Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hi manne
Ek wil graan die Berger 95gr vld in my 243 begin toets.
Op QL speel ek bietjie met 385 en 365.
Ek kry 95% dop vulling met S385 maar net 98% ontbranding.
En met S365 90% dop vulling en dan 100% ontbranding.
Sal dit dan die moeite werd wees om met 385 te speel of is die
98% ontbranding n probleem?
Ek wil die koeel gebruik om met my 243 langer afstande papier en gong te skiet.
Ek is nog n kalfie met QL so ek is nie seker oor die ontbranding % nie.
Wat sou julle se moet ek maar skiet toets en kyk(ES en SD)?
Groete
Hein
Last edited by Hein (Haan) on Tue Jul 29, 2014 11:27 am, edited 1 time in total.
Terwyl jy speel kyk ook wat S361 en selfs S341 sal maak. S361 doen baie goed in die 243AI.
Onthou dat QL teoretiese syfers bereken en dat dit in die praktyk moontlik gaan verskil. Na jy beramings gedoen het moet prakties geskiet word en dan eers kan afleidings rondom akkuraatheid gemaak word. 'n Syfer van 98% is nog goed en S385 gee baie kere goeie resultate in die 243, veral met die swaarder projektiele.
Ek skiet met S385 en Hornady 95gr SST. Ek persoonlik verkies 'n beter dopvulling en verbranding bo 95%. My ondervinding met lae dopvulling is dat jou ES groter is. Die ander rede hoekom ek na 385 oorgeslaan het, is die S365 konstantheid probleem van een batch na 'n ander. My SST's met 22" duim loop draf so 2980fps, wat my node spoed is vlg ql. My laaste 3 skoot groepering op 150m was omtrent 12mm.
Ek luister saam verder met jou oor die post.
Johan 223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Baie dankie Oom
Ek het maar aan ander koeels begin dink nou dat my 87gr Vmaxe begin op raak.
Ek het al klaar n paar Bergers gekry so ek sal hulle maar eers toets met 385 miskien kom hier iets beter uit die tekort met die Vmaxe.
Ek sal solank op QL kyk na 341 en 361.
Ek laat weet sodra ek kaans kry om hulle te toets.
Kyk mooi na die koeël lengtes met die swaarder slanker tipes soos die SST's. Stabilisasie kan moontlik 'n probleem word. Gebruik die 100gr PMP, Hornady ens as basis.
tripodmvr wrote:Kyk mooi na die koeël lengtes met die swaarder slanker tipes soos die SST's. Stabilisasie kan moontlik 'n probleem word. Gebruik die 100gr PMP, Hornady ens as basis.
Hein
Soos Marius gese het oor stabilitiet. Hier gaan jou geweer se twist rate bepaal of hy gaan stabiliseer of nie. Ek is gelukkig my 243 se twist 1:9.125 en gee dit my 'n stabilitiets faktor vlg bergers se website 1.4, maar sodra jy 'n 1:10 twist het val dir sommer na 1.15 se koers toe, wat vir seker stabilitiets probleme gaan gee.
Johan 223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
tripodmvr wrote:
Onthou dat QL teoretiese syfers bereken en dat dit in die praktyk moontlik gaan verskil. Na jy beramings gedoen het moet prakties geskiet word en dan eers kan afleidings rondom akkuraatheid gemaak word. 'n Syfer van 98% is nog goed en S385 gee baie kere goeie resultate in die 243, veral met die swaarder projektiele.
Net soos oom Marius hier sê. QL dui die volgende aan as jy oor die "Amount of Proppelant Burnt" se waarde "hover":
Any value exceeding 95% can actually represent 100% combustion. Equally, powders shown as reaching 100% of combustion near the muzzle, might not actually fully burn inside the barrel.
So mens kan nie daai waarde as 100% akuraat beskou in enige gevalle nie, tensy dit onder 95% is, dan kan jy aanvaar dat jy nie volledige ontbranding gaan kry nie en moet jy waarskynlik na meer geskikte kruit opsies kyk.
Thanks Wouter, daar leer ek weer iets nuuts vandag! Ek het altyd geworry as ek n 98% of minder verbranding sien op QL. Nie meer nie