Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Alles oor Swartkruit hier
Post Reply
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Nico de Jager »

Naand Manne, n vriend wil vir my twee Lyman Deerstalker gewere in kal .50 en .54 gee. Ek weet wat die wetlike aspekte behels wat swartkruit aanbetref. Ek is egter heeltlemal onkundig met die fisiese skiet van swartkruit. Ek wil nou eers n paar skote met die gewere skiet voor ek dit by hom vat, dus ek soek herlaai raad. Hy het ook nog nie met hule geskiet nie.
Die poeier is Elephant FFg en die punte(koeels) is plains bullets in .54kal 450gr. Dit is gegote lood punte met 3 groewe op die skag. Het enige iemand n lading vir genoemde kombinasie? Enige raad of voorstelle sal waardeer word.
Groete
Ribbok
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Pvdw »

Jy kan met 100% veiligheid enige lading vanaf 50-80gr ffg in beide gebruik. Hulle sal veilig wees tot en met 100gr sonder probl3me maar meer as 80 is selde nodig.

Die lading is nie die gevaarlike deel nie maar eerder 'n short start. Maak baie seker die koeël kompres die kruit . Daar moet geen gaping tussen die kruit en koeël wees nie.

Lekker skiet en geniet hulle.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Klein Chris »

Het self n .50 Lyman Deerstalker - lieflike geweer.
Vir papier gebruik ek 50gr FFg met n 177gr bal en lappie of 65gr FFg met n 320gr Lee REAL conical tot so 70m
Wil Pvdw beaam, pasop vir die short start - die rook gewere kan nogal vol nonsense wees maar bly lekker om mee te skiet
Groete
Skiet bly maar lekker
User avatar
BennieO
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by BennieO »

Onthou ook dat swartkruit per volume gemeet word en nie gewig nie. Ek weet nie hoe groot die verskil sal wees tuseen volume en gewig van die selfde lading nie. Ek self het met 50 tot 80gr FF lekker geskiet. Daai 177gr loodbal kan nogal mooi groepeer as jy hom nie te vinnig probeer skiet nie.
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by 375fanatic »

Klein Chris wrote:Het self n .50 Lyman Deerstalker - lieflike geweer.
Vir papier gebruik ek 50gr FFg met n 177gr bal en lappie of 65gr FFg met n 320gr Lee REAL conical tot so 70m
Wil Pvdw beaam, pasop vir die short start - die rook gewere kan nogal vol nonsense wees maar bly lekker om mee te skiet
Groete
ek het 70 cc fffg op die 320gr lee conical gebruik teen 1100f/sec het so 50mm groep op 50m geskiet ek moet se hy skiet n wildebeest dat hy soos n sak sement val en die vleis skade is minimaal
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Nico de Jager »

Jis manne dankie vir die goeie raad. Ek sou beslis n fout maak deur die dryfmiddel af te weeg. Hoe meet of weeg mens dit dan?
Ribook
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Klein Chris »

Mens meet dit af dmv n powder measure - lyk soos n koper/brons pypie met getalle op - behoort beskikbaar te wees by jou plaaslike geweer winkel.
Groete
Skiet bly maar lekker
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Nico de Jager »

Dankie manne!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Pvdw »

Jy kan dit gerus weeg ook. Ek het dit gereeld geweeg. Seker so 5-7% verskil as jy weeg en as jy per volume werk. Met beginladings van 50-80gr sal beide tegnieke veilig wees.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by 375fanatic »

Eish nou mis ek die dae toe ek soos n apteek gelyk het met al die pill botteltjies met gemete kruit lyk amper of ek gaan karp vang het :laugh:

die ergste was toe ek n rooibok gemis het en hy hardloop tot 20m van my af en vir my kyk dan is dit nogals triekie om te herlaai :laugh:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by LUAN »

Ek het sannadex pistol gelaai volgens volume. Met my brass measure het 120gr by volume eintlik 127gr geweeg. Maar met die sannadex rifle het daardie 120gr in die measure weer heelwat minder geweeg so dit hang ook af van die korrel grootte. Die oukies kan hard skop as jy begin swaar koeels laai.
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Mars67 »

Ribbok wrote:Jis manne dankie vir die goeie raad. Ek sou beslis n fout maak deur die dryfmiddel af te weeg. Hoe meet of weeg mens dit dan?
Ribook
Die mate van swartkruit is in grein wat 'n mate van gewig is en nie volume nie. Wat die manne oorspronklik gedoen het was om die ideale lading vir die geweer te bepaal en het dan 'n maat ("measure") gemaak wat daardie gewig in volume verteenwoordig. Dit is baie makliker om die lading so "af te weeg" in die veld as om 'n skaaltjie te probeer saam sleep. So dit is geen fout om die swartkruit af te weeg nie. Dit is die enigste manier wat jy jou ladings akkuraat en konsekwent sal kan kry.

Die probleem wat ek het is dat die gekoopde mates (measures) wat 'n spesifieke gewig aandui in greine was gekalibreer met 'n kruit (of dalk iets anders) wat onbekend is aan my. Hulle weeg selde presies die gewig af wat hulle voorgee om te weeg. Ek gebruik self sulke volumetriese kruit meters maar net as ek speel en ook net nadat ek self gemeet het hoeveel hulle gooi in grein gewig met die batch en gradering van die kruit wat ek gaan gebruik.

Elke lading wat ons gebruik word tot die laaste 0.1 van 'n grein afgeweeg. As ons ladings nie so eenvormig was nie sou ons NOOIT 'n bisley teiken op 900 meter kon raak skiet nie!!! So terloops Swartkruit is nie 'n dryfmiddel nie maar 'n plofstof.
Last edited by Mars67 on Thu Mar 19, 2015 10:08 pm, edited 1 time in total.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by vriell »

MOENIE VOLUME PROBEER GOOI UIT JOU GEWONE SOMCHEM KRUIT "POWDER MEASURES" NIE !!!!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by 375fanatic »

Klein Chris wrote:Het self n .50 Lyman Deerstalker - lieflike geweer.
Vir papier gebruik ek 50gr FFg met n 177gr bal en lappie of 65gr FFg met n 320gr Lee REAL conical tot so 70m
Wil Pvdw beaam, pasop vir die short start - die rook gewere kan nogal vol nonsense wees maar bly lekker om mee te skiet
Groete
ek het 70 fffg gebruik op die lee 320gr conical het so 40mm op 50 m groepeer ek het wel die peepsite opgesit het so 1100f/sec gemeet hy skiet n wildebeest bo van sy voete af op 70m
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by joe rocket »

Ribbok laai 75 grein ffg met die 450 grein punt. 80 grein met 225 grein balletjie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Raad met Deerstalker swartkruitgewere.

Post by Mars67 »

Al die ladings wat julle hierbo noem klink binne spesifikasie vir die Lyman gewere. Hulle is goed gemaak. 70 gn FFF is aan die warm kant maar die 320 REAL is lig vir die 50 kaliber. 1100 fps is 'n lekker nommer en hy sal 'n BWB behoorlik op sy g@t laat sit.
Post Reply