moet hulle darrem ook tot hulle reg laat kom.
Groete

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Pieterbaboonstalker wrote: Het jy al die Nosler Shots gebruik, en wat dink jy van hulle?
Ek hou nogals van die punte
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
BS
Ek het die SHOTS in die shop gesien, maar nog nooit geskiet nie.
My loop is n 1/12 twist, en behoort beter met die ligter punte te doen, grootste aanwending sal maar Springbok oes, en so nou en dan n Jakkals wees, waar die afstand nie te ver sal wees nie, ek het laasjaar met n 6mmBR probeer oes, en kon gladnie regkom met die bewegende skote nie, terwyl ek goed gedoen het met die 22-250 en 204 Ruger op die stap en draf skootjies, nou is ek maar baie allergies vir n gun wat minder as so 3500ft/sec skiet, eintlik 3600 maar dit lyk nie of die 50gr punte dit gaan maak nie. Sal lading moet uitwerk en sien waar die 50gr's wil groep.....
Mooi loop
Francois
Ek het die SHOTS in die shop gesien, maar nog nooit geskiet nie.
My loop is n 1/12 twist, en behoort beter met die ligter punte te doen, grootste aanwending sal maar Springbok oes, en so nou en dan n Jakkals wees, waar die afstand nie te ver sal wees nie, ek het laasjaar met n 6mmBR probeer oes, en kon gladnie regkom met die bewegende skote nie, terwyl ek goed gedoen het met die 22-250 en 204 Ruger op die stap en draf skootjies, nou is ek maar baie allergies vir n gun wat minder as so 3500ft/sec skiet, eintlik 3600 maar dit lyk nie of die 50gr punte dit gaan maak nie. Sal lading moet uitwerk en sien waar die 50gr's wil groep.....
Mooi loop
Francois
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
FM,
Ek het sommer vanoggend hier in die "agterplaas" geskiet en kon darrem die keer die spoed meet.
Met 25.5gr S321 onder die 50gr V-max meet ek 3171fps
As daar iemand tuis is wat die Node kan uitwerk sal ek graag wil hoor waar (spoed) om hom op te soek vir die geweer met die volgende komponente:
Winchester doppe
31.1gr water kapasiteit
PMP small rifle primer
S321, 25.5 gr vir 3171fps
Hornady Vmax 50gr
TPL 58mm
Geweer is sako A1 met 600mm loop (23.62")
Adios Amigos
P

-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Ola Pieter
Ek het vinnig die sommetjies gemaak en hier is jou nodes.
3156ft/sek 25,8gr 37000psi
3341ft/sek 27,2gr 44000psi
3661ft/sek 29,6gr 58000psi
Daai laaste een se dopfulling is hoog en dalk nie die beste met balkruit nie maar jy kan hom probeer mits hy nie jou koeel uitdruk nadat jy hom geseat het nie. Indien jy hom met n CCI450 primer kan skiet kan jy jou lading verminder om sodoende by jou spoed uit te kom sonder te veel kompaktering.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Dankie Wouter,
Wat is Pmax op die 223?
edit...
Het gou ge google en PMAX is blykbaar 55 000psi, so ek sal maar in die "bekruip mode" ingaan voor ek daardie laaste lading se rigting inslaan!

Last edited by baboonstalker on Thu Apr 28, 2011 2:40 pm, edited 1 time in total.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Pieta
55 000psi op 223 AI maar jy kan veilig gaan na 58 000psi. Die 223 se CIP is 62 366 op die 223 Rem en SAAMI sin is 55 000psi en die weermag skiet hom nog hoer as CIP.
Meskien is daai middelste een wat ek jou gegee het net die medisyne vir Sannie. Jou jump is so bietjie groot so jou node kan so 15-20ft/sek onder die spoed wees wat ek jou gegee het. Kyk maar.
Groetnis
Wouter
55 000psi op 223 AI maar jy kan veilig gaan na 58 000psi. Die 223 se CIP is 62 366 op die 223 Rem en SAAMI sin is 55 000psi en die weermag skiet hom nog hoer as CIP.
Meskien is daai middelste een wat ek jou gegee het net die medisyne vir Sannie. Jou jump is so bietjie groot so jou node kan so 15-20ft/sek onder die spoed wees wat ek jou gegee het. Kyk maar.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
BS
Ek gebruik 26gr S321, Winchester dop, CCI450 en 50gr Blitzkings en met n dun loop ruger en hy skiet Baie mooi.
Wouter so van die os op die jas, wat behoort my spoed te wees met die resep? Dankie. TPL is 57.3mm
Groete
Ek gebruik 26gr S321, Winchester dop, CCI450 en 50gr Blitzkings en met n dun loop ruger en hy skiet Baie mooi.
Wouter so van die os op die jas, wat behoort my spoed te wees met die resep? Dankie. TPL is 57.3mm
Groete
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Wouter,
Wil jy nie asseblief weer die data nagaan nie?
Ek het as volg gelaai om by al die nodes te kan toets en het vanmiddag van die toets ladings geskiet net om veiligheid te bevestig.
Ek het reeds vroeg (28.0gr)druktekens begin kry deur cratering rondon die firing pin en slot wat moeilik oopmaak, asook die kenmerkende skaafmerke agter op die dop.
Ek kon maklik al die ladings in die dop kon kry sonder dat dit lyk of ek noemenswaardig hoef saam te pers.
25.8 x5
26.5 x1
27.2 x5
27.6 x1
28.0 x1
28.4 x1
28.8 x1
29.2 x1
29.4 x1
29.6 x5
29.8 x1 (net om seker te maak ek is veilig as dit warm raak)
Net weer ter bevestiging:
Standaard 223 remington
Winchester doppe
31.1gr water kapasiteit
PMP small rifle primer
S321, 25.5 gr vir 3171fps
Hornady Vmax 50gr
TPL 58mm
Geweer is sako A1 met 600mm loop (23.62")
Dankie
Pieter
Wil jy nie asseblief weer die data nagaan nie?
Ek het as volg gelaai om by al die nodes te kan toets en het vanmiddag van die toets ladings geskiet net om veiligheid te bevestig.
Ek het reeds vroeg (28.0gr)druktekens begin kry deur cratering rondon die firing pin en slot wat moeilik oopmaak, asook die kenmerkende skaafmerke agter op die dop.
Ek kon maklik al die ladings in die dop kon kry sonder dat dit lyk of ek noemenswaardig hoef saam te pers.
25.8 x5
26.5 x1
27.2 x5
27.6 x1
28.0 x1
28.4 x1
28.8 x1
29.2 x1
29.4 x1
29.6 x5
29.8 x1 (net om seker te maak ek is veilig as dit warm raak)
Net weer ter bevestiging:
Standaard 223 remington
Winchester doppe
31.1gr water kapasiteit
PMP small rifle primer
S321, 25.5 gr vir 3171fps
Hornady Vmax 50gr
TPL 58mm
Geweer is sako A1 met 600mm loop (23.62")
Dankie
Pieter
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Pieter,
Wat is jou koeel se jump? Of is hy teen die groewe?
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Hi Geno,
Jammer ek vat so lank met die antwoord, maar om die regte antwoord te kan gee moet 'n man eers die regte tool maak....

My jump is 'n laaaang 2.2mm en behoort nie die oorsaak te wees van die hoe? druk nie.
[img width=560 height=420]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 0-1745.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 0-1746.jpg[/img]
Jammer ek vat so lank met die antwoord, maar om die regte antwoord te kan gee moet 'n man eers die regte tool maak....
My jump is 'n laaaang 2.2mm en behoort nie die oorsaak te wees van die hoe? druk nie.
[img width=560 height=420]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 0-1745.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 0-1746.jpg[/img]
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
BS
Hier is my probeerslag van gister.......
Ek gebruik PMP doppe
CCI 400 Slagdoppe
40gr V-Max en
50gr Nosler B/T.
MR 100 kruit, lot 64, wat al 18/05/1983 gemaak is.....ek het redelik hiervan en moet dit eers opgebruik........
TPL 40gr V-max is 56.8mm
TPL 50gr Nosler B/T is 58,1mm, dan is altwee ongeveer .5mm van die groewe......
[img width=560 height=420]http://i729.photobucket.com/albums/ww29 ... CF1415.jpg[/img]
25gr kruit, 3485 ft/sec 1ste skoot was met n spik splinter skoon loop.
[img width=560 height=420]http://i729.photobucket.com/albums/ww29 ... CF1412.jpg[/img]
25.5gr kruit, 3525 ft/sec Hier is 4 skote in die groeppie.
[img width=560 height=420]http://i729.photobucket.com/albums/ww29 ... CF1414.jpg[/img]
Hierdie is n groep wat met mil surp ammo, net die koeels vervang met 50gr Nosler B/T 3539,3536,3549 Ft/sec, op die stadium kry ek baie minder spoed variasies met hierdie patrone as waat ek met my handladings kry.....
[img width=560 height=420]http://i729.photobucket.com/albums/ww29 ... CF1413.jpg[/img]
Hierdie is selle as bo, koeels was net 40gr V-max'e, 3661,3666,3698 ft/sec. Die gemerkte gaaitjie was die mikpunt......
Ek kon nie die 40gr reloads kry om aanvaarbaar te skiet nie, en gaan Maandag weer baan toe, sal weer opsit hoe dit gegaan het, ek moet miskien maar van die 40gr vergeet en net op die 50gr konsentreer.......

Pieter, dis vreemd dat jy sulke hoe druk het met daai jump. Ek het ook baie hoe druk met my 25-06 gekry, 7000psi oor max, amper groot moeilikheid gehad...
Goed, beter, 6millimeter!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Hallo Pieter
Dit sal jou nou wys ne. Ek was onder die indruk jou geweer is n AI en nie standaard nie! Jou dopkapasiteit is die van n AI. Ek het as jy kyk met die antwoord van jou vraag oor die druk gewerk op AI se gegewens en toe jy my nie reggehelp het nie dit so aanvaar dat jy een het. Wys jou maar net weer van "assumption is the mother........"!
Nou goed kom ons werk die keer op 223 STANDAARD!
Ek gaan nie vir jou die hoeveelheid kryt bysit nie net die spoed wat jy moet beryk. Piet my ondervinding met die node storie is dat indien die sprong na die groewe groter raak as die standaard wat in die 223 se geval 0.5mm is dan kom die spoed af waar jy jou node slaan teenoor die aangegewe spoed van die node. Maw as ek vir jou n node gee van bv 3000ft/sek dan slaan jy hom dalk op 2980ft/sek. Ek hoop jy verstaan.
3163ft/sek moontlik 3140ft/sek in jou geweer
3370ft/sek moontlik 3350ft/sek in jou geweer
Kyk maar tog of jy nie n magnum primer(CCI450) in die hande kan kry nie en hom ook te toets nie.
Het jy enige spoed en groepering gekyk met daai skote van jou?
Groetnis
Wout
Dit sal jou nou wys ne. Ek was onder die indruk jou geweer is n AI en nie standaard nie! Jou dopkapasiteit is die van n AI. Ek het as jy kyk met die antwoord van jou vraag oor die druk gewerk op AI se gegewens en toe jy my nie reggehelp het nie dit so aanvaar dat jy een het. Wys jou maar net weer van "assumption is the mother........"!
Nou goed kom ons werk die keer op 223 STANDAARD!
Ek gaan nie vir jou die hoeveelheid kryt bysit nie net die spoed wat jy moet beryk. Piet my ondervinding met die node storie is dat indien die sprong na die groewe groter raak as die standaard wat in die 223 se geval 0.5mm is dan kom die spoed af waar jy jou node slaan teenoor die aangegewe spoed van die node. Maw as ek vir jou n node gee van bv 3000ft/sek dan slaan jy hom dalk op 2980ft/sek. Ek hoop jy verstaan.
3163ft/sek moontlik 3140ft/sek in jou geweer
3370ft/sek moontlik 3350ft/sek in jou geweer
Kyk maar tog of jy nie n magnum primer(CCI450) in die hande kan kry nie en hom ook te toets nie.
Het jy enige spoed en groepering gekyk met daai skote van jou?
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: .223 rem en 50gr Hornady V-max
Hi Wouter,
Ek het die AI gesien toe ek weer na jou post kyk, maar omdat ek selfs 29.8gr sonder moeite in die dop kon inpas wou ek maar glo dit is net 'n typo gewees.
Ongelukkig kon ek net lesings op die eerste groep van 25.8gr kry. Hulle het geloop teen 3150 gemiddeld, maar met 'n ES van 51 oor die 3 skote wat die chrony opgetel het. Op die teiken was die prentjie nie mooi nie, maar ek het ook agtergekom dat die kop van een van die teleskoop monteerstukke se boonste skroefies afgebreek het, so ek moet eers daar regmaak voor ek verder gaan.
As die dopvolume gelyk is aan die van die .223 AI, behoort hy dan nie min of meer soortgelyk as die 223 AI te vaar wat ladings betref nie?
Behalwe vir 'n hoe?r as normale dopvolume lyk dit ook of ek 'n langer as normale vryboor op die geweer het.

Ja sort eers daai mounts uit dan kyk jy weer. Ek persoonlik verkies gewoonlik die hoer nodes en vind dat die ES gewoonlik kleiner raak op die hoer druk. Ja jou dopkapasiteit is hoog vir die 223 en basies dieselfde as die AI. Ja jou vryboor is lank. Kan jy nie nog n bietjie verder seat nie of beperk jou magesynkas dit.