Jy is natuurlik heeltemal reg! Vir normale jag van eetbare wild, stem ek heeltemal saam met jou stellings. Maar laat my toe, om vir jou 'n ander jag-situasie te skets:grumpy wrote:Ek is miskien verkeerd of trap op tone.
Jag is om die dier te dood so gou moontlik en ons almal weet dit. Is om te bekruip en so nabyas moontlik aan die dier te kom nie die hele ding agter jag nie? Anders hoef ek nie fiks te wees en kan so dik wees ek kan rol maar met my geweer skiet ek die bok op 500m+. So BC is nie van baie belang vir my nie. Ken jou geweer en trajek.
Vir my die hele ding van jag is om so naby as moontlik te kom sonder dat die dier jou sien of hoor en dan die dier te skiet en te dood so gou moontlik. Ver skiet val vir my onder kompetisie tussen skuts en nie spesifiek vir jag nie.
Net my opinie
In my omgewing word daar met vrugte en groente geboer. Nie al die grond is bewerkbaar (of besproeibaar) nie, dus is daar heelwat natuurlike bos oor. Hierdie bos huisves wild. Die boere is darem heewat bewaringsbewus, en "verdra" die wild, en ook die skade wat hulle aanrig. Maar soms moet daar beheer toegepas word. Dit word oordeelkundig gedoen, sodat die volgende geslag ook nog die voorreg kan ervaar. Die koedoes, rooibokke, duikers, vlak- en bosvarke ens. ens. kan voortbestaan en die mense eet biltong. Ek glo dis heel gebalanseerd.
Nou die probleem: Bobbejane. Die trop(e) het van elders af gekom, so 20 jaar gelede. Nou het hulle al die lekker volop kos ontdek, en natuurlik aangeteel. Hulle is nou so baie, dat die kos in die natuurlike bos, hulle nie meer kan onderhou nie. Hulle raak ook meer arrogant en agressief, en bedreig die plaaswerkers. As die werkers hulle met klippe gooi, gooi hulle die klippe terug!
Wat is die oplossing? Gif? Vanghokke? Enige ander plan? Nee wat, alles is al probeer. (Bankrotskap ook!) Die dommes het hulself laat vang, en net die slimmes het oorgebly en aangeteel. Dus word hulle nou gejag. Soms, vang jy hulle op "kort" afstand, so onder 250 m. Maar meestal, sien jy hulle nie nader as 500m nie. Dus, word hulle nou gejag op die afstande, wat hulle sigbaar is. Oneties? Wel, ek dink nie so nie. Maar enigiemand wat hulle graag wil hê, is welkom om hulle te kom haal. Dit is maar een van die langafstand-jag scenarios, wat daagliks voorkom. Daar mag ander wees, waarvan ek nie eerstehandse ervaring het nie.
Ek hoop dit stel die saak in perspektief.
