Hoe gemaak met pit merke in Lee Engfield loop?

Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Hoe gemaak met pit merke in Lee Engfield loop?

Post by Armand Steenkamp »

Dagse manne,
Ek soek bietjie raad. Ek het n Long Lee Engfield geskenk gekry wat glo nog net 10 skote geskiet het.Ek glo maar die was weermag rondtes en hy was daarna nog nooit weer skoongemaak nie. Toe ek laas deur die loop gekyk het was hy maar rooi van die roes , so ek reken hy sal vol pit merke wees.
Hoe maak ek nou? My lisensie is glo by oorweging. Ekt al gehoor n man kan die loop lap met JB Bore paste? Enige ander idees?

Groetnis
Bielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm

Re: Hoe gemaak met pit merke in Lee Engfield loop?

Post by Bielie »

As die loop regtig lelik "ge pit"is is daar nie veel wat jy kan doen as om loop te vervang nie? Begin met anti rust te spuit en werk goed met borsels en skoon maak middels.Gee loop goed olie en laat staan vir so dag.Herhaal skoonmaak en verwyder alle olie. Gooi so paar skote deur loop om te sien wat doen die man.Maak dan weer goed skoot en kyk hoe lyk die loop dan.Hopelik was die roes net oppervlakkig?
Last edited by Bielie on Sat Nov 08, 2014 4:59 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Hoe gemaak met pit merke in Lee Engfield loop?

Post by Flip Nel »

Maak hom eers mooi skoon en kyk wat doen hy, dis nie te se pitting sal hom onakuraat maak nie, hy mag dalk vinnig coper aanslaan.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Hoe gemaak met pit merke in Lee Engfield loop?

Post by Armand Steenkamp »

Nou die ander ding.... Wanneer weet jy as hy te veel gepit is? So dat dit nie meer veilig is nie? As hy niks van gropering wil weet nie sal ek maar aant soek raak vir n oorspronklike loop teen n goeie prys(as mens nog so iets kry)

Groetnis
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Hoe gemaak met pit merke in Lee Engfield loop?

Post by Flip Nel »

Armand Steenkamp wrote:Nou die ander ding.... Wanneer weet jy as hy te veel gepit is? So dat dit nie meer veilig is nie? As hy niks van gropering wil weet nie sal ek maar aant soek raak vir n oorspronklike loop teen n goeie prys(as mens nog so iets kry)

Groetnis
En neem aan as hy soos 'n rasper lyk dan is hy nie meer veilig nie. >:D
Bielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm

Re: Hoe gemaak met pit merke in Lee Engfield loop?

Post by Bielie »

Erg "pitting" sal jy duidelik in die loop kan sien as eers skoon is.Amper soos kraters op die maan? :o Maar moet nou nie stress nie ek dink daai loop sal nog mooi skiet na mooi skoon maak.My een swaer se 303 het ook bietjie pitting in die loop en hy skiet nog steeds met hom so en nogal goeie groepe.So moet nie vir bob agter die berg gaan haal nie! :): ;D
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Hoe gemaak met pit merke in Lee Engfield loop?

Post by Armand Steenkamp »

Ja , kom ons hyk maar as ek die roer het. Kan nou niks daaraan maak nie. Dankie vir die raad manne.

Groetnis
Post Reply