20 of 22 duim loop vir jag?

Post Reply
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 20 of 22 duim loop vir jag?

Post by spekieries »

Majuba

Robbie Young van die haelgeweer belange groep van die Britstak van die SAJWV is 'n redelike fundie op jag haelgewere. Hulle jag op 'n gereelde basis veerwild. Ons wou gewere koop toe vrae ons raad by hom. Sy opinie is dat 'n mens in dubbels en o/u's minstens 28 duim moet koop verkieslik 30 en 32 duim. Die rede die langer gewere "point" makliker vir instinktiewe skietwerk.
So ek sou s? hoe langer hoe beter.

Groete   
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 20 of 22 duim loop vir jag?

Post by Stefan764 »

Majuba

Ek het n pomp met n 30" loop op en sal dit ten sterkste aanbeveel. Sprei baie laat, veral die swaarder korrels soos AAA en so aan.

Het noudiedag bietjie toetse gedoen teen n vriens se nekbreek (enkelskoot) met 26" loop op en die verskil is nogals kwaai opmerklik. Sal jou by die skou vertel oor die toetse.

Ons het op die plaas altyd jakkalse met die haelgewere geskiet en het no4 hael gebruik. Hy dop jakkie om tot op so 25m.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply