Page 1 of 1

Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 2:54 pm
by Cobus(Cobb)
Ek is besig om nuwe Boyds kolf te laat inkom vir my Howa.
Soos ek verstaan is dit fit en skiet...
Waarom is dit dan nog nodig om die aksie te pak?.Die aksie trek dan stewig vas bo op die 2 pilare....

Of verstaan ek die hele oefening verkeerd??

Ek luister graag

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 3:02 pm
by Fishaman
Persoonlik dink ek dis maar "luck of the draw". Ek het 2 Howas (.308 en .22-250 standaard lope) met boyds kolwe op en hulle skiet atwee onder 1/2 MOA sonder bedding of enige ander werk. Vir my is dit goed genoeg, 'n volgende ou mag dalk 1/4 moa soek....

Ek sou sê skroef hom vas en kyk wat maak hy voor jy begin bedding ens. doen. As jy een ding op 'n slag verander, is dit makliker om te sien of dit die geweer beter of slegter maak.

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 3:13 pm
by Hartskoot Hennie
Net so vir interesantheids onthalwe, watter skroef draai jy eerste vas (die een agter die trigger guard of die een voor die magazine floorplate) of hoe maak jy hom vas? Ek het al baie manne, baie verskillende dinge hoor sê.

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 3:14 pm
by henning
Fishaman wrote:Persoonlik dink ek dis maar "luck of the draw". Ek het 2 Howas (.308 en .22-250 standaard lope) met boyds kolwe op en hulle skiet atwee onder 1/2 MOA sonder bedding of enige ander werk. Vir my is dit goed genoeg, 'n volgende ou mag dalk 1/4 moa soek....

Ek sou sê skroef hom vas en kyk wat maak hy voor jy begin bedding ens. doen. As jy een ding op 'n slag verander, is dit makliker om te sien of dit die geweer beter of slegter maak.
Hierdie is goeie raad.
Die kolf mag wel pillare he maar wat belangrik is, is dat die pillare op dieselfde level as jou aksie is, indien nie sal die skroewe die aksie buig (onder tension sit) wanneer jy dit vastrek tot teen die pillare.
bedding gee vir jou n soliede oppervlakte waarop die aksie le, met anderwoorde die vorm van jou aksie terwyl die aksie ontspan is en geen tension op die aksie geplaas is soos wanneer jy die skroewe los het.

Pillare se eindelike doel is net om vir jou n soliede oppervlakte te gee wat nie sal mee gee nie. Hout byvoorbeeld is sponserig en met tyd sal die hout inkalwe of mee gee en dit wil jy nie he nie.

Groete
Henning

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 3:20 pm
by Fanta300
Hartskoot Hennie wrote:Net so vir interesantheids onthalwe, watter skroef draai jy eerste vas (die een agter die trigger guard of die een voor die magazine floorplate) of hoe maak jy hom vas? Ek het al baie manne, baie verskillende dinge hoor sê.
Ek het geleer om eers die voorste skroef vas te trek en dan die agterste maar nie heeltemal so styf soos die voorste een nie. Moenie vra hoeveel nie, het maar oor die jare met die Bisley die gevoel gekry as hy reg is. Te styf werk ook nie.

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 3:24 pm
by henning
Hartskoot Hennie wrote:Net so vir interesantheids onthalwe, watter skroef draai jy eerste vas (die een agter die trigger guard of die een voor die magazine floorplate) of hoe maak jy hom vas? Ek het al baie manne, baie verskillende dinge hoor sê.
Hennie , ek dink dat die regte antwoord hier is dat elke vervaardiger het sy eie metode.

Groete
Henning

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 5:50 pm
by Capt. Yoda
As mens hulle torque sal dit saak maak watse een jy eerste doen?

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 7:39 pm
by henning
Capt. Oblivious wrote:As mens hulle torque sal dit saak maak watse een jy eerste doen?
Capt, ek mag die data n bietjie verkeerd he maar die Savage aksies torque jy voor 40 pond en agter 30 pond.
Sal self graag wil verstaan hoekom dit so werk.

Groete
henning

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 7:40 pm
by henning
henning wrote:
Capt. Oblivious wrote:As mens hulle torque sal dit saak maak watse een jy eerste doen?
Capt, ek mag die data n bietjie verkeerd he maar die Savage aksies byvoorbeeld torque jy voor 40 pond en in die middel 30 pond.
Sal self graag wil verstaan hoekom dit so werk.

Soos ek verstaan maak dit wel saak watter een jy eerste torque, ek het dit erens gelees maar kan nie meer die detail onthou nie.

Groete
henning

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 8:25 pm
by Piet Breedt
Ek maak al myne bietjie bietjie vas sodat die voorste een eerste vas kom en torque hulle dan op 55 pond.

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Mon Sep 15, 2014 8:34 pm
by Fanta300
Hierdie op Wetherby se site gekry:


Does my stock require special torque procedures when tightening the screws attaching the stock to the action on my Weatherby® rifle?

View
Edit



Screws for wood stocks have a torque specification of 35 inch pounds. Please note, however, that you should tighten the rear screw first and then the front screw.

If yours is a Fibermark® or an Accumark® stock, the torque specification is 55 inch pounds.
The correct assembly procedure is:
1.Tighten the rear trigger guard screw first to 30 inch pounds.
2.Align the barrel to the center of the barrel channel in the fore stock.
3.Tighten the front trigger guard screw to 30 inch pounds.
4.Tighten the rear screw to 50-55 inch pounds.
5.Finally, tighten the front trigger guard screw to 50-55 inch pounds.

Applying this method, using a torque screwdriver of the proper size, will insure the proper fit between the receiver, and custom aluminum bedding block, as well as the proper positioning of the barrel in the barrel channel.

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Tue Sep 16, 2014 10:35 am
by RUPERT
Ok waar koop ek nou die Torque screw driver en wat se arm en been gaan hy my kos?

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Tue Sep 16, 2014 11:23 am
by Jean Marais
RUPERT wrote:Ok waar koop ek nou die Torque screw driver en wat se arm en been gaan hy my kos?
Lyk my die goed is nie so vollop nie. Hier kan jy gaan kyk. Dink egter hulle is maar aan die duurder kant.

http://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j& ... QuBfOlCUPg

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Tue Sep 16, 2014 11:28 am
by Jean Marais

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Tue Sep 16, 2014 11:31 am
by Eugene
RUPERT wrote:Ok waar koop ek nou die Torque screw driver en wat se arm en been gaan hy my kos?
Ek het verstaan Adendorfs en Mica hou van dit aan, pryse weet ek nie....

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Tue Sep 16, 2014 12:28 pm
by Frikkie Coetzee
1. S&O FAT Wrench was altyd so 700
2. Wurth +/- 1500
3. Gedore +/- 5000

Laasgenoemde is die beste. Maak seker jy koop Inch pounds, nie Foot pounds nie.

Jy gaan moeilikheid maak as jy skielik op Foot pounds werk.

Re: Waarom aksie pak??

Posted: Tue Sep 16, 2014 2:23 pm
by Beretta
Het die Fat wrench gekoop hy werk mooi