Remington 770 grendel uitmekaar maak

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Remington 770 grendel uitmekaar maak

Post by Frikjordaan »

Alweer verleê.

Vanmiddag daag hier 'n jongman op met 'n Remington 770 in 270 Win caliber

Hy klae dat die doppe vassit en in die proses van sukkel toe breek die handgreep los

Kan iemand dalk kortliks vertel hoe maak mens die grendel (bolt) uitmekaar?

Dit lyk vir my asof die grendelgreep ge-silwer soldeer was, en wonder of mens dit van binne kan sweis of moet dit weer silwersoldeer word? Het gas moet dan net die stafies en flux kry.

Ek het probeer om You Tube te kyk maar my parrafien internet wil nie saamspeel nie.

Raad sal waardeer word!
Baie dankie
Frik
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Remington 770 grendel uitmekaar maak

Post by alecjohnson »

Om die slot uitmekaar te haal het ek altyd die hak agter onder slot aan skoenfeter gehaak en dan die slagpen trug getrek. Dan draai die ding uit mekaar uit. Ek sou nie sweis aanbeveel nie, soldeer maar eerder weer.
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Remington 770 grendel uitmekaar maak

Post by toelie »

Hi Frik

Ekt ook so roer in n 300wm gehad en voor ek die eerste skoot gevuur het het hy ook so gemaak terug gevat na die wapen winkel en hul het die hele slot vir my vervang net daar en dan toe die roer verkoop

Groete
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Remington 770 grendel uitmekaar maak

Post by smitjs »

Dis jammer, maar die Remingtons en al hul kopieë soos Howa het daardie probleem.
Dis nie 'n ontwerp fout nie, dis 'n vakmanskap probleem. Om daardie handvatsel weer aan te sweet met silwer soldeersel is geen probleem nie. Dan hou dit vir altyd, en mens kan die geweer gebruik met trots en vertroue.
Post Reply