Help Asseblief
-
BosHond
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Sat Mar 15, 2014 8:35 pm
Help Asseblief
Kan iemand asseblief bietjie raad gee. Ek sit met vreeslike skelm jakkalse en rooikatte. Die rooikat vang sodra mens die kamp verlaat...en jak se kind hol sodra hy lig sien.
Dit is nou as gevolg van "slim seuns met hulle foxpros"
Wie kan dringend raad gee asseblief?

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Help Asseblief
Hokke vir kietsie...bel ian beytel
SlagYsters vir stinkhond...ek hoor taffie ken ysters

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Help Asseblief
Hallo Boshond,
Ja dit is hiper frustrerend as die goed eers so wild en skelm gemaak is.
Is die vangste gekonsentreerd in 'n spesifieke kleinerige area of is dit verspreid? Hoe gereeld vang hulle? Indien hulle baie gereeld na dieselfde area terugkom om te vang kan daar dalk nog raad wees.
In watter omgewing/area is jy?
Groete
Johan
Ja dit is hiper frustrerend as die goed eers so wild en skelm gemaak is.
Is die vangste gekonsentreerd in 'n spesifieke kleinerige area of is dit verspreid? Hoe gereeld vang hulle? Indien hulle baie gereeld na dieselfde area terugkom om te vang kan daar dalk nog raad wees.
In watter omgewing/area is jy?
Groete
Johan
-
BosHond
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Sat Mar 15, 2014 8:35 pm
Re: Help Asseblief
Rooikat vangs is gekonsentreerd en beperk tot 2 lande omtrent 3ha elk.
Potch area...
Potch area...
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Help Asseblief
Ek stem saam dat hokke natuurlik nommer 1 is vir die skelm rooikatte.
Indien daar byna elke nag gevang word of as jy 'n patroon kan vasstel is voorsit in die maanlig of met nagsig ook 'n opsie. Maak net seker dat jou posisie onder 'n boom se skaduwee of iewers in 'n donker kol is waar jy nie teen die horison afgebeeld word of jou beweging nie waargeneem kan word nie. Dis natuurlik nie met die voertuig nie.
Kyk ook na die windrigting en probeer bepaal uit watter rigting hulle kom. Maak dan seker dat jy nie windaf van hulle gaan wees nie. Ek weet dit klink maklik maar het al sukses so gehad met die skelm ouens. Volg amper dieselfde beginsels as wat jy bosvark sou voorsit.
Moet ook nie van dagroepe vergeet nie.
Dalk kan jy vir Blok of iemand daar naby jou vra of hy bereid sou wees om vir sy nagtarief in een van die twee areas te sit dan dek julle ten minste albei gebiede. Indien jy dit nie doen nie sal dit mos maar gebeur dat hy wanneer jy hier sit net weer in die ander kamp vang. Wat ook belangrik is, is dat jy sal moet sit tot ten minste sonop, want as jy 04:00 0f 05:00 onttrek gaan hy net daarna kom vang
Sterkte, ek hoop ter harte jy het nie gehelp met die skelm maak proses nie anders gaan jy selfverwyt hê elke keer as jy by 'n karkas kom wat gevang is
Hoop jy kry hulle dood.

Last edited by prohunt on Sat Aug 30, 2014 5:31 pm, edited 1 time in total.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Help Asseblief
ons sukkel met daai selfde probleem,ek voel al ek kan party mannetjies se cds in hulle gatte opdrukBosHond wrote:Kan iemand asseblief bietjie raad gee. Ek sit met vreeslike skelm jakkalse en rooikatte. Die rooikat vang sodra mens die kamp verlaat...en jak se kind hol sodra hy lig sien.
Dit is nou as gevolg van "slim seuns met hulle foxpros"
Wie kan dringend raad gee asseblief?
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Help Asseblief
Hallo Boshond.
Ek ken jou probleem, met "slim seuns" en al ek het net so gesukkel, veral die jaar. Die voorsit plan en dagroep is beslis die moeite werd. As dit nog nie genoeg is nie kan jy ñ helikopter kry dit het my al baie uit die moeilikheid gehelp. Kry net ñ pilot wat die storie ken. Hier by ons in Winburg is een ek kan jou sy no gee as jy wil. Dit bly duur, maar dis die geld werd as jou skade stop.
Hoop jy kry hulle.
Groete.

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Help Asseblief
Weet nie hoe hard jy bereid is om te werk vir hierdie jakkalse nie, maar nou is die idiaale tyd om jou probleem op te los. Doen jou huiswerk, kry die nes(te), en as jy dit nie in die nag kan doen nie, doen dit in die dag. As jy nie die probleem gou oplos nie, kan dit almal duur kos.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Help Asseblief
Boshond,
Ek weet nie hoe lyk die waters by jou nie, maar onthou hy kan hoe skelm wees, maar hy moet water drink, so as jy hulle by n water kan voorsit, dan glo ek sal jy hulle in die hande kry. Maar dit sal jy verkieslik moet doen met nagsig en daar moet skuiling wees, waar jy jouself kan wegsteek.
Hoe hoger jy sit hoe beter, jy kan sommer hoog opgaan, en as jy die struktuur permanent inrig, sal jy later nog baie vrugte pluk met dit.
As daar meer as een water is kan jy probeer om die ander toe te maak of sakke of iets te hang om hulle te probeer kanaliseer na jou water toe. Dit sal ook beteken heel nag sit en 3-4 nagte agter mekaar werk goed vir my. Dit vat maar n man se lyf.
Die ander raad van ysters, dagroep en helikopter is ook goeie opsies. Belangrikste, beplan dit mooi en moet nie oorhaastig raak nie.
Sterkte
Suidwes
PS. Hulle kom baie vinnig in suip en gaan uit, so jy moet omtrent permanent kyk. Dit hang net ad hoe ver is die sigbaarheid rondom die waters.

Dankie aan almal vir die raad.
Ek het toe kat se kind gekry en van kant gemaak Saterdag aand 21:00 se kant

Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Help Asseblief
Mooi so boshond.
Groette
Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel