Gerard wrote:
Wanneer jy die data gebruik wat in ons fle is sal alles reg ingevul wees. Shot start, dimensies, BC, die lot. Met die dryfband koeels maak dit nie 'n groot verskil of jy teen die riwwe en groewe is of effens weg nie. Druk bly min of meer dieselfde. Die inertia van die koeel is 'n groter faktor om te oorkom as die graveerdruk. Dit is hoekom jy snaakse resultate gekry het met die verkeerde graveerdruk.
Oom Gerard,
Ek het Quickload opgedateer met die nuwe GS Custom File en my ladings daar deur gehardloop.
Dis wat QL nou se van die lading:
Cartridge : .25-06 Rem.
Bullet : .257,085,HV 129 GS Custom
Useable Case Capaci: 65.828 grain H2O = 4.274 cm?
Cartridge O.A.L. L6: 3.299 inch = 83.80 mm
Barrel Length : 26.0 inch = 660.4 mm
Powder : Somchem S365 ?, Temperature: 25 ?C
Step Fill. Charge Vel. Energy Pmax Pmuz Prop.Burnt B_Time
% % Grains fps ft.lbs psi psi % ms
+00.0 99 59.80 3794 2716 55651 12591 100.0 1.045 ! Near Maximum !
Nou, met die druk wat QL voorspel van 55651psi, hoe is dit moontlik dat ek 'n dop soveel kan rek, dat die slagdop uitgeblaas het?
Ek gebruik Winchester doppe.
Is die shot start van 754psi nie nogsteeds heeltemal te min nie?
Groete,
Eugene