Quickload en Somchem Maks?

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Quickload en Somchem Maks?

Post by DWB »

Goeie Dag Menere,

Ek het nou so keer of drie in die strik getrap van ladings uitwerk wat volgens QL nog baie "mild" is.

Nou gaan vergelyk mens dit met Somchem se maks en dan is dit ver oor.

Hoe nou gemaak as Ql bv wys die spesifieke lading is maar 48000psi op 'n kaliber wat maks 56000psi is maar dan sê Somchem dit is te hoog?

Hierdie spesifieke geval was in die 7x57 met 140gr Sierras en S365....

Ek kyk spesifiek na spoed en nie net na hoeveelheid kruit nie.

Ek weet die 7x57 se lae ladings in Somchem kan weens ou militêre gewere wees, maar dit was nie die enigste kaliber waarmee ek die geval gehad het nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by Beyers »

Sit met selfde met 6.5x55 en Peregrine se data
Peregrine 44gr S365 - QL 47gr vir dieselfde spoed
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by Johan Reyneke »

DWB

Ek gaan hier my gebrekkige kennis dalk openbaar, maar soos ek dit verstaan.

1. SOMCHEM se ladings is gewoonlik baie konserwatief sodat hulle, hulle self kan beskerm en die wisselvalligheid van 365 veral probeer minimaliseer.
2. Die wapen of toerusting en dimensies wat hul gebruik gaan nie ooreenstem met jou vuurwapen se eiensakppe nie.
3. QL is gebaseer op jou wapen, as hy gekalibreer is met jou vuurwapen se spoed en inligitng, en gaan jou wapen se eienskappe dan vergelyk word met die spoed en ladings en al daai mooi goed wat in die agtergrond gebeur.

Ek vereenvoudig dalk, maar dit is hoe ek met tyd hier rondgelees het en eie ondervinding met QL

Hoop dit was bietjie van hulp
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by Rudie »

My 2c

Ek gebruik Somchem se ladings om vir my riglyn te gee vir maksimum spoed en gebruik QL om dan my Ladings te bepaal na dit gekalibreer is vir die betrokke geweer. Druk is direk gemeet aan die spoed wat jy behaal en nie noodwendig met dieselfde hoeveelheid kruit as met die volgende geweer nie.

Jy kan dalk 2500fps met 47gr S365 in een geweer meet maar 2500fps met 48gr S365 in die volgende geweer maar volgens my gaan jou druk baie dieselfde wees in altwee gewere om dieselfde spoed te behaal.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by DWB »

Dankie Johan, ek verstaan dit ook so, maar nou wonder ek of mens binne Somchem se specs moet bly en of jy maar veilig volgens Ql kan laai
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by vriell »

Johan Reyneke wrote:DWB

Ek gaan hier my gebrekkige kennis dalk openbaar, maar soos ek dit verstaan.

1. SOMCHEM se ladings is gewoonlik baie konserwatief sodat hulle, hulle self kan beskerm en die wisselvalligheid van 365 veral probeer minimaliseer.
2. Die wapen of toerusting en dimensies wat hul gebruik gaan nie ooreenstem met jou vuurwapen se eiensakppe nie.
3. QL is gebaseer op jou wapen, as hy gekalibreer is met jou vuurwapen se spoed en inligitng, en gaan jou wapen se eienskappe dan vergelyk word met die spoed en ladings en al daai mooi goed wat in die agtergrond gebeur.

Ek vereenvoudig dalk, maar dit is hoe ek met tyd hier rondgelees het en eie ondervinding met QL

Hoop dit was bietjie van hulp
Stem saam !! Kan ook net byvoeg dat Somchem se inligting 100% korrek is met komponente wat hulle gebruik het ( tot en met wat hulle voel veilig in alle wapens sal wees ) en INDIEN jy as herlaaier gebruik maak van presies dieselfde komponente dimensies wat hulle gebruik het en dit in QL gebruik is daar baie min verskil in spoed ens...met simulasie in QL. Daar is geen rede om nie Somchem se inligting as vertrek punt te gebruik nie en dan opwerk na JOU vuurwapen se karakter eienskappe toe dmv praktiese toetse sowel as aanpassings in QL vir simulasie doeleindes nie . Onthou om net te bly by die goue reel van veilige lading begin en dan opwerk na waar jy wil wees met veilige spoed (druk) ens.
En indien daar ENIGE twyfel is wat jy mag hê skakel Somchem , Manie wat jou sal bystaan met inligting tov van hul produk of herlaai inligting met jou komponente wat jy beoog om te gebruik. Hulle werk ook op soortgelyke sagteware verwerkingsprogram as QL om ook naasteby korrekte inligting deur te gee...
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by vriell »

DWB wrote:Dankie Johan, ek verstaan dit ook so, maar nou wonder ek of mens binne Somchem se specs moet bly en of jy maar veilig volgens Ql kan laai
Deon,as ek mag kommentaar lewer.Onthou dat al Somchem se data inligting is op bv. gewere met 24" lope so dit maak dit reeds verskillend van wat elkeen besit bv. my Howa is 22" loop en sal nie by dieselfde eieskappe as Somchem se data uitkom nie dit is waarom daar 'n Minimum is om van te begin werk en bv. die ouer modelle 30-06 se maksimum druk is omtrent 10000 psi minder as vandag se 30-06 psi druk net om 2 voorbeelde te gee.In Somchem se boekie (het dit daar erensin die boekie gelees) noem hulle dit juis dat hulle inligting nie die "alpha en die omega" is van wat om te gebruik nie maar weereens daar geplaas is om met veiligheid te begin en dat gewere se eienskappe verskil en ook dan sodoende herlaai data .
Hoop dit help.

Wil ook net byvoeg dat mens laai nie "veilig" volgens QL nie maar veilig met jou opwerking van lading waar waarnemings bv. druk ensovoorts gedoen word dmv spoed , druktekens ens..
Last edited by vriell on Thu Aug 14, 2014 1:08 pm, edited 1 time in total.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by Johan Reyneke »

vriell wrote: Onthou om net te bly by die goue reel van veilige lading begin en dan opwerk na waar jy wil wees met veilige spoed (druk) ens.

Ek stem saam hier. Dit is seker die grootste reel vir enige herlaaier.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by Wouter Roets »

Deon

Dit is goeie raad wat jy hier ontvang van die manne. Ek sal net n paar dinge wil byvoeg. Wanneer daar met QL gewerk word moet n mens ook seker wees jy werk reg. Die program is net so goed soos die inligting wat jy hom voer. Indien al jou informasie reg ingevoer is moet n mens dan QL kalibreer op die regte plek om ooreen te stem met gemete informasie. Ek is nog steeds verstom om te sien dat mense nie QL kalibreer nie en net op die default waardes werk. Indien jy hierdie onder die knie het kan n mens staat maak daarop aangesien dit nog steeds die akkuraadste herlaai metode is.

Somchem is verseker konserwatief met baie van hulle inligting en is toe te skryf aan die wisselvalligheid van hulle poeiers. Nog n rede is dat hulle gewoonlik gebruik maak van PMP doppe met hulle druktoetse wat ons weet aan die klein kant is in dopkapasiteit. Hierdie veroorsaak ook laer snelhede. Hulle maak ook oor die algemeen gebruik van PMP primers wat drukvlakke ook sal opjaag aangesien dit redelike warm primers is.

As jy onseker is oor jou QL berekeninge plaas dit hier op die forum of kontak een van die meer gesoute manne vir n tweede opinie totdat jy meer vertroud raak met die program.

Groetnis
Wouter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by DWB »

Dankie manne,

Hier is wat ek uitgewerk het as mikpunt waarby ons wil uitkom sonder kalibrasie inligting, so nou moet daar 'n paar skote geskiet word om spoed te bepaal vir kalibrasie doeleindes.

Ek het hierdie dan ook as die maksimum spoed voorgestel om sodoende binne veilige perke te bly:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Quickload/7x57%20-%20140gr%20Sierra%20GK.jpg
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by tripodmvr »

DWB en Beyers - julle albei se navraag het een gemene deler - S365. Om begin ladings te kry sal ek met 'n nuwe Lot die BRF na 0,5 verander en dan die lading aanpas totdat dit maks druk bereken. Verminder nou die' lading met 10% om jou beginlading te kry - rond af na die naaste heel getal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Quickload en Somchem Maks?

Post by vriell »

Twee vrae...
Ek sien jou tpl is dieselfde as QL sin.Het jy tpl vasgestel in jou geweer ?

Jou dopkapasiteit is ook dieselfde as QL.Het jy dit vasgestel ? Dit sal help as die 2 afdelings so na as moontlik korrek ingevul word oa.

Kruit se eienskap "Ratio of Specific heats" op Somchem se webtuiste is 1.241 indien jy dit wil verander.Het jy al die nuwe Somchem file ?

Onthou NIKS is veilig maksimum spoed tensy jy opgewerk het na so 'n spoed toe nie en geen druktekens gesien het nie !
Lekker laai....
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Post Reply