Goeie dag
Is daar iemand wat kan help met raad op die bedding van 'n aksie. Ek het n' Bobby Hart AccuBlock Long Range Varmint (LRV) Remington 700 Laminated Thumbhole Riflestock met ALUMINUM BEDDING BLOCK. Ek wil laat werk op die kolf doen toe sien ek dat die bedding compound wat gebruik is voor by die nok en die voorste gedeelte van die aksie is en dit tot voor halfpad van die aksie loop. Dit beteken dat die loop by die nok gedeelte en waar die locking lugs in die aksie is op die bedding compound le en dan die aksie in die lug is tot by die agterste skroef. Ek was onder die indruk dat die aksie as dit gebed is orals 100% moet dra om stabiliteit te verhoog. My geweersmit wat die bedding gedoen het, se dat dit reg is en dat die aksie ook basies gefreefloat moet wees tussen die aanskroef punte om te verhoed dat die aksie onder stress is as mens dit vastrek.
Wat is die regte manier om die aksie te bed veral gesien in die lig dat die kolf 'n ALUMINUM BEDDING BLOCK bedding block het.
Bedding van Aksie
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 994
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Bedding van Aksie
gawie 7mm op die forum is briljant met dit kontak hom en hoor of hy dalk kan raad gee
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Bedding van Aksie
Ek is nie n kenner nie, maar verstaan dat jy twee tipes "bedding" kan doen.
Vollengte bed sal die hele aksie ondersteun word deur die epoksie, van nok tot by "tang". Dit gee die meeste ondersteuning vir die aksie.
Gedeeltelike bed sal die voorste gedeelte op epoksie rus en area om agterste skroef en "tang" area. Middelste gedeelte waar magasynkas is, sal nie gebed wees nie. Dit is effens makliker om te doen en jy loop nie die risiko dat jy die aksie nie kan uit haal uit die epoksie nie.
Die aluminium bedding blok behoort n perfekte pas tussen kolf en aksie te gee. In sekere gevalle is die toleransie tydens die vervaardigingsproses te groot, dus pas die twee nie perfek nie. Hier kan epoksie bedding gebruik word om dit te verbeter.
Piet Breedt het so tyd terug fotos opgelaai van sy Savage wat hy bo-op die aluminium gebed het om die kontakarea te verbeter. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ge#p393239

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Bedding van Aksie
Dagsê Kallie.
Ek moet in alle eerlikheid bieg dat ek baie bevoorreg is dat my vriende my met hul roere vertrou en op die koop toe skiet hulle almal erg fyn. Nie een van die roere skiet slegter na ek hul gebed het nie, so my geluk hou nog
Coco, 'n gelamineerde kolf is uit die aard van sy konstruksie een van die mees stabiele platforms naas 'n "glasvesel" kolf. Dit sluit meganiese verwringing en verwringing agv temperatuur verskille in. Die aluminium v-blok verskaf 'n parralelle hegtings vlak met betrekking tot die aksie agv van die remington se silindriese vorm.
Die kanse vir stres op die aksie is weglaatbaar klein en die minder as 2mm pakking rondom die magesynkas wat afwesig is gaan geen verskil maak nie. Ek sal meer bekommerd wees dat die aksie "regop" gepak is en dat daar geen stremming op die aksie skroewe is nie. Dws die aksie en vloerplaat se gate lyn 100% op.
Hoe lyk jou groepering met die roer?

Dont make expensive noise! Make the first shot count!