Ek was bitter lank laas hier om messe te wys, vir 'n klomp redes wat ek nie nou wil herleef nie, maar ek het tog gedink om van die laastes klompie maande se werk met julle te deel..
Verskoning vir die klein fotos, dit lyk my die gebruik van BBCodes het verander en ek kan nie groter fotos van Photobucket aflaai nie?
Hierdie ou noem ek my "Gentlemens Folder"
Die eerste een het 'n 78mm lem van 2.4mm dink 12c27, "liners" is van swart g10 micarta, "bolsters" ook en die handvatsel is van 'n materiaal genaamd C-tek. Satyn afwerking op die lem
https://lh3.googleusercontent.com/kD-L8AvCcMf198wD4Jn2ZZSCdhpTzIe0PLMhJL5qNkE=w295-h221-p-nohttps://lh4.googleusercontent.com/okDqPcSHAFyP9Jm0zV7i9FoJJ78jjEUSdjhaq1ynj50=w295-h221-p-nohttps://lh6.googleusercontent.com/gRVW41uqwi6uN-w0o54R_-jU3dwFaQLNJX3A8oC6Kzk=w295-h221-p-no
Sy maat het ook 'n 78mm lem, met geel g10 liners, koolstof vesel bolsters en c-tek handvatsel - die keer is die lem 'n spieel afwerking gegee:
https://lh4.googleusercontent.com/ph_8gzKP57cHSGp4KFhDjp4zX28YVqEdKb27VewTUYI=w295-h221-p-nohttps://lh6.googleusercontent.com/LB_cj1S6DuImr2pVdZpcPQwW9N_ye0GjxR4jXSKWWn0=w295-h221-p-nohttps://lh3.googleusercontent.com/Dhmjfae80IqBaIeWJl3URr_iY4gcgz-9-Ci_gTXuqN0=w295-h221-p-no
Dan hulle bietjie groter boetie - sy lem is 90mm, van 3.25mm N690 met 'n spieel afwerking, liners is vlekvrye staal, bolsters is swart g10 en die handvatsel is esdoring:
https://lh4.googleusercontent.com/8rehBCn0SY1zNe8fXunxmeRzSw59L6opqOwHHohirh4=w295-h221-p-nohttps://lh6.googleusercontent.com/xJOQaYXDxcfFbX0G_HJDbfo8fBoXhA5mcaoVWjDSv1Q=w295-h221-p-nohttps://lh4.googleusercontent.com/hXrQJc4ix3XDBxYFPoex3Svd-m6w9jdEpvEi8-KgJHQ=w295-h221-p-no
Dan ietsie heel anders - 'n "friction folder" - soos die Romeine en Vikings hulle knipmesse gemaak het - geen veer, die stertjie op die lem hou die lem stewig in die hand, en die groefie vir die vinger keer verder dat die lem kan toe maak sou die stertjie om een of ander rede onder die hand uit gly. Die outjie is klien, met 'n 2" lem. Staal is 3.25mm N690, liners is brass, handvatsels is "Lightning strike carbon fiber", die agterste pas stuk is swart g10 en die knip is van brons
https://lh6.googleusercontent.com/MfIW5raH3AuwhKH5R8c0G-HfBCR8_IyFYqpYA7ypYek=w295-h221-p-nohttps://lh6.googleusercontent.com/yhZRG2vTu1pxztcEGDZHr86eUYcVYv8OYas9hSi8LBY=w295-h221-p-nohttps://lh3.googleusercontent.com/0Sn6nMfWT5lHM0oWKZFd25hxUEm-pfJJMMKC9_DFunc=w295-h221-p-nohttps://lh4.googleusercontent.com/VtDz3PM6m2j7EAPPD7aCgBnu-qoM6LDO3tvE2Gg54jA=w295-h221-p-nohttps://lh3.googleusercontent.com/d-IwjdtpZIRPkbeFdW3MY2MSfsBOg3If4HNloDMfRz8=w295-h221-p-nohttps://lh5.googleusercontent.com/C3JCVoYA7YGs1KxPO9clIghivpbsEtFUwW0zFB7F4I0=w295-h221-p-no
Moet nou eers hardloop - die narre by Eskom het alweer nat steenkool by hulle boeties gekoop....ons load shed tot half 1....
Ietsie uit die Karoo - deel I
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Ietsie uit die Karoo - deel I
Dit is iets besonders. Ek sou graag vir die res van my lewe net sulke messe gebruik.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Ietsie uit die Karoo - deel I
Het jy van die friction folders in carbonfibre te koop? Wat kos hy?
Groete
Nico
Groete
Nico
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Ietsie uit die Karoo - deel I
Dankie manne, ek waardeer die goeie kommentaar. Nico, ongelukkig het ek nie van die carbon fiber in voorraad nie - ek wag nou al 3 maande vir my materiaal van Amerika af, die narre by Eskom se nefies by die Poskantoor staak mos. Daai outjie, met die knip, het ek op bestelling gemaak vir 'n ou in Engeland en hy't gegaan vir R2200, posgeld en kostes ingesluit, so hier sal hy verkoop vir so R1800.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Ietsie uit die Karoo - deel I
Laat weet maar as jy carbon fibre kry!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Ietsie uit die Karoo - deel I
Willem se messe is tops! Gebruik myne nogsteeds!
Nico, ek het nog laas jou Cruiser se wiele met hom oop gegrou
Nico, ek het nog laas jou Cruiser se wiele met hom oop gegrou
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Ietsie uit die Karoo - deel I
Ek sal, dankie Nico. Dankie Deon - ek is bly om te hoor die mes werk en lewer goeie diens - dis hoekom ek hulle maak
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Ietsie uit die Karoo - deel I
Wow maat voorwwar baie mooi - bly die goga is agter die rug en dat jy nou weer hier is
