Page 1 of 1
Springbok nek en Spek
Posted: Sun Sep 07, 2014 7:43 am
by JohanvB
Ken iemand dalk die resep waar jy 'n heel wildsnek (klein bok) in 'n druk koker sit, effe sag kook, en dit dan toe draai in spek en in die oond bak...ek het dit iewers gesien maar kry dit nie meer nie..
Re: Springbok nek en Spek
Posted: Sun Sep 07, 2014 8:41 am
by Carel Kolesky
Wat baie lekker werk is om hom te ontbeen,stop met vulsel van jou keuse en bak in oond in kasserol@160C vir +/- 1&1/2 uur-doeksag en sappig!
Re: Springbok nek en Spek
Posted: Sun Sep 07, 2014 11:10 am
by Boesman10
Ek ontbeen enige tyd 'n boud maar los nog te veel vleis aan die been as ek 'n nek probeer.