Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by douw »

Ek wil net so bietjie spog met ons nuwe 9punt stoetram wat ons gister op Tollie Jordaan se jaarlikse produksie veiling gekoop het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by tripodmvr »

Wil liewers nie prys weet nie, maar dit is 'n mooi bok daardie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by .223 JAGTER »

Baie mooi almal lyk gelukkig
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by Jacquesb »

Mooi ram Douw.
Wat sal hy uitslag?
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by win270 »

Nou, vertel ons gerus meer. Is dit nou 'n kleurvariant van die veredelde Boerbok?! ++>:

Dis 'n pragtige dier daardie!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by Heinz Petersen »

Soos Bul vir Zebra gesê het toe Zebra eendag op die plaas aangestap kom en vir Bul gevra het, nou wie is jy en wat maak jy op die plaas. Toe sê Bul vir Zebra,trek daai pajamas van jou uit dan wys ek vir jou wat ek hier doen.
Netjiese ram Douw.
Ek kry my twee stoet ooie en ram die einde van die maand.
(Daar gaan my 22.250)
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
GvA
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Sat Jan 01, 2011 4:46 pm

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by GvA »

Mooi ram Douw, goeie genetika is baie werd!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by VdWalt »

Baie geluk! Mooi bok daai
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by douw »

Jacquesb wrote:Mooi ram Douw.
Wat sal hy uitslag?
:): Ai tog! Rand per kilogram sou dit nie die moeite werd wees nie! ;)
Heinz Petersen wrote:Soos Bul vir Zebra gesê het toe Zebra eendag op die plaas aangestap kom en vir Bul gevra het, nou wie is jy en wat maak jy op die plaas. Toe sê Bul vir Zebra,trek daai pajamas van jou uit dan wys ek vir jou wat ek hier doen.
Netjiese ram Douw.
Ek kry my twee stoet ooie en ram die einde van die maand.
(Daar gaan my 22.250)
Boer jy ook met hulle?
tripodmvr wrote:Wil liewers nie prys weet nie, maar dit is 'n mooi bok daardie.
Bietjie meer as wat 'n slagbok op 'n vee veiling sou gaan ;)
win270 wrote:Nou, vertel ons gerus meer. Is dit nou 'n kleurvariant van die veredelde Boerbok?! ++>:

Dis 'n pragtige dier daardie!
Die bokke is in die vroee negentigs begin teel deur Boerbokke, Savannas en Afrika bokke. Hulle is meestal uitgesoek uit goeie moeders en dan natuurlik die bokke wat die meeste rooi gehad het.

In 1998 het 'n paar boere wat almal op hul eie met rooi bokke geboer het, saamgespan om die ras te verbeter. Die ras is in 2004 geregsitreer as 'n ras op hul eie. Dit is basies soos die Bonsmara beeste wat 'n eg Suid Afrikaans beesras is, wat hier geteel en geregistreer is deur Prof Bonsma.

Die Kalahari Reds is 'n baie geharde ras. Wat maklik aanpasbaar is. Uiters vrugbaar is met uitstekende moedereienskappe. Hulle is baie goed gekamofleer, wat meebring dat hul nie so maklik van paaie af raakgesien kan word vir diefstal nie. Hulle lampersentasie is gewoonlik oor die 200%. Die lamintervalle is gewoonlik so 8 maande, maar ons het 'n paar ooie wat slegs 7 maande intervalle het.

Ons het 4 jaar gelede met 'n troppie begin van 4 ooie en 'n ram. Ons is nou op 50 produserende ooie, Altesaam het ons so 100 diere per slag op die plaas. Ons het hierdie jaar vir die eerste keer aan 'n skou deelgeneem. Ons het redelik goed gedoen met al ons bokke en 'n eerste plek behaal met 'n jong ooitjie in haar gewigsklas.

Die ras het die afgelope paar jaar baie gewild geraak en dit is ook sigbaar in die pryse wat op veiling behaal word. Laasjaar is 'n ram in Bloemfontein vir R130 000 verkoop. Top ooie gaan gereeld op veilings vir R30 000 tot R40 000.

Laat weet gerus as iemand nog inligting of vrae het.

Groete
Douw
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Ons nuwe Kalahari Red Stoetram

Post by win270 »

Baie interessant, Douw. Hulle is natuurlik blaarvreters en doen goed daar in julle kontrei. Enige siektes waarvoor julle die ras gereeld moet behandel? Bring jul die bokke saans kraal toe om teen roofdiere te beskerm? Hoeveel slag hulle uit?
Post Reply