weer begin jag

Post Reply
Philip Crous
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Jun 01, 2013 12:25 pm

weer begin jag

Post by Philip Crous »

Hi, ek wil net weet wanneer sal die beste tyd wees om weer te begin roep, en watter roep klanke gebruik moet word.
Dankie
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: weer begin jag

Post by Mac »

Ek wou sarkasties wees, maar doen maar eers so bietjie huiswerk, (Search function) op Tafjak tips, kyk na heinrich se uiteensetting in roep metodes, doen 'n kursus, kry Hein se eBoek, jag met 'n ervare jagter in jou omgewing, ens, ens. As jy meer ondervinding het, sal jy verstaan hoekom jou vrae so vaag en onkundig klink.

Ek probeer jou regtig nie afskiet nie, maar jakkals jag is meer tegnies en kennis gedrewe as die meeste mense dink. So paar dae terug was daar ook so vraag in dieselfde lyn, en een van die beste antwoorde ooit in die geskiedenis van hierdie forum was ge opper, as ek dit opspoor, sal ek 'n link opsit, maar dit is Saterdag, die bulle het agter gekom dat hulle onderseuners eintlik verkeerd is, en die Bokke gaan binnekort op draf.

OK Lees die hele draad, maar let spesifiek op na Cobus en Blok se insette

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 83#p415183
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Philip Crous
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Jun 01, 2013 12:25 pm

Re: weer begin jag

Post by Philip Crous »

Hi Mac

Dankie dat jy my die sarkasme gespaar het, ek sal beter huiswerk doen. Dus is die forum hier sodat julle beter wetende manne ons newbies kan tou wys maak.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: weer begin jag

Post by Mac »

Ek weet nie waar jy in die land is, maar krap so bietjie in die probleem dier register vir iemand in jou omgewing wat al 'n ent geloop het met jakkals jag, en nog steeds doenig is, en kontak hom om vir hom te bestuur totdat jy 'n kursus kan bywoon. Jakkals jagters, altans die wat ek ken, is oor die algemeen mense wat die graagste hulle kennis uit deel, en jy kan, as jy vrae vra, en oplet, regtig baie by 'n gesoute jagter leer.

Voorspoed voorentoe, en bid dat die ongedierte gogga jou nie byt nie.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Philip Crous
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Jun 01, 2013 12:25 pm

Re: weer begin jag

Post by Philip Crous »

Hi Mac
Ek kon darem die naweek n teef laat bakkie ry, buurman gevra of ek hom kan help. Ek is in kamieskroon se wereld, hier is so paar manne van springbok wat ek kan raad vra. Dit lyk vir my elke jakkals wat geskiet word moet daar n game plan wees want die omstandighede is omtrent nooit dieselfde nie.
Post Reply