Barnes TTSX 300wm

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Barnes TTSX 300wm

Post by visstok »

Goeie more

Hoop iemand kan my help. Ek wil Barnes TTSX 168gr in my 300wm laai. Ek weet nie lekker hoe QL werk nie. Ekt glad nog nie van die koeels gelaai nie so kan ongelukig nie 2 lasings met spoed gee nie.

Hoop met die volgende inligting kan iemand my help met n paar ladings om te gaan toets

Kaliber Howa 300wm
Koeel Barnes TTSX (30878) (4315-1 046K LLK-M)
Koeel gewig 168gr
Maak dop Federal
Dop H2O 91.1gr
Slagdop CCI 250
TPL 91.75mm (teen lande)
Magasyn 90mm (sal graag uit magasyn wil laai)
Loop lengte 608mm (skoonmaak stok van kroon tot teen slot gesluit)
Kruit S365 lot 71

Dankie byvoorbaad

Groete Alex
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Barnes TTSX 300wm

Post by tripodmvr »

Aanbeveling :-

1. TPL van 89.75mm as hy in jou magasyn pas - verstel andersins tot hy goed voer uit die magasyn
2. Met Lot 71 S365 sal ek op 61gr begin - beskou 3000vps as boonste perk.
3. S365 is nie die dryfmiddel vir die 300WM nie - S385 is baie beter geskik vir dopvulling en laer druk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Barnes TTSX 300wm

Post by Chevvy SS »

Ek het ook eers (lank, lank gelede) 365 in my 300WM probeer. Dopvulling is nie so goed nie en hy stamp onnodig aan die skouer.

Mens mag nie raai as jy hier raad gee nie, maar dink oom 3pt nie hy kan met 73-75g S385 probeer nie?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Barnes TTSX 300wm

Post by tripodmvr »

My aanbeveling sal 68gr S385 wees om te sien hoe die Lot doen in sy spesifieke geweer.

Boonste node vir die loop is by ongeveer 2940vps
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Barnes TTSX 300wm

Post by visstok »

Baie dankie vir die raad, ek sal dan eers gaan S385 soek.

Groete Alex
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Barnes TTSX 300wm

Post by visstok »

More manne

Ekt toe S385 gekry soos julle aanbeveel het, die lot nommer is 13.

Met dieselfde inligting wat ek aan die begin gegee het, net die kruit wat nou verander na S385 lot 13, watse ladings beveel julle aan om te begin?

Baie dankie byvoorbaat.

Groete Alex
Post Reply