Het gedink om sommer te deel vir die interessantheid - hoe mooi die koeël perform het.
Kaliber: 308 - 150gr. Partition @ 2800f/ps - Afstand: 210 meter - Eland.
Ek het die voorreg gehad om laas week gou vir 'n dagjag te gaan en op die lysie was net 1 spesie - Eland.
Ek is die oggend so 04:30 hier uit met 'n selfgemaakte toebroodjie en selfgebroude Stanley fles koffie (want mammas frons vir pappas wat op Maandae oggende moet gaan jag) en die plan was om so 6 uur in die veld te wees voor die kwaaiste hitte.
Ons het net in die veld ingery, toe kom daar 'n mis vlaag oor en met 'n sigsbeperking van so 150 meter, besluit ons toe maar om 'n worsie te braai om die tyd te verwyl - lekker ding om te doen 06:30 op 'n Maandag oggend. Die gesprek lei toe sommer ook vinnig na die hoeveelheid Geelslange en Pofadders wat daagliks gesien word en ek besluit toe vandag byt ek terug as daar moeiligheid kom.
Ek dink hier by 08:30 het die mis gelig en kon ons begin jag. Daar is 'n trop van so 120 tot 160 Elande op die plaas. Ek het laas jaar een uit dieselfde trop geskiet en dit was 'n belewenis om midde so klomp Elande te wees. Ek wou dit weer doen op die oggend. Ek het geweet dit gaan nie maklik wees, want om binne skietafstand te kom met so baie oë en ore is maar 'n storie.
Na so uur se rondry kon ons die trop opspoor, so 700m/800m weg. Deur die verkykers kon ons sien party het gelê, party het gewei en ander het rondgemaal.
Die eerste "battle" was gewen, maar hoe nou gemaak - daar was nie veel in die vorm van bome, bulte ens. vir 'n goeie bekruip plan nie. Daar was geen manier om binne skietafstand van die trop te kom nie, maar ten minste het ons nou geweet waar hulle was.
Ons besluit toe om maar so laag en stadig moontlik grond op te maak, met die hoop dat wanneer hulle ons uiteindelik sou sien - die trop dalk bietjie sou split of beweeg na 'n area met bietjie meer randjies, koppies en bome.
Wat gevolg het was 'n paar uur in 'n al kwaaier son, sandveld wat 'n man se kuite eet en 'n dwarrelende wind wat ons 'n paar keer ge"bust" het, nes ons binne bereik kon kruip en soms leopardcrawl.
Ek dink ons was 5 minute weg van tou opgooi - a.g.v die dwarrelende wind en hitte toe ons om 'n bos stap en 'n Eland so 500m in die pad af gewaar. Hier was 'n kans. Die bosse langs die pad was ruig en ons sou ongesiens binne 250m kon kom en 'n lê skoot van die Harris Bi-pod in die pad af het soos 'n aanloklike proposisie geklink. Ons moes net kophou. Ons het so 50m vir 50m gekruip, dan vinnig geloer wat die afstand was en of die Elande nog daar was. Toe ons so by 300m kom het ek geweet die ding is aan en het daardie gevoel wat ons laat jag hier in my binneste kom lê. Ek dink almal ken daardie gevoel.
250meter, 230meter en die Elande wei rustig. So 20 meter vorentoe is daar 'n effense walletjie en ek fluister vir my "ph" -"dis hy daai".
Stadig kruip ons vorentoe en by die walletjie rol ek in die pad in. Daar is nou Elande orals op 200m/220m. Ek moet net wag dat een - jong bul of koei - mooi dwars(en oop) gaan staan.
Hulle het nie 'n benul van my teenwoordigheid nie en vir 'n paar sekondes kan ek die ou reuse deur my scope bewonder.
Toe gaan steek sy vas, dwars, effens quartering away. My 308 is gezero op 200meter en ek weet ek kan net doodvat, laag agter die blad wat so meter bo my is in die lê posisie.
Stadig uitasem.... die skoot loop. Weergalm vanaf die bosse langs die pad. Elande orals.
Ek lê en wag seker 'n goeie 2 tot 3 minute voordat die laaste Eland oor die pad is.
"Dit het goed gevoel en klink" sê ek vir my "ph".
"Jip, daai is baie vas - haar reaksie was textbook" reken hy. "Kom ons wag so 10 tot 15 minute".
Ons merk toe mooi die bos waarvan af ons geskiet het, sodat ons 210m verder kan terug "range" om die plek te kry.
Op die plek aangekom waar sy gestaan het is dit chaos - wegspring spore orals en geen teken van bloed. Sy is met haar eerste sprong uit die pad uit, in die digte bosse in.
Ooo shit, dink ek. Vandag verloor ons 'n dooie bok. Daar is net geen teken van presies waar sy gespring het nie, maar ek het geweet as die skoot reg was, waar ek gemik het - is sy binne 40/50 meter van die pad.
Na so 20 minute se "grids" loop - kry ons haar toe darem morsdood, so 30 meter van die pad.
Toe is dit al sommer lekker warm en 2 yskoue biere het gaan kennis maak met die Stanley fles koffie. (Ek het die biere ook self ingepak).
Eindresultaat was 'n top derde hartskoot, wat baie skade aan die hart gemaak het, met basies zero vleisskade.
Ingangswond:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/DSC06409_zps06099728.jpg
Uitgangswond:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/DSC06408_zps017b0238.jpg
Uitgangswond:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/DSC06411_zps0cc3970d.jpg
150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
Last edited by GreyGhostGear on Thu Oct 30, 2014 3:10 pm, edited 3 times in total.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
Netjies waar het jy gejag as ek mag vra?
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: 150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
Lekker man. Mooi vertel. Geniet die steaks en biltong 
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: 150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
great ondervinding
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: 150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
Weskus Ruaan.ruaanb wrote:Netjies waar het jy gejag as ek mag vra?
- ThinusD
- Full Member

- Posts: 167
- Joined: Fri Aug 01, 2014 2:27 pm
Re: 150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
Ek moet eerlik wees....
Ek het jou storie wragties baie geniet.
Een manier om n man se dag te eindig by die werk en dit is met n Puik Jag verhaal.
Baie Geluk!
Groete
Ek het jou storie wragties baie geniet.
Een manier om n man se dag te eindig by die werk en dit is met n Puik Jag verhaal.
Baie Geluk!
Groete
Groete
Thinus Diedericks
308 MUSGRAVE, .270WIN IRIS
[i]"We would accomplish many more things if we did not think of them as Impossible"[/i]
Thinus Diedericks
308 MUSGRAVE, .270WIN IRIS
[i]"We would accomplish many more things if we did not think of them as Impossible"[/i]
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
Netjies Petrie. Mooi storie ook en n lekker gevoel!!! So n scope kyk darem mooi.... Buffelsfontein?
Groetnis
Groetnis
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
Baie geluk, mooi eland dankie vir die storie
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: 150gr. Nosler Partition maak mooi op Eland.
Petrie,dis alles jou skuld dat ek laat gery het by die werk,ek moes eers jou storie klaar gelees het.
Julle manne wat die tyd van die jaar skiet maak my skoon lus.goed gedoen.
Wat het sy toe geweeg?Eland vleis is verseker fantastiese vleis.
Julle manne wat die tyd van die jaar skiet maak my skoon lus.goed gedoen.
Wat het sy toe geweeg?Eland vleis is verseker fantastiese vleis.
