Genoeg vir 4 mense, maar dis ook nie te sê nie. Party mense het mos nie end nie.
12 skaapstertjies
5 ml (1 t) grofgestampte koljander
2,5 ml (½ t) grofgestampte kruinaeltjies
10 ml (2 t) growwesout
2,5 ml (½ t) grofgemaalde swartpeper
125 ml (½ k) kookwater indien nodig
Sny die ergste vet af van die sterte. Hou die vet, jy kan dit later in 'n wildspotjie gebruik.
Sit jou driepootpotjie op die vuur met die skaapstertjies daarin. Soos die potjie warm word, sal die vet smelt en mettertyd
begin die stertjies in die vet braai.
Geur met koljander, kruinaeltjies, sout en peper terwyl die stertjies goed bruinbraai aan alle kante.
Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer 1 uur. Loer so dan en wan of daar 'n bietjie water moet bykom, dit is dalk nodig as jou pot baie warm was.
As die vleis goed sag is, bedien skaapstertjies op stampmielies.
Dit is die eenvoudige manier. As jy die stertjies 'n bietjie meer wil geur, gooi 'n skoot Worcestersous in die pot, of kook die stertjies met 'n takkie roosmaryn of tiemie.
Party mense verkies om aan die einde die deksel af te lig en die stertjies droog te kook, sodat dit 'n bietjie in die vetjies braai.
Dit word dan met die hand geëet.
Groenboontjiepot met skenkels en skaapstertjies
Mens kook nie waterblombredie sonder skaapstertjies nie. Dit is hoe ek grootgeword het en ek verneem baie mense in die Boland kook nog steeds so.
Groenboontjiepot is dieselfde. Jy braai eers jou uie in die pot, skep uit. Braai dan die skaapstertjies en skenkelvleis mooi bruin en laat dit so 'n entjie stowe met 'n paar kruinaeltjies. Sit die uie terug in die pot, sit jou aartappels, groenboontjies en twee opgekapte wortels bo-op. Onthou as mens potjie maak, is dit beter om jou groente groot te hou, pleks van klein te kap.
Geur met genoeg sout en witpeper.
As jou boontjiepot reg is, bedien jy dit op rys en sorg dat daar 'n paar suurlemoenskyfies is om oor te druk.
Hoe water my mond nou! Dit bly maar een van die gunstelingpotjies.
Ek het voorheen daaroor geskryf, maar net so 'n paragraaf of twee oor lammerstertjies.
As die lammerstertjies gesny word, het die werkers 'n vuur byderhand. Die stertjies word met wol en al in die vlamme gegooi.
Die wol brand af en daar bly net 'n swartgebrande stingel oor. Jy krap dit uit met 'n stok en voel-voel daaraan met jou vingers.
Sodra jy dit genoeg afgekoel het om te hanteer, word die vel afgetrek. Jy werk en woel hom tot daar 'n stukkie been uitsteek,
die byt jy tussen jou tande vas en dan rem jy tot jy die swartgebrande vel afstroop.
Dit help as jy voortande het.
Nou sit jy met die stertjie in jou hand en jy knibbel die vetterige vleisie af tot net die bene oorbly soos 'n graat. Die honde hou daarvan.
En dan stap jy badkamer toe en gaan drink 'n groot glas Eno's.
Skaapstertjiepot
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Skaapstertjiepot
Klink lekker maar wat van die cholesterol?
Groete
Gert
Groete
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Skaapstertjiepot
Wit vet het nie cholesterol nieGERT vd M wrote:Klink lekker maar wat van die cholesterol?
Groete
Gert
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Skaapstertjiepot
Drink pille vir die CholesterolGERT vd M wrote:Klink lekker maar wat van die cholesterol?
Groete
Gert
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
