Om 270Win te verander na 6,5x55
Posted: Tue Oct 07, 2014 10:23 pm
Ek dink nog net daaraan om my Musgrave 270Win met Vektor aksie te laat verander na 'n 6,5x55.
Die 270 skiet lekker en redelik akkuraat, maar die magasynkas vat patrone met maks tpl van 81mm. Dit behoort tot by 84,5 te kan gaan. EK kan dus nie met tpl speel vir beter akkuraatheid nie.
Ek juk vir 'n 6,5x55. Dit gaan my waarskynlik goedkoper uitwerk om 'n ander geweer te koop, maar as wanneer die 270 se loop gedaan is ...... Ek dink die aksie sal lekker werk vir 'n 6,5x55
Vir die wat weet, behalwe vir 'n ander loop, wat se veranderinge sal moet gedoen word om dit te verander? Ek sien die 6,5 se rim is ,2mm groter as die 270 s'n.