Lammers met vratte op hulle bekke
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Lammers met vratte op hulle bekke
Goeie dag almal.
Soek asb raad vir lammers met vratte op hulle bekke?
sal baie wardeur.
Groete KH

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Ek onthou my swear het altyd sweal gemeng met Vaseline aangesmeer, weet nie of dit gehelp het nie maar dit gereeld gesien
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Baie dankie oom.
Ek gaan dit maar probeer enige raad is welkom.
grote KH
Ek gaan dit maar probeer enige raad is welkom.
grote KH
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Sal ook graag wil weet hoekom hulle die vratte kry?
dit is besig om hand yt teruk by al die lammers.
Dankie KH
dit is besig om hand yt teruk by al die lammers.
Dankie KH
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Kolhasie wrote:Baie dankie oom.
Ek gaan dit maar probeer enige raad is welkom.
grote KH
Jong nog nie oom nie asb.
Ek onthou my swear het gesê dit is aansteeklik ek weet hulle het altyd die lammers in aparte kamp gesit, dit was paar jaar terug toe ek op skool was.
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
http://landbou.com/kundiges/vra-vir-faf ... boerbokke/
Wat u beskryf is heelwaarskynlik ‘n toestand wat ons "vuilbek" noem. Dit is ‘n aansteeklike virussiekte van skape en bokke en dit kom oral in Suid-Afrika voor. Die virus is lid van die groep virusse wat pokke veroorsaak. Diere van alle ouderdom word aangetas maar letsels is erger in lammers omdat ouer diere wat voorheen blootgestel is, ‘n weerstand ontwikkel. Mense in noue kontak met aangetaste diere kan ook met die virus besmet raak. Dit is dus aangewese dat mense handskoene dra wanneer diere behandel word.
Die virus kan in die droë rowe vir lang tye oorleef. Diere kan dus besmettings van die veld af optel of besmet raak deur regstreekse kontak tussen diere. Groot uitbreke vind plaas waar seerplekkies in die mond van diere voorkom, wat veral veroorsaak word deur dorings en harde struike. Die virus dring harde seertjies binne. Bytplekke van muggies en bosluise kan ook maklik deur die virus binnegedring word. Letsels begin gewoonlik op die lippe en versprei na die tandvleis, verhemelte, neus, ooglede, ore, kloue en hoofkroon. Indien lammers aan die ooie suip, kan letsels op ooie se spene voorkom. Letsels begin as ‘n kleinerige pok-letsel wat vermenigvuldig en groot rowe vorm. As rowe verwyder word, is die letsel vratagtig en dit bloei. Rowe val na ‘n paar weke af en geen letsel is sigbaar nie.
Ernstige probleme ontstaan waar letsels binne in die bek, op die tong en in die dermkanaal voorkom. As hierdie letsels met bakterieë besmet raak, kan vrektes voorkom. Diere kan nie goed eet of suip nie en verloor kondisie. Mastitis en brommeraanvalle kan ook voorkom.
Behandeling:
Salf wat ‘n antibiotika of sulfamiddel bevat, hou die rowe sag. Aerosolmiddels wat antibiotika bevat, kan ook gebruik word. Skuif diere met seer bekke na sagte groen weidings. Lammers kan selfs met ‘n maagbuis gevoer word.
Entstowwe:
‘n Entstof teen die virus, ORF, van Onderstepoort Biologiese Produkte, is beskikbaar. Ooie moet 4 weke voor lam geënt word. Lammers kan vanaf ‘n week-oud geënt word. Herhaal enting ná 10 tot 14 dae en daarna op 3 maande oud. Die entstof word toegedien deur die vel in die oksel van die voorpote te krap en die entstof dan op die krapplek met ‘n kwassie te plaas. Moenie die entstof in die lies-area krap nie, want uiers en skrotum mag besmet raak. ‘n Roof verskyn binne 3 dae op die plek. U plaaslike veearts kan u ook help om ‘n plaaslike entstof te vervaardig.
Vratte:
Vratte wat ook deur ‘n virus veroorsaak word, is baie skaars in skape.
Bron:

Piet Viljoen pietviljoen@mweb.co.za skryf:
Die vratte-ding is moeilik om te dokter omdat die goete in die epidermis groei en dus nie met pille, antibiotika of inspuiting reggedokter kan word nie want daar is nie bloedtoevoer nie. Ek praat toe met my veearts en alhoewel hy my toe vertel van die probleem stel hy voor dat ek ‘n vrat afhaal, fynmaak, met steriele water meng en dan onder die vel inspuit.
Sodoende kry die liggaam dan die vreemde goggas in en kan dan teenliggaampies maak. Ek het by die apteek ‘n scalpel gekoop en die vrat so fyn as moontlik gesny en met 2ml water gemeng. Dit het ek teen die nek onder die vel ingespuit.
Ek het ‘n baie jong Jerseyversie met vreeslike lelike vratte aan haar spene. Sy was nog nooit voorheen gemelk nie (dis nou haar eerste kalf) en ek moet sê, ek was verbaas. Na omtrent 3-4 weke lyk die vratte droog, bloei nie meer nie, begin sommer afval. Die plekkies op die spene waar dit gegroei het word gou-gou gesond en nou, na 3 maande, nie een vrat meer nie. Nou wonder ek, sal dit vir alle vratte werk? Is daar nog iemand wat soortgelyke ondervindings het?
Dawie skryf:
Vat ‘n sement baksteen en skuur die vratte af. Dit werk. Jy vryf die vratte af en jy imuniseer die dier sommer deurdat jy dit die wond invryf. Lyk bietjie aardig, maar dit werk.
Andre Geldenhuys skryf:
Ek het twee jaar gelede met dieselfde probleem gesukkel . . . amper al my lammers was besmet en ek was raadop. Die raad ten opsigte van die besering van die vrat ten einde natuurlike inenting daarteen te bewerkstellig het ek probeer maar dit het nie die probleem opgelos nie.
Ek het ook ‘n probleem met blou uier by my ooie ondervind. Nadat ek die blou uier entstof aan die ooie gegee het, asook ‘n pasteurella entstof net daarna, het die probleem in totaal verdwyn. My kudde is na die episode nou reeds vir twee lamseisoene heeltemaal skoon van die siekte. Ek het geen verklaring oor die verband (indien daar hoegenaamd ‘n verband is?) tussen die blou uie/pasteurella-entstowwe en die verdwyning van die vratte nie, maar dit is die enigste "buitengewone" ding wat ek gedoen het. Miskien het van die aanlyn-navorsers die antwoord?
Georg skryf:
Ons het gevind dat Vit. A inspuiting ook baie help.
Leon Kruger skryf:
Na aanleiding van jou skrywe insake die vratte by jou skape en die blou uier en pasteurella entstof. Ek dink dit was bloot toevallig dat die vratte opgeklaar het nadat jy blou uier en pasteurella (word nou Mannheimia genoem) ge-ent het. Die vratte word veroorsaak deur ‘n virus en die blou uier en pasteurella entstowwe is bakterieë entstowwe. Die vratte kan van self genees, veral indien hulle nie aan sonlig blootgestel is nie. ‘n Beproefde en effektiewe behandeling teen die vratte is jodium tinktuur gemeng met aptekers parrafien, wat dan twee keer per dag aan die letsels geverf word met ‘n kwassie. Die vratte kan mense aansteek wat baie pynlike letsels op die hande veroorsaak.
Frik Jordaan skryf:
Die vrat probleem raak erger. Laat weet asb die mengsel of resep. Hoe moet ek die jodium tinktuur en aptekers parrafien meng?
Leon Kruger antwoord:
Ek meng een derde jodium tinktuur met twee derdes aptekers parrafien. (100ml + 200ml). Die twee lyk nie of dit wil meng nie, maar skud dit net deeglik voor gebruik. Verf dit oor die aangetaste dele twee keer per dag. Dit is baie belangrik om die aangetaste diere te isoleer aangesien hulle al die ander sal aansteek. Die voer en waterbakke is ook areas waar die infeksie opgedoen word en deeglike ontsmetting daarvan sal verdere infeksies voorkom. Hou ook die aangetaste diere uit sonlig aangesien dit die probleem kan vererger. Ondersoek die hele kudde. Menigmaal lyk die begin van die infeksie soos ‘n krummeltjie kos wat vassit in die hoek van die bek. Soek dus vir enige klein rofies wat teen die volgende dag twee keer groter sal lyk.
Carel Nel skryf:
Die vinnigste manier om van die vratte ontslae te raak is deur die dier met sy eie vrat in te ent. Dit is so maklik. Sny een vrat teen die vel af. Sny dan twee of drie kerfies op ‘n gesonde deel van die vel net deur die oppervlak. Smeer nou die "bloedkant" deel van die vrat goed op die kerfies in. Binne ‘n week sal die vratte verdwyn. Een voudige boereraad wat werk.

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Hier is twee soortgelyke topics voorheen gewees
Hoop dit help
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... suurlemoen

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Ysterkat
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Dit is nie vuilbek nie. Mengsel van skoon teer(Stockholm), wond olie en parrafien. Smeer om lam se bek.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Ek sien die topic is onder boere raad...vir wat dit werd is
My Oom het destyds vuil olie aan hulle bekke gesmeer, hulle het dit glo van vyebos se dorings gekry.
Volgens my broer wat landbou geswot het is dit een of ander parasiet of 'n ding

wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Ek stem met Dawie saam. Vratte wat deur vyebosdorings of ander doringagtige plante veroorsaak word genees vinnig as dit met olie behandel word.
Kolhasie, hoe lyk die lammers se kondisie? Wanneer weiding skraps raak moet diere dalk doringagtige plante vreet. Lammers, anders as volwasse skape, se bekke is sagter en kry dan makliker vratte
Ek is nie te vinde vir rate wat motor-olie, Stockholm-teer of ander ongeregistreerde middels het nie. Onthou manne, ons produseer kos wat nie mense moet skade aandoen as hulle dit eet nie.

222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
As dit wel vuilbek (orf) is, kan jy entstof by Disease Control Africa kry. Onderstepoort het nie vooraad nie.
Hulle entstof spuit jy onderhuids en hoef nie soos ander "gekrap" te word nie.
As jy hulle tel no. wil hê, sê net ek soek hom gou op.
Hoop jy kry hulle gou reg.
Hulle entstof spuit jy onderhuids en hoef nie soos ander "gekrap" te word nie.
As jy hulle tel no. wil hê, sê net ek soek hom gou op.
Hoop jy kry hulle gou reg.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Ek kan ook Disease Control Africa se entstowwe sterk aanbeveel.
- Evert.243
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Sun Jun 01, 2014 12:13 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Sekonder dit werk nog al die jare vir myYsterkat wrote:Dit is nie vuilbek nie. Mengsel van skoon teer(Stockholm), wond olie en parrafien. Smeer om lam se bek.
Talk is cheap money buys the whiskey
- Fanie.308
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Fri Aug 01, 2014 11:45 am
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Kyk ons het ook die siekte of plaag begin kry so 4 jaar terug en dit is die ergste in kampe wat baie nat was.Die lammers en vervangingings ooitjies was die ergste besmet.Ons het dit met skoon parrafien behandel met 'n kwassie so 2-3 keer dan was dit weg.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Ek het met my buurman gesels oor die vratte en hy is bewus van dit. Hy boer al baie jare met boerbokke en hy smeer
ou engine olie aan.
ou engine olie aan.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

DinoF
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Ek het verlede jaar ook speenvratte op my verse opgemerk. Ek weet nie of jou skaap n tipe papilloma virus het nie maar ek het ook soos bo vermeld by disease control Africa laat entstof vervaardig. Het baie goed gewerk met een of twee wat gholfbalgrootte vratte op die speen gehad het. N buurman het my ook gese om n skerpbek tang te vat en die vrat stukkend te druk tot dit bloei. Uit my ondervinding het dit gemaak dat die groot vratte vinniger verdwyn.
Ek kan beaam dat die mense by DCA baie hulpvaardig is en doeltreffend. Hulle kom my ook help met perdesiekte entsof toe ek nerens anders kom kry nie.
Hoop dit kan jou help.

Baas van die veld
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Tue May 19, 2015 10:42 am
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Koop F 10 by jou naaste veearts,dit werk soos n bom
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
hunter74
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Vuil krippe waar hulle drink, ek het maar altyd die swembad chloor saam gery en so eetlepel in krip gegooi. Het vir my gewerk.
Groete.
Groete.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Skuur vratte met iets skurfs tot hul bloei dan verf ek Little's of Coopers dip aan, gooi sommer so bietjie dip in die krip waar diere drink. Groete
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Ek werk elke jaar met hierdie siekte, siende dat ek vir Veeartsenydienste werk. Ek beveel ook baie sterk F10 salf aan. Dit werk regtig bitter goed.
Groete
Jacques
Groete
Jacques
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Wie maak die produk?Baas van die veld wrote:Koop F 10 by jou naaste veearts,dit werk soos n bom
Groete
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Lammers met vratte op hulle bekke
Jy behoort dit op meeste veeartse se rakke te kry of by petshops en vetshops ook. Diit staan in ons landbou kooperasie ook.
Hierdie is die maatskappy wat dit versprei. Hulle lewer af ook en het hulle eie "reps". Hoop dit help
SOUTH AFRICA - Health and Hygiene (Pty) Ltd
cnr Leader and Hoefsmid Streets, Stormill X10, Roodepoort, Gauteng. Tel: +27 11 474 1668 Fax: +27 11 474 1670
info@healthandhygiene.co.za