Mynbou skou is tans aan die gang by Nasrec gronde.
Uit en uit die moeite werd om te gaan!
Myners breek goed...of sagkuns gestel: "Beproef toerusting tot die uiterste...!" Daarom stel ek voor boere en inginieurs firmas besoek hierdie skou. Jy gaan net top gehalte produkte kry.
Behalwe vir die mynbou toerusting, is daar stalletjies met kraggereedskap, industriële kettings, kabels, elektriese skakelborde, pompe, sekuriteits heinings, hyskrane, Bobcats, TLb's ens ens ens.
Een hele saal is byvoorbeeld vol CNC masjiene.. Enige grote waaraan jy kan dink!
Vir die boer wat beter kwaliteit hidroliese pyp soek as wat jy in jou plaaslike hardewarewinkel kry is hierdie die plek... En nog baie meer.
Parkering is gratis en toegang is goedkoop (ek dink R50?).
Baie indrukwekkend!

