Jakkalse met kleintjies

Post Reply
Philip Crous
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Jun 01, 2013 12:25 pm

Jakkalse met kleintjies

Post by Philip Crous »

Ek soek graag raad asb, ek het nog nooit jakkalse gaan roep waar daar kleintjies ook by is nie. My buurman het gevra of ek hom sal help, hy het laasweek donderdag n kleintjie in n yster gevang. Hoe sal julle ervare manne die situasie benader.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jakkalse met kleintjies

Post by Cobus(Cobb) »

Phil, hallo, waar in die wereld is jy...??Met alle respek gese weet ek nie of jy jou buurman gaan help of met meer skade(slimmer jakkalse en hulle kleintjies) gaan los nie.
Ek het noggie jou profiel of ander posts gaan lees nie so ken jou nie, dalk is jy 'n bobaas jakkals jagter, dan vra ek byvoorbaat om verskoning.
My advies sal wees om die duisende info op die forum te bestudeer en dalk 'n jagter in jou omgewing te kontak.
As iets verkeerd gaan en jy los 'n jak in die veld slimmer as voorheen, gaan jou buurman nie gelukkig wees nie. Dalk doen julle dit saam-saam met 'n klippe en coke Saterdag aand, dan is als olraait, maar as dit 'n saak van erns is, kry die regte plumber vir die plumbing job.

net my 5c
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jakkalse met kleintjies

Post by cassie_calvinia »

los maar, en bel vir taffie mulder om te komjag!
prober by 'n kursus uitkom.
ek was ook waar jy was, en 4 jaar later kry ek nog swaar agv die stront wat ek aangejaag het.
pasop, vlekkie is niemand se speelmaat
HOU HOM DAAI DIKTE
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Jakkalse met kleintjies

Post by Dewitt »

Philip, ek het so paar weke gelede dieselfde geval gehad. Werker het een kleintjie in yster gevang naby nes en die res het onmiddelik pad gegee. My pogings van voorsit by nes voor sonuit het ook niks opgelewer. Ek sou voorstel dat julle ysters probeer in daardie area waar die een gevang is. Die kleintjies het 'n manier om rond te dwaal en ons het 'n week later nog twee naby die nes gebied gevang. Ongelukkig kon ek nie die grotes kry en jy kan nie met 'n voertuig binne 3km van die plek af kom nie. Dis maar sommer my ondervinding gewees, dalk kry jy nog hulp.

Groete
Dewitt
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Jakkalse met kleintjies

Post by 2vierniks »

Philip Crous, julle speel met vuur! Hierdie is die ideale geleentheid om die All Blacks(jakkies) te klop. As julle te lig in die broek is gaan die All Blacks julle vir die volgende 3 jaar afstof! Julle moet nou 'n intelligente besluit neem, anders gaan julle seerkry.

Ek het hulp ingeroep en die naweek 'n teef, 6 jonges en nog 'n reun in 'n ander gebied laat val. Nog 2 jakkalse het weggekom sonder dat op hulle geskiet was, maar ons het nog 'n kans op hulle. Ek gaan nie eers op hierdie post die klanke noem wat hulle laat vou het nie.

Dink mooi ou maat...
Philip Crous
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Jun 01, 2013 12:25 pm

Re: Jakkalse met kleintjies

Post by Philip Crous »

Ek het nou so paar manne om te antwoord, Cobus ek is in kamieskroon se wereld in die noord kaap. Ek het al n kursus bygewoon en lees op die forum bietjie wat julle manne doen, maar soos die een man my geantwoord het, ons speel met vuur of los dalk die jakkalse slimmer as wat hulle was. Dit is waarvoor ek bang is, dus is dit wat ek maar raad vra ek is maar altyd bang jan as dooie jan veral as dit nog op n ander man se grond ook is. Ek het darem al n paar ongediertes laat val, maar dit maak my nie n jakkals jagter nie, ek jag maar op my eie grond so ek gee my nie uit as n jagter nie maar het al n paar manne uit die noot kon help. Maar soos ek gese het, ek is bietjie vas met die kleintjies.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Jakkalse met kleintjies

Post by 2vierniks »

Maak seker dat daai jakkalse die ewigheid ingaan terwyl hulle nog skietbaar is. Met die tyd sal daar weer dom en jong jakkalse rondloop veral vanaf januarie wat jy makliker self kan skiet. As jy die geleentheid het om naby 'n nes te werk moet julle reg werk. Ek dink die teef het daai kleintjies in elk geval klaar geskuif met die yster wat die kleintjie gevang het. Soek haar nuwe blyplek, maar onthou as julle die nuwe nes kry moet julle vinnig die regte ding doen, want sy is klaar wakker. Kyk op die forum by teelgat hantering en kry 'n ou om te help wat teelgathantering ken om jou te help. Miskien kry jy haar maklik dood, maar ek dink sy is reeds wakker en julle gaan julle storie moet ken om haar te skiet. Ek sou nie met ysters rondom die gate werskaf nie.
Philip Crous
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Jun 01, 2013 12:25 pm

Re: Jakkalse met kleintjies

Post by Philip Crous »

Dankie vir jou hulp ek sal so bietjie gaan oplees oor teelgathantering. Sjoe dis nogal n lang woord. Ek en die buurman sal die probleem so goed moontlik probeer benader.
Post Reply