Die bestuurder vra hom, "Het jy enige ervaring met verkope?"
? Ja,? se die mannetjie, "Ek het kunsmis by die ko?perasie verkoop".
Die baas het van die jong man gehou en gee toe vir hom die werk.
"Jy begin m?re. Ek sal so teen sluitingstyd 'n draai kom maak om te sien hoe dinge gegaan het ."
Sy eerste dag was 'n bietjie rof maar hy het dit gemaak. Na die winkel gesluit het, kom maak die baas 'n draai op die winkelvloer.
"So,hoeveel klante het jy vandag gehad?"
Die jong man antwoord sonder om te huiwer,"Een."
Die baas s?, "Net een? Ons verkoopsmense hier hanteer 'n gemiddeld van 20 tot 30 klante op 'n dag. Hoeveel het die klant spandeer?"
"R461 387.55" s? die jongman.
"R461 387.55?! Wat de joos het jy aan hom verkoop?!"
"Wel," s? die man, "Ek het eers 'n Klein vishoek aan hom verkoop. Toe verkoop ek 'n medium grootte vishoek en uiteindelik 'n groot vishoek... Toe verkoop ek aan hom 'n nuwe visstok. Toe het ek hom gevra waar hy gaan visvang en hy s? toe by Sodwana aan die noordkus en ek s? toe vir hom dan gaan hy beslis 'n groter boot nodig h? en toe stap ons oor na die bootafdeling en verkoop ek aan hom 'n nuwe Kingkat met dubbele Yamaha buiteboordenjins. Hy s? toe vir my hy dink nie sy Toyota Corolla gaan die ding gesleep kry nie, toe vat ek hom na die motorafdeling en verkoop aan hom 'n nuwe 4x4 Hilux Raider."
Verstom vra die baas,"'n Ou kom hier in om 'n vishoek te koop en jy verkoop aan hom 'n boot en 'n bakkie?"
"Nee, hy was hier om tampons vir sy vrou te koop toe s? ek vir hom, wel, jou naweek is in elk geval in sy moer in, jy kan maar net sowel gaan visvang."
TIPIES DIE SOORT MAN( NUWE BOOT EIENAAR ) WAT NODIG IS OM SAAM TE VAT ST NOWHERE TOE
Die een het per - e-pos aangekom. Oorsprong onbekend
