Om 270Win te verander na 6,5x55

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Om 270Win te verander na 6,5x55

Post by Giepie »

Ek dink nog net daaraan om my Musgrave 270Win met Vektor aksie te laat verander na 'n 6,5x55.

Die 270 skiet lekker en redelik akkuraat, maar die magasynkas vat patrone met maks tpl van 81mm. Dit behoort tot by 84,5 te kan gaan. EK kan dus nie met tpl speel vir beter akkuraatheid nie.

Ek juk vir 'n 6,5x55. Dit gaan my waarskynlik goedkoper uitwerk om 'n ander geweer te koop, maar as wanneer die 270 se loop gedaan is ...... Ek dink die aksie sal lekker werk vir 'n 6,5x55

Vir die wat weet, behalwe vir 'n ander loop, wat se veranderinge sal moet gedoen word om dit te verander? Ek sien die 6,5 se rim is ,2mm groter as die 270 s'n.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Om 270Win te verander na 6,5x55

Post by Frikkie Coetzee »

Man. Herloop met n goeie loop is nie goedkoper as n Howa nie. Maar dan het jy n premium loop. Ander opsie is swaai jou 270 en koop n Howa.
User avatar
NJ_v_N
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Fri Jul 18, 2014 4:26 am

Re: Om 270Win te verander na 6,5x55

Post by NJ_v_N »

Daai rim diameter gaan heel waarskynlyk n klompie geld kos om reg te kry, bolt face sal biekie oop gemaak moet word en die extractor sal ook moet efentjies terug gesny moet word (nie iets wat jy net sommer enige ou kan laat doen nie). Maar met min of meer dieselvde diameter body en nek taper behoort dit nie nodig te wees om die feed ramps te verander nie.

Ek gooi nou net n klip in die bos maar is daar nie n manier om die magasyn area biekie groter te maak nie, bv n mauser bottom metal te gebruik nie, die aksies is mos soortgelyk, ek ken nou ongelukkig nie die goed uit my kop nie.
30-06AI Lyttelton RSA
308Win Lyttelton RSA
270Win CZ 550 (9.3x62 in wording)
222Rem Brno Fox
22LR Brno mod2
9mm Sig P250 FS
Post Reply